Toortsie se voelgoedstorie 23 – Die groenteboer van Suurbraak

Soos dit verskyn het op Finesse se Voelgoedblogs ‘n jaar of meer gelede.

Die groenteboer van Suurbraak

Elke keer as ek deur Suurbraak ry, dink ek aan my skoonpa.

Hy was ‘n groenteboer en het, behalwe die groente wat hy verbou het, ook verskeie vrugtebome gehad. Selfs nadat hy afgetree het en in die dorpshuis op De Rust gaan bly het, het hy aangehou om groente te plant en het hy ‘n groot verskeidenheid vrugtebome gehad. Behalwe die pampoene en aartappels en uie en wat ook nog, kon ons perskes, avokado’s, nartjies, lemoene en vele ander vrugte direk van hul bome af pluk en eet. Hulle was so te sê selfversorgend en het die minimum goed in ‘n winkel gekoop. Die hele erf was uitgelê met sementslootjies wat sy waterbeurt vergemaklik het.

‘n Mooi groentetuin het nie sommer ongemerk by skoonpa verby gegaan nie en een spesifieke tuin in Suurbraak het gou sy aandag getrek. Kort voor lank het hy by die groenteboer gestop en heerlik groentetuin gesels. Hy kon by hierdie man patatranke koop en ek glo dat skoonpa hom weer met ander groentesaad sou help. Hulle het mekaar se taal verstaan en lank nadat my skoonouers op Bredasdorp afgetree het, het skoonpa, wanneer hulle aartappels nodig gehad het, dit by sy groenteboervriend op Suurbraak gaan koop.

Toe ons die dag ná skoonpa se begrafnis deur Suurbraak ry, staan die groenteboer toe sowaar in sy groentetuin en kon ons vir hom ‘n begrafnisbriefie in sy hand gee. “O, is hy dood?”

Die Suurbraak-ryloper wat ons nou die dag oplaai vertel vir dat daar ‘n hele klomp denominasies van kerke is, dis VGK, Ou Apostels, AGS, nog ‘n hele paar kerke waarvan ek nie die name ken nie. Daar is ook ‘n paar Moslems, dis regte Moslems, mevrou. En ja mevrou, daardie oom, die groenteboer, is al ‘n hele paar jaar oorlede. Sy kinders woon nou daar in sy huis.

In hierdie bloginskrywing bring ek eer aan my skoonpa wat ons so mildelik geseën het met die groente wat hyself geplant het, maar ook aan die groenteboer van Suurbraak wat vir hom oor grense heen ‘n vriend was.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Stel jou voor!

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

 

Advertisements

7 thoughts on “Toortsie se voelgoedstorie 23 – Die groenteboer van Suurbraak

  1. Neem my terug na die plaas se vrugteboord en groentetuin. As ek nou mooi dink is seker net meel, suiker, rys…. en lekker toffees in ‘n bruinsakkie op die dorp gekoop. 😊

    Liked by 2 people

    1. Dankie. Jong, ek en my skoonpa het in die laaste jare baie keer koppe geskuur toe sy senuwees nie meer so goed was nie, maar hy was regtig ‘n wonderlike man wat vir sy gesin die beste na sy vermoë gegee het.

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s