Dis ‘n vraag wat ek baie kry.
Hier is ‘n klein groepie winkels wat dit aanhou, meestal in die Wes-Kaap, en as jy belangstel in watter winkels dit aanhou, kan jy HIER kliek.
Die maklikste opsie, na my mening, is om by Bidorbuy te bestel. Dit is eintlik maar ‘n direkte bestelling by my, Bidorbuy is net ‘n manier waarop ek en die verbruiker bymekaar uitkom. Die lekker van Bidorbuy is dat daar ‘n verskeidenheid betaalopsies is:
Die ander manier is om ‘n direkte oorplasing na my rekening te maak. Kontak my en ek gee vir jou die bankbesonderhede.
Ek pos natuurlik graag vir jou die boek. Sou jy geregistreerde pos in SA verkies, is dit posgeld ingesluit in die prys van die boek.
Verkies jy Postnet, is dit R100 ekstra vir die versending. Jy kan ook PARGO kies, vir R60, maar dan moet jy dit deur Bidorbuy bestel.
Ek ondersoek tans PEP se versendingsopsie en sal hopelik in volgende week ‘n antwoord hieroor hê.
Wat die prys van die boeke aanbetref, is dit tans op ‘n spesiale aanbieding van R170 per boek (normale prys is R195) wanneer jy die boek by my of Bidorbuy bestel. Sou jy die combo verkies (boek 1 en 2), kos dit R330.
Groete
Toortsie
Toortsie by Finesse: Stel jou voor!
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Dankie vir jou uiteensetting. Lyk of jou besigheid heel goed ge-olie is om n sukses te maak.
LikeLiked by 2 people
Jang, ek probeer maar my bes. Soms is die planne ook maar min. Die fb page beteken vir my baie. Dit werk dalk op mense se senuwees, maar hulle kan dit mos ‘unlike’ as hulle wil.
LikeLike
Netso! Ek lees ook aanhoudend hoe jy moet bemark. Dit hou mens goed aan die gang.
LikeLiked by 1 person
Die ding is, dis nie soos pille wat opraak nie. As iemand ‘n boek het, het hy een en koop nie môre weer een nie. Mens noet altyd nuwe mense se aandag trek.
LikeLike
Dis presies so. En dan moet jy op einde nog n tweede uitgawe ook maak of n opgedateerde boek. Ai, mens kan dit ook nie maklik he met die dinge nie.
LikeLiked by 1 person
Dis’n lekker, interessante pad. 😁
LikeLike
Ja, ek is ook mal oor die uitdagings. Juis nou besig met n nuwe idee.
LikeLiked by 1 person
Ooooooooo ek moet nog vir Sus een bestel. Sy het mos darem nou klaar getrek
LikeLiked by 1 person
Sy moes toe st by Toweropstal was, sommer haar boekie saamgeneem het! 😂
LikeLiked by 1 person
Hehehehe … net so… sy het my egter skaars gegroet soos julle haar besig gehou het! 🙂
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLiked by 1 person