Danie se Bantingstorie LCHF

Reblogged vanaf Coetzeeblog met Danie Coetzee se toestemming. Ek het dit ietwat verkort, die hele verhaal kan op sy blog gelees word. Kliek net op hierdie skakel.

Ly jy soms aan ‘n doodse moegheid? ‘n Hartklop wat weghardloop? Bloeddruk, beide tellings, onder ‘n honderd?

Hierdie is maar net die persoonlike ervaring, waaruit ander dalk iets kan leer en spaar, of ten minste die mediese fondse. Belangriker, die vermyding van onnodige stres, oor wat dalk ‘n ernstige siektetoestand kan wees.

Ongeveer 18 maande gelede het ek ‘n probleem begin ontwikkel, wat my en die dokters laat glo het dat ek ‘n hartprobleem het. Plaaslik, uit radeloosheid, twee kardioloë, twee algemene praktisyns, en een algemene praktisyn in Suid-Afrika besoek. Simptome, somtyds, daardie uiterste moegheid, na tien treë, moes ek rus en die weghol hartklop. Soms beter en soms, baie erg.

Natuurlik, die eerste wat die dokters voorstel, EKG. Bestudeer hulle, die rolletjie papier se grafiek, frons, krapkop? Jou hart is gesond en toon geen teken van ‘n probleem nie. Skryf ‘n ligte bloeddrukpilletjie voor en neem af en toe AAS, of te wel Acido Acetil Salicilico, asperine. So gemaak, geen verbetering nie.

‘n Jaar gelede. Kuier in SA, vir die familiefees. Die susters en niggies hang uit met al die lekker disse. Ryk en lekker. Baie erg, die moegheid. Oorweeg dit om vir die kinders verblyf te vra? Ek kan nie in hierdie toestand dit waag, alleen, op ‘n vliegtuig nie.

Skielik, op ‘n dag, gaan daar ‘n liggie aan. Het iets ryk geeet, het die hartklop en lae bloeddruk, baie erg. Kry iewers koeksoda, na 15 minute, byna normaal. Die oorsaak lê by die kos! Skryf op, wat was op die spyskaart die afgelope tyd. Baie soetgoed, baie meel.

Waarvoor is Google, daar? Net vir sulke gevalle. Gluten, per toeval, eerste op die lys. Simptome van gluten intoleransie. Lyk asof hulle daarvan wegskram om dit ‘n allergie en klaar te noem. Die tiende punt, presies wat ek beleef. Altyd, gedink, die gluten ding is sommer net ‘n ding. Skynbaar toe nie. Lyk ook of dit erger is in produkte, brood, wat uit die bakhuise kom, waar daar allerhande preserveermiddels gevoeg is, om die raklewe te verleng. Pure gif.

Die giftige meel en suiker gelos en ek is ‘n ander mens. Baie dankie!

Sal jy asseblief ook jou Bantingstorie vertel? Hoekom het jy begin met LCHF? Wat was die resultate? Skryf in Afrikaans of Engels en e-pos dit aan madeleburger@gmail.com. Maksimum 400 woorde. Ek wil dit graag hier op die blog plaas. Lees gerus ander se suksesstories HIER. 

Toortsie by Finesse: Stel jou voor!

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

TPM Transformasie Gebedsbediening Bredasdorp en Riversdal Facebook Page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

8 thoughts on “Danie se Bantingstorie LCHF

  1. Het hierdie nou vir ‘n vriendin van my gestuur wat kronies moeg is. Sy vra toe hoe op aarde gaan sy meel en suiker uitsny… waarop ek antwoord “Banting volgens Toorts.” Moet nou nie sê ek doen nie voorspraak vir jou nie 😊

    Liked by 1 person

    1. Diegedagte aan suiker wn meel uitsny, klink aanvanklk angswekkend, want ons is LIEF vir warm, varsbrood met dik botter op en aartappels waaroor die gesmelte botter loop en pasta en chips. Tog raak ’n mens dit gou gewoond en mis dit sommer gou-gou nie meer nie.

      Liked by 1 person

      1. O ja…. die brood, botter en aartappels pla Kameel nie (dit blaas my op) maar daardie koek!!!! Kannie ryk kos eet nie… van kleintyd siek geword van room ens. Eendag vir dokter gesê al wat ek nog kan eet wat my nie sleg laat voel nie is rys. Sal China toe moet immigreer 😀😀😀😀

        Like

        1. 😁 Ja, die koek! Toortsie bak maar Bantingkoeke. Is tans besig met ‘n sjokoladekoek wat ek op die internet geleen het.
          Poging 1 was oneetbaar.
          Poging 2, met veranderinge, beter, maar baie droog. Smaak ontbreek steeds.
          Poging 3 volg binnekort.
          By poging nr 8 sal daar geen ooreenkoms meer wees met die oorspronklike internetkoek nie.

          Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord