Lê Jou Eier Musical Chairs: Uitdaging
……………………………………………..
Hier het ons nou sowaar ‘n koningin in die midde! Onse koningin Camilla bevind haar in haar towerpaleis, in die pragtige Oostenryk, anders as haar naamgenoot wat in Brittanje bly.
Die liewe Camilla met haar hart van goud het, soos ek in die vorige bloginskrywing gesê het, ons almal genooi om by haar in die paleis te kom bly. Daar is regtig plek vir ons almal, selfs al was jy nie by die Toweropstal betrokke nie.
Ons kan elkeen self besluit hoe ons ons gaan besig hou, maar ons hoef ons regtig nie dood te werk nie, daar is heeltemal genoeg bekwame personeel om die werk te doen.
Terwyl Hester die aflosstokkie in my hand gesit het om die nuwe uitdaging daar te stel, is dit as volg:
Skryf van jou tyd in die towerpaleis daar in Oostenryk. Watter tyd van die jaar is dit? Wat doen jy alles? Waarvoor is jy verantwoordelik? Skryf dit op jou eie blog, jy mag skryf net soveel keer jy wil. Onthou net om elke keer na hierdie bloginskrywing te verwys en dit te tag en ook om die paddatjie onderaan te sit. Jy mag selfs, as jy nie ‘n blog het nie, jou verhaal op jou Facebook skryf, maar steeds met dieselfde reël: Tag hierdie bloginskrywing. Jy het kans tot volgende Donderdag, wanneer die uitdaging sluit en die volgende persoon aangekondig word om die uitdaging te stel.
Komaan, trek los die brieke, trek aan die tabberts, dis nie aldag dat ons die voorreg het om in ‘n paleis te bly nie. Julle moet julle gedra, hoor! Ons kan nie vir Camilla in die skande steek nie!
Groetnis
Toortsie
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Radio Tygerberg resensie
Okei, lekker afskop. Nou kan ons weer lekker speel.
LikeLiked by 1 person
Wil jy nie asb gou by Inlinx kyk nie,ek wou die eerste Koningin Camilla storie ook daar plak, maar ek kon dit nie regkry nie. Is ek nou weer dom vandag?
LikeLiked by 1 person
Nee skat, jy het vergeet dat jy nog nie toegang het nie. Bloggers kan eers van môre-middag 12-uur af hulle skakels opsit. Ek het gou vir jou hierdie een gedoen.
LikeLike
Ag, dis MOEILIK! 🙂
LikeLiked by 1 person
Jy het ook ‘n geheueflessie nodig.
LikeLiked by 1 person
Al laaankal! En een sal te min wees.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan lekker saamlees!
LikeLike
Jy’s welkom. 🙂
LikeLiked by 1 person
Agge nee perdebytjie skryf… jy kannie nie deel uitmaak van ons Towerinne nie.
LikeLiked by 2 people
Ek sal so af en toe inval, Kameel. Ek gaan beslis lees wat julle skryf.
LikeLiked by 2 people
Help gou asb… So ek skryf op my eie blog wat ek in die Towerpaleis in Oostenryk doen? Al wat ek weet, is dat Camilla die koningin is. So as ek te gou deelneem, kan ek nie oor die ander bloggers praat nie, want hulle is nog nie daar nie? Scrapy is oppad, maar verder is dit ñ ‘clean slate?’ Of hoe werk dit? Moet ek my eie ander karakters skep met wie ek daar te doen kry?
LikeLiked by 1 person
Toorts sal seker beter kan verduidelik….. maar soos ek verstaan kan jy skryf net wat jy wil en hoef dit nie by die ander bloggers se storie in te pas nie. Jou ondervinding in die paleis 😊
LikeLiked by 2 people
Dankie Kameel. Dit gaan vir my moeilik wees om nie goed saam met julle aan te vang nie, maar ek sal probeer.☺
LikeLiked by 2 people
Maar jy kan die hele spul insleep en ‘n gebeurtenis saam met hulle oor skryf. Hopenlik ontplof niks hierdie keer nie.
LikeLiked by 2 people
Jy vang saam met ons aan. Jy sluit ons in inalles wat jy aanvang. Ons wil tog asseblief nie uitgesluit wees nie.
LikeLiked by 1 person
Jy kuier wanneer jy wil, saam met wie jy wil. Natuurlik kan jy die ander bloggers insleep, maar dis nie ‘n vervolgverhaal nie. Elkeen maak wat hy wil, wanneer hy wil, en terloops, Scrapy het reeds opgedaag. 🙂
LikeLiked by 1 person
Una, jy moet sommer net hier in die kommentare lees, dit gaan nie ‘n eenmanstorie wees nie.
LikeLiked by 1 person
Ons hewt reeds twee vrywilligers wat as die volgende gasbloggers gaan optree – Lekkervurig en Una. Ek gaan vir julle datums deurgee en verduidelik wat om te doen.
LikeLiked by 2 people
Oostenryk?
The hills are alive with the sound of music
…
I go to the hills when my heart is lonely
I know I will hear what I’ve heard before
My heart will be blessed with the sound of music
And I´ll sing once more
LikeLike
Net so Baron von Trapp
LikeLiked by 1 person
Una, Una, Una … sy wil tog te graag Maria wees. 😁
LikeLiked by 1 person
What do you do with a problem like Una
LikeLiked by 2 people
She climbs a tree and scratch her knee
Her dress has got a tear
She waltzes on her way to mass
Ans whistles on the stears
And underneath her window
She has curlers in her hear
I’ve eben heard her singing in the abbey
I want to say a word on her behalf
Mar-Una makes me laugh! ❤️💃
LikeLiked by 2 people
Al dus koningin Camilla maak koning Marco my ‘n Lord
LikeLiked by 1 person
Una, en jy is bekommerd? Hoor hie hardloop die verbeelding al weer rond!
LikeLiked by 1 person