Boekeverslag

Iemand het een keer vir my gesê dat as ‘n Afrikaanse skrywer 500 boeke verkoop, hy deur die dak spring. Iemand anders het destyds my goedbedoeld voorberei dat ek ‘n onbekende skrywer is, dis hoe ek ook gevoel het, wie sal nou my ou boekies wil koop?

Wat ek nou hier skryf, skryf ek in nederige dankbaarheid, met nie ‘n tikkie selfvoldaanheid nie. Steve Hofmeyer het nou die dag op TV gesê dat hy steeds dankbaar is vir elke persoon wat sy optredes kyk of ‘n cd of dvd koop, hy aanvaar dit nie as vanselfsprekend nie. Hy sê as die gordyn lig, sien hy oupas en oumas en oom en tannies, regte mense en hulle maak hom bly. Dis in dieselfde gesindheid wat ek hier vertel, want ek is opreg dankbaar vir elke boek wat verkoop, elkeen wat kontak maak en terugvoer en selfs raad gee. Hierdie ding is nie myne alleen nie. Ek is omarm deur vriende en familie en bloggers en Banters wat vir my net goed is, en ‘n God wat my nog alpad lei en ondersteun.

Wel, boek 1 se verkope staan by 2300, waarvan 400 Engels is. Ek jubel en dans en juig elke keer as ‘n Engelse boek my huis verlaat, want ek weet glad nie hoe om dit te bemark nie. Daar is nog so 90 oor.

Boek 2 trek by 400 verkoop.

Nou ja, resepteboeke is anders en ons voorste resepteboekskrywers verkoop blykbaar 20 000, en ek is bly vir hulle. Ek is ook bly vir die TV-en radiodekking wat hulle kry, maar ek het mos gekies om self te publiseer, daarom is daar sekere geleenthede wat dalk nie oor my pad sal kom nie en ek is heeltemal gemaklik daarmee.

Nee, ek het nog nie geld gemaak hiermee nie, net ingeval iemand begin sommetjies maak. Dit kan nogals ‘n mooi bedraggie wees. Die rede? Ek moes alles self befonds. Die proeflesers, die stilis, fotograaf, vertaler, bladuitlêer, en self die drukkoste betaal, wat astronomies baie is. Maar geld maak was mos in elk geval nie die rede hoekom ek dit doen nie, ek doen dit vir my eie persoonlike groei en elke mens wat ek daardeur kan help, is soos manna uit die hemel, ‘n bonus.

Maar ek voel dankbaar. Trots. Vervuld. Bly om dit te kan kom vertel.

Of ek dit weer sal doen? Net die tyd sal my leer. God sal my wys wat my volgende tree moet wees. Tans bemark ek boeke vir ‘n vale en toets nuwe resepte uit vir ‘n moontlike boek drie, maar ek sal beslis nie in hierdie jaar nog ‘n boek uitgee nie.

Dankie vir elkeen van julle vir raad, bystand, aanmoediging, ondersteuning. Dankie dat julle my boekies gekoop het.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Elke dogtertjie se droom.

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

 

20 thoughts on “Boekeverslag

Gesels saam, asseblief!