Toortsie in die Towerpaleis

So is al ons klomp Towerinne soos een man Oostenryk toe om vir Camilla in die Towerpaleis te gaan kuier. Wow!

Ek het natuurlik my manlief saamgeneem, so ‘n groot geleentheid waar ‘n nuwe koning en koningin bekroon gaan word, wil ek darem graag saam met hom beleef. Ek maak natuurlik ook baie op hom staat om my te help kophou, sien.

Anders as wat Kameel voorgestel het, het ek wel ‘n ou paar geskenkies saamgeneem. Eg Suid-Afrikaans, toegedraai in ons pragtige veelkleurige landsvlag.

Vir die koningin ‘n bietjie biltong en droëwors, ‘n botteltjie egte Klein Karoo witblits, Doornkraal soetwyn, blinksoet koeksisters, en vir die hoofkok, ‘n klompie kruietjies en geurmiddels. Dis altyd goed om in die kok se goeie boekies te wees, julle weet.

Alles het goed verloop, totdat ons in die stowerkamer gaan loer het en ons almal goud geskrik het toe ons die goue kopbeen ontdek het. Ons storm mos toe almal daar uit, gang af, sluip saggies na ons kamers om die goud van ons gesigte te probeer afkry, maar helaas.

Dis toé wat ek iemand verskriklik lekker hoor lag. Uit haar maag uit. Amper histeries soos sy lag.

En raai wie sien ek?

Die koningin met ‘n stuk droë wors in die een hand en ‘n glas soetwyn in die ander. Sy lag só, sy moet net keer dat sy nie van die soetwyn op die duur matte mors en stik aan die droë wors nie!

Toe vertel sy my ‘n geheimpie. Sy is absoluut mál oor Camilla. Toe sy Camilla die eerste keer sien, het sy net geweet dat hulle nog groot vriende gaan word. Camilla het ‘n vonkel in haar oë wat sy baie van hou en net daar het sy geweet sy gaan van haar vriende ook hou en dís hoekom sy ingestem het dat ons almal mag kom kuier.

Natuurlik moes sy haar streng hou sodat Camilla eers al die etiketreëls aanleer en leer om koninklik op te tree.

En die goue stowerkamer (getoorde stoorkamer) en ons wat nou almal verguld is? Sy sê ons moenie ons te veel bekommer daaroor nie. Nou ja, ons sal maar sien wat gebeur!

Môre-aand is die bal en en ons gaan ons optof, hoor! En binnekort gaan ons saam as daar takbokke gejag word. Opgewonde! Ek hou nie regtig daarvan om ‘n dooie bok te sien nie, maar dit sal vir my lekker wees om in ‘n regte Oostenrykse woud te kan kom.

O, en die kok sê hy hou van ryk en romerige kos en dat hy amper nie meer suiker en meel in sy fyngebak gebruik nie. Jongie, was ek nou trots om vir ou Toortsie daar in die kombuis tussen die kosboeke te sien! Die kok wil juis by my ‘n bietjie hoor van die aanwending van spesiale kruietjies.

Ons kuier tog te lekker in Towerpaleis!

Toortsie

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

Toortsie by Finesse: Stel jou voor!

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

63 thoughts on “Toortsie in die Towerpaleis

  1. Bly die koningin hou van ons getooi in goud sprinkles en al. Trompie en Genis speel heerlik met die kopbeen in die slaapkamer. Hul het selfs die paleispoedels ook genooi. Ek is oppad in my vuurpyl om gou vir Frannie op te laai. Sien julle in a flash!

    Like

  2. Ag Toorts hierdie het ek nou geniet. Dink net hoe verlig Camilla gaan wees as sy uitvind die konigin hou van haar. Ek het vir Hester gesê daar is nie ‘n manier waarop jy uit die kombuis gaan bly nie…. en dat jy kort voor lank almal op banting gaan hê. 😀😀😀

    Liked by 2 people

  3. Ek is nog glad nie gereed vir môreaand se bal nie. Wie gaan vir my die etiket-reëls leer, en wie gaan my met my hare help? En my bal-rok probeer toekry, want van al die lekker eet, en natuurlik die skelm kondensmelk blikkies in my tas, is ek nou ietwat ronder as gewoonlik…

    Liked by 2 people

    1. Ontspan Una tussen ons gaan ons jou beautiful maak vir die aand. Onthou jy skitter klaar die ene goud 😊 Laat die reëls aan die hogere gaste oor; ‘n glipsie hier en daar sal net ‘n paar wenkbroue lig, dis al.

      Liked by 2 people

        1. Frannie ek het net geweet Toorts sal nie uit die kombuis uitbly nie. Sy was heel opgewonde om vir die gaste klavier te speel en te sing…. nou word daar niks van gepraat nie. Kruietjies spel niks goeds nie. 😕

          Liked by 2 people

                    1. Ek glo jy gaan…. jy en die koningin is dan nou sulke goeie vriende. Wat jy darem nie met biltong kan regkry nie 😀😀😀😀

                      Liked by 1 person

        1. 😀😀😀😀😀 Hopenlik beland jy by Towerpaleis. Nog ‘n meer avontuurlustige rit as Scrapy se Musk vuurpyl. Onthou net om te bad voordat jy by die bal instap…. 😀😀😀😀

          Liked by 2 people

            1. Jong, ons het elkeen die pragtigste kamer met ‘n aantrekkamer en badkamer. Jy kan tot iemand kry om jou te bad en aan te trek ook. Sy sal jou hare vir jou doen ook 😊 Nou droim ek te lekker!!!

              Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!