Banting (LCHF) en alkohol

Iemand vra vir my: ‘Wat maak ek met my glasie wyn?’, en ek antwoord, ‘jy drink dit.’ As nagedagte voeg ek by: ‘Net daardie een glasie, hoor, nie drie bottelsvol nie.’

Prof Noakes skryf in sy boek, The New Meal Revolution, dat hy die keuse of ons alkohol kan geniet, al dan nie, by elke persoon self los. Alkohol bevat beslis gifstowwe wat nie vir ons goed is nie, maar dit bly steeds ons eie keuse wat ons daarmee sal maak.

Soos baie ander mense, voel ek dat ons nie in ‘n strafkamp is nie en dat ons wel soms ‘n glasie wyn mag geniet. Droë wyn. Nie soetwyn waarvan die suikerinhoud hoog is nie. Beslis nie bier nie. Ook nie brandewyn en Coke nie, alhoewel ek daar oortree en dit met Coke Lite geniet, wat GIF is.

My dokter het my daarop gewys dat, sou ek aanhou om elke aand ‘n glasie rooiwyn te geniet, ek op ‘n stadium nie meer gewig sal verloor nie.

Deesdae hou ek die wyntjie vir spesiale geleenthede, soms drink ek iets saam met my man, maar nie elke aand nie. Slegs een glas, en dalk nie eers ‘n hele glas nie.

Die keuse bly steeds joune, maar as jy alkohol misbruik, moet jy regtig nie verwag dat LCHF vir jou gaan werk en jy gewig sal verloor of jou gesondheid nie daaronder sal ly nie. Dán moet jy ook nie loop en vertel dat Banting nie vir jou werk nie, want jy volg dit nie reg nie.

Wil jy gesond wees en gewig verloor? Wees dan maar suinig met die alkohol en hou dit vir spesiale geleenthede.

Maak goeie keuses! 🙂

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Stel jou voor!

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

Advertisements

3 thoughts on “Banting (LCHF) en alkohol

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s