Kameel – Camilla en die Towerpaleis

Skryf-Safari: Uitdaging

Ek hoor gerugte dat ek Camilla van koninglike afkoms is en ‘n paleis geërf het. Moenie alles glo wat julle ore hoor nie; my storie is baie meer romanties as dit. Marco, is toe altyd ‘n prins wat opsoek was na ware liefde. Hy was moeg vir vroue wat hom vir status en geld gejag het, en het besluit om uit die oog in ‘n vêr land as polisiebeampte te gaan werk. Sou hy verlief raak op ‘n meisie, en sy is bereid om alles vir ‘n polisieoffisiertjie op te offer sou hy weet dit is ware liefde. Die storie rondom my en Marco ken julle. Nou bly ek in ‘n sprokiesmooi paleis saam met Marco… wat intussen koning geword het. My aankoms by die kasteel het opslae gemaak… genoeg om ‘n boek te vul… maar daaroor wil ek nie nou praat nie. Ek moes op Marco se ma se aandrang “afgerond” word. Daar is mos altyd ‘n heks in elke verhaal. My rooi stilettos wat ek op aandrang van Marco ‘n klomp pare van gekoop het, het ook in die paleis se asblik beland. Miskien dans die “chambermaids” nou vir hulle geliefdes daarmee. (fluister) Daar is nog een paar weggesteek. Kersligaande wanneer ons twee alleen is word die stilettos uitgehaal, dan dans ek net vir Marco soos daardie aand by Toweropstal toe ek sy hart verower het.

Screenshot_2018-04-17-13-44-47-1Towerpaleis is in rep en roer. Die Butler het sy hande vol met die besoekers wat een na die ander opdaag. Op sy statige manier kondig hy naam na naam aan; “Mev. HesterLey Marais.” Hester stap die goudgegulde vertrek binne, maak ‘n buiging voor die koningsmoeder waar sy op haar rooi fluweelstoel sit en haar deur  skrefiesoë bekyk. Sy knik haar gryskop liggies, en wys Hester met ‘n ligte handbeweging weg om deur ‘n lakei na haar slaapkwartiere toe geneem te word.

Vanwaar Camilla by haar kamervenster staan sien sy die Towerinne aankom, en elke keer spring haar hart van blydskap as sy ‘n gesig herken. “Ag Marco, kon ek hulle nie maar ontvang het nie…. kyk, kyk daar is Scrapy. Kyk hoe deftig lyk sy met haar swart hoedjie op.” Marco kom staan agter haar, slaan sy arms om haar en begin lag toe hy Trompie in sy vlugpak en helmet sien. “Ek dink nie die paleis se honde gaan ooit weer dieselfde wees na hierdie kuier nie.” Hy draai Camilla na hom toe. “Ek verstaan jy wil graag jou vriende sien, maar as jy wag tot vanaand se bal gaan die verrassing soveel groter wees. En gun maar my ma haar plesiertjie om jou vriende deur te kyk…. môre vertrek sy op haar wêreldtoer, en dan my liewe Camilla behoort die paleis aan jou. Sy oë vonkel ondeund; hopenlik staan die paleis nog, en al die skatte is nie weggedra by dan nie.” “En jy gaan Abrie ‘n ridder maak Marco?” vra Camilla met verwondering in haar oë. “Definitief… die man het dan my lewe gered daar agter die hopsbalie.” Met die woorde begin albei lag, en hulle onthou.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

43 thoughts on “Kameel – Camilla en die Towerpaleis

    1. Is dit nie wonderlik nir Una? Camilla knyp haarself nog kort-kort om seker te maak sy droom nie, en gaan êrens in vangwa oppad Pollsmoor toe wakker word.

      Liked by 1 person

        1. Of rooi stilettos 😀😀😀😀😀 Ek dink jou sienswyse pas meer by die werklike lewe in. Dit verg opoffering van beide kante om ‘n verhouding te bou. As jy kameraadskap gevind het, het jy ‘n skat van groot waarde gevind.

          Liked by 1 person

    1. Hester is baie welkom…. sy kom dan al die pad van Colombia af. Die paleis het sy “secret agents” wat alles fyn dophou…. vir die skatte… nie Marco nie. 😊

      Liked by 1 person

        1. Jy laat my lag 😀😀😀😀 Marco is meer as ‘n skat maar hy is veilig in my hart en ek in syne. Wel ja, wat Pablo aan betref is ‘n ander storie… Marco het nog nie daardie dag op Pollmanskop vergeet nie. Hy het ‘n “scar” op sy arm om hom te herhinder aan die masjiengeweer in Pablo se hande. Dink jy Abrie gaan trots wees dat hy nou ‘n ridder is 😄

          Liked by 1 person

              1. Hulle het ridders maar ek weet nie wat noem hulle, hul nie. In Engeland is hulle Sir. Ek hou meer van jou Baron von Trapp. So dit is dan Abrie se nuwe titel.

                Like

      1. Ek sidder alreeds met my ontmoeting met die koningin. Nou het jy my op my senuwees omdat sy stywenek is. As jy haar nog nie eers kon sag maak nie, watter kans het ek? En ek is bevrees dat ek gaan val of iets net mooi as ek haar moet ontmoet. Dink jy ‘n ou stukkie biltong uit SA sal haar hart bly maak?

        Liked by 1 person

        1. 😀😀😀😀 Toorts haal diep asem…. stap mooi regop tot voor haar en maak jou buiging. Biltong in die hand gaan nie werk nie…. sy laat haar nie omkoop nie. Sou jy op die grond neerslaan, staan maar net op en gee haar een van jou mooi glimlagte 😄 Sterke…. en asseblief bly uit die kombuis uit. Daar is meer as genoeg staf wat daar bak en brou. O ja, ek sien jou banting kookboeke is ook daar.

          Liked by 1 person

                1. Ek het jou daar op die verhoog in die kerk gesien!!! Daar is nie ‘n verhoog nie, net ‘n musiekkamer waar almal mooi netjies op stoele sit. Jy stap vorentoe, neem jou plek voor die klavier in en sing jou hart uit. Jy gaan dit geniet.

                  Like

    1. Ek hoop Trompie is volbloed…. jy moet weet hierdie paleishonde het pedigrees so lank soos die koningsgesin self. Genis!!!! Sjoe, nee dit het ek nie geweet nie. My aandag was ook so op Hester toe sy aangekom het dat ek nie veel meer gesien het nie. (Fluister) Ek was net bang sy bring daardie Pabloman saam, en hy kom Cookie haar daar voor die koningsmoeder.

      Like

    1. Ek sal dit twaalfuur opsit Lekkervurig. Het te vroeg geskryf 😕 Eintlik geskryf en nie geweet hoe om dit later eers te publiseer nie. Ek hoop jy gaan skryf. So lekker om almal se blogs te lees. Ook bly om te hoor jou man is weer agter die stuur. Gedog dis eers Meimaand wat die stut afkom.

      Like

Gesels saam, asseblief!