Koningin Camilla in die Towerpaleis

Wie sou dít nou kon dink? Onse eie Camilla is eintlik ‘n ware koningin! En dít in ‘n towerpaleis! In my wildste drome sou ek nou eintlik nooit dit verwag het nie.

Maar dis waar! Regtig egtig waar. Iemand het dit nou die dag vir my vertel, en dan is sy so nederig, sy wil eintlik nie as koningin aangespreek word nie. Ek het nou dit titel vergeet wat sy verkies om genoem te word. Ek moet erken dat dit nogals ‘n rukkie geneem het voor die liggies in my oë aangegaan het en ek die volle waarheid daarvan besef het.

Tipies Camilla, hou sy mos van die hele kaboedel om haar en het die hele towerspan met towerinne en al, genooi om saam met haar in die towerpaleis te kom woon. Sy ís darem net baie spesiaal en lojaal, dink julle nie ook so nie?

Ek het natuurlik vir elkeen van julle nodig om te besluit watter werkie ons elkeen het, nie dat ons ons gaan doodwerk nie, die paleis hét mos eintlik sy bekwame personeel wat vir alles sorg!

Hierdie gaan natuurlik nie ‘n vervolgverhaal word nie, sommer net ‘n eenmalige spelery, tensy Hester skielik nuwe planne maak.

Sjoe! Dink net! Ons hele towerspan in ‘n regte, egte towerpaleis! Joe!

Groetnis

Toortsie

(Hoe het Camilla koningin geword? Want iemand het vir my vertel van Prins Charles se Camilla en ek kon om de dood nie dink van wie hulle praat nie! Al Camilla waarvan ek weet, is onse oulike Camilla!) Hellooooo Toortsie!

Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174

 

67 thoughts on “Koningin Camilla in die Towerpaleis

            1. Eintlik dink ek , ek moet op my eie skrywes en bloglees begin fokus. Was die naweek weg gewees en ek kom nie by skryf uit nie en dan is daar die dinge in my drafts wat ek met entoesiasme aangepak het wat na ruk sommer simpel vir my begin klink… (tydmors)

              Liked by 2 people

                  1. Oooo Hester ek sien dis jy wat dink jy bly al naby George 😂😂😂 Toweropstal het vir my nou groot sentimentele waarde….wil eendag die ou murasie gaan besoek.

                    Liked by 1 person

  1. Ek wil ook daar wees. Ek sal al Toorts se lekker kos eers proe om seker te maak daar is nie gif in nie. Met ‘n koningin kan mens nooit te versigtig wees nie. As julle nog werk vir my het, is dit reg so, solank ek myself net nie doodwerk nie.

    Like

    1. Nee, nee, jy sal meer moet doen as dít! Dalk kyk dat al die kunswerke op datum is. Kunsuitstallings reël. Kuns aankoop. Kyk dat ons almal lekker warm skaapvelpantoffels het. Oostenryk raak koud in die winter.

      Liked by 1 person

      1. Alles reg. Ek sal sorg vir daardie kuns in d Paleis. Ek woon nie verniet in Paleishuis nie. Miskien kan Camille sommer hier kom intrek. Dan hoef ek nie al die prentjies daarheen te neem nie. En war voete is n moet. Niemand moet koue voete kry nie. Ek sal skaapvelpantoffels verskaf teen Paleishuispryse.

        Like

    2. Ek dink nie ek gaan kos maak nie. Daar is mos uitstekende kokke en ander personeel in die kombuis. Ek sal dalk betrokke wil wees by die reël van al die hoë partytjies wat gaan gebeur. Nie dit reël nie, jy weet, net helpende hand wees.

      Liked by 3 people

      1. Wel siende dat fie hofnar die mense moet Vermaak, sal ek seker maar sing. Ek love karaoke, maar kan om die dood nie sing nie. Sal ook so paar danspassies uithaal. Ek kon ook nog nooit ‘n wawiel maak nie, so sal dit ook prober. Verder sal ek grappies vertel, ek is notoriously sleg om enige grap te onthou, so hulle gaan almal flou wees

        Liked by 2 people

  2. Gaan ons skryf oor een dag in die lewe van die koningin? ‘n Spesiale geleentheid soos ‘n maskerbal vir haar 18 verjaardag of so iets? Kan dit in ‘n vorige eeu afspeel? – moderne koninginne is vervelig.

    Like

      1. Ek wil nie op die oomblik weer ‘n vervolgverhaal of ‘n uitdaging doen nie. My seun kom Saterdag om ons gewone kwartaallikse familietyd te spandeer en ek sal nie die nodige aandag hier kan gee nie. Ek gaan jou kontak op WA dan gesels ons gou as dit ok is met jou?

        Like

  3. My tas staan reg, kan ek solank kaartjies bespreek? O krises, ons het visums ook nodig. Julle sal vinnig moet laat weet waarheen, Europa se somer lê voor en die Chinese toeriste gaan in hul menigte oor.

    Like

Gesels saam, asseblief!