Bregda se Bantingreis

My reis met LCHF het begin in Februarie 2016.

Oktober elke jaar doen ek die jaarlikse doktersondersoek as geskenk aan myself vir my verjaarsdag. Ek het my lewe lank lae bloeddruk gehad. Maar hierdie keer was anders.

Ek was reeds op medikasie vir hoë colestrol, spastiese derm, anti depressante, cortisoon inspuitings vir tendontenites in my regtervoet se hak en migraine. Nou hoë bloeddruk.

Ek het vir google gevra….what to do about high blood pressure. Ek het youtube verorber…..lesing na lesing. En elke keer duik LCHF op.

Ek was kant en klaar ge-dieet. Alles al probeer van Lae vet geen vet, kos afweeg, dag vir dag porsies, droeë provitas, skommels, pille, stropies, inspuitings ens.

Toe begin ek met klein veranderings. Bestudeer die lyste. Sny suiker en gluten uit. Raak ontslae van alle verbode items in my huis. Dit het so drie maande gevat om die nuwe leefstyl onder die knie te kry.

Ek is ñ 100% Banter. Dit maak my sosiaal baie onaanvaarbaar. Uiteet is ook vir my moeilik. My gestel is baie sensitief. Ek voel baie sleg as ek selfs klein hoeveelhede verbode bestandele inneem. Dit maak my hondsiek.

Vandag neem ek geen medikasie nie. Al my kwale is volkome genees. Ek doen selfs vier keer per week ons stofpadstap (5km)

Ek het geleer dat gluten-intolleransie kos-allergie veroorsaak. Ek was allergies vir vis. Dit het begin met skulpvis en uiteindelik kon ek geen vis meer eet nie. Na twee jaar van LCHF eet ek weer vis met géén newe effek nie…..só dankbaar.

My lewe het handomkeer verander. Ek is n “Banter for life” Sal nooit weer anders eet nie.

Ps: Ek doen nie die weeg ding nie….glad nie. Ek is groot van postuur, dra nr 9 skoen, sal nooit klein fyn en petite wees nie. Ek het van ñ nr 22 broek na ñ 14 verander, voorheen het ek gemaakte klere gedra.

Bregda Mostert

Koringberg

Vertel ons asseblief jou Bantingverhaal in 400 woorde. Hoekom het jy begin. Wat was die uitdagings? Wat het jy gewen?

E-pos dit aan madeleburger@gmail.com sodat ek dit hier op my blog kan plaas.

17 thoughts on “Bregda se Bantingreis

        1. Ek het gaan kyk. Hy het nogals ‘n blog. Ek dink hy soek volgelinge en likes. Jy kan hom blok. As jy jou kommentare oopmaak, sal jy sy e-posadres sien. Dan kan jy by settings sy e-posadres gaan insit by hulle wat jy wil blok.

          Like

Gesels saam, asseblief!