Iemand het een keer vir my gesê dat as ‘n Afrikaanse skrywer 500 boeke verkoop, hy deur die dak spring. Iemand anders het destyds my goedbedoeld voorberei dat ek ‘n onbekende skrywer is, dis hoe ek ook gevoel het, wie sal nou my ou boekies wil koop?
Wat ek nou hier skryf, skryf ek in nederige dankbaarheid, met nie ‘n tikkie selfvoldaanheid nie. Steve Hofmeyer het nou die dag op TV gesê dat hy steeds dankbaar is vir elke persoon wat sy optredes kyk of ‘n cd of dvd koop, hy aanvaar dit nie as vanselfsprekend nie. Hy sê as die gordyn lig, sien hy oupas en oumas en oom en tannies, regte mense en hulle maak hom bly. Dis in dieselfde gesindheid wat ek hier vertel, want ek is opreg dankbaar vir elke boek wat verkoop, elkeen wat kontak maak en terugvoer en selfs raad gee. Hierdie ding is nie myne alleen nie. Ek is omarm deur vriende en familie en bloggers en Banters wat vir my net goed is, en ‘n God wat my nog alpad lei en ondersteun.
Wel, boek 1 se verkope staan by 2300, waarvan 400 Engels is. Ek jubel en dans en juig elke keer as ‘n Engelse boek my huis verlaat, want ek weet glad nie hoe om dit te bemark nie. Daar is nog so 90 oor.
Boek 2 trek by 400 verkoop.
Nou ja, resepteboeke is anders en ons voorste resepteboekskrywers verkoop blykbaar 20 000, en ek is bly vir hulle. Ek is ook bly vir die TV-en radiodekking wat hulle kry, maar ek het mos gekies om self te publiseer, daarom is daar sekere geleenthede wat dalk nie oor my pad sal kom nie en ek is heeltemal gemaklik daarmee.
Nee, ek het nog nie geld gemaak hiermee nie, net ingeval iemand begin sommetjies maak. Dit kan nogals ‘n mooi bedraggie wees. Die rede? Ek moes alles self befonds. Die proeflesers, die stilis, fotograaf, vertaler, bladuitlêer, en self die drukkoste betaal, wat astronomies baie is. Maar geld maak was mos in elk geval nie die rede hoekom ek dit doen nie, ek doen dit vir my eie persoonlike groei en elke mens wat ek daardeur kan help, is soos manna uit die hemel, ‘n bonus.
Maar ek voel dankbaar. Trots. Vervuld. Bly om dit te kan kom vertel.
Of ek dit weer sal doen? Net die tyd sal my leer. God sal my wys wat my volgende tree moet wees. Tans bemark ek boeke vir ‘n vale en toets nuwe resepte uit vir ‘n moontlike boek drie, maar ek sal beslis nie in hierdie jaar nog ‘n boek uitgee nie.
Dankie vir elkeen van julle vir raad, bystand, aanmoediging, ondersteuning. Dankie dat julle my boekies gekoop het.
Toortsie
Toortsie by Finesse: Elke dogtertjie se droom.
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Dis darem goeie nuus dat dit so goed gaan met die verkope ook. Jy het beslis deursettingsvermoë wat skrik vir niks. Baie dankie vir die verslag, dit wys ook dat dit gedoen kan word en dit alles op jou eie koste.
LikeLiked by 1 person
Well done Toorts. Ek is ook n selfpunliseerder en sal ook daaroor skryf.
LikeLiked by 1 person
Jy moet daaroor skryf, ja. Jy is in elk geval diegroot dryfveer agter my publiseerdery en daarvoor sal ek jou ewig dankbaar wees.
LikeLiked by 1 person
Trots op jou en jy kan ook maar trots wees op jouself
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person
Natuurlik moet jy trots wees oor wat jy vermag het!!!
En hier dog ek jy gaan my vir ‘n Europese toer stiek omdat jy so baie geld maak 😦
LikeLiked by 1 person
Dankie. Ai ja, die boek sal ongelukkig nie daarvoor betaal nie. 😟
LikeLiked by 1 person
En jy wou al destyds die geld wat my boek nie maak nie, vir Hester aanstuur! 😱
LikeLiked by 1 person
😀😀😀😀😀😀😀 Ek droom groot!!!!
LikeLiked by 1 person
Maar ons moet dalk ‘n ander plan maak! 😝
LikeLiked by 1 person
Whahaha, Kameel, Toortsie vertrou my nog steeds nie!
LikeLike
Oeps. Uitgevang! 😟😱😂
LikeLiked by 1 person
PI Hester Marais 😎
LikeLiked by 1 person
😂💃👍🏻
LikeLiked by 1 person
Dis fantastiese nuus Toortsie en ons is almal trots op jou!
LikeLiked by 1 person
Dankie dankie. Sonder julle wat my ondersteun en aangemoedig het, sou ek dit nie kon doen nie.
LikeLiked by 1 person
Dis nou wonderlike nuus, al die boek-verkope. Trots op jou, Toortsie!
LikeLike
Dankie dankie 😁
LikeLiked by 1 person
Dit is nou baie goeie nuus.
LikeLiked by 1 person
😁
LikeLike