Wie sou dít nou kon dink? Onse eie Camilla is eintlik ‘n ware koningin! En dít in ‘n towerpaleis! In my wildste drome sou ek nou eintlik nooit dit verwag het nie.
Maar dis waar! Regtig egtig waar. Iemand het dit nou die dag vir my vertel, en dan is sy so nederig, sy wil eintlik nie as koningin aangespreek word nie. Ek het nou dit titel vergeet wat sy verkies om genoem te word. Ek moet erken dat dit nogals ‘n rukkie geneem het voor die liggies in my oë aangegaan het en ek die volle waarheid daarvan besef het.
Tipies Camilla, hou sy mos van die hele kaboedel om haar en het die hele towerspan met towerinne en al, genooi om saam met haar in die towerpaleis te kom woon. Sy ís darem net baie spesiaal en lojaal, dink julle nie ook so nie?
Ek het natuurlik vir elkeen van julle nodig om te besluit watter werkie ons elkeen het, nie dat ons ons gaan doodwerk nie, die paleis hét mos eintlik sy bekwame personeel wat vir alles sorg!
Hierdie gaan natuurlik nie ‘n vervolgverhaal word nie, sommer net ‘n eenmalige spelery, tensy Hester skielik nuwe planne maak.
Sjoe! Dink net! Ons hele towerspan in ‘n regte, egte towerpaleis! Joe!
Groetnis
Toortsie
(Hoe het Camilla koningin geword? Want iemand het vir my vertel van Prins Charles se Camilla en ek kon om de dood nie dink van wie hulle praat nie! Al Camilla waarvan ek weet, is onse oulike Camilla!) Hellooooo Toortsie!
Om die inskrywings van verskillende bloggers in die Lê-Jou-Eier uitdaging te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die InLinkz skakel net onder die paddatjie:
http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=776174
Baie spesiaal, klink te heerlik. Jul sal die datum moet laat weet wannneer ons daar moet wees asb.
LikeLiked by 1 person
Intussen dink ek jy moet maar pak en kyk dat jy daar kom. Wat gaan jou rol wees?
LikeLike
Mmm, sal vannag daaroor slaap. My brein is bietjie koud en ek sal eers moet hoor van vervoer en wat ek gaan saamvat. Ek dink ek moet Trompie die keer n kans gee om saam te vlieg.
LikeLiked by 1 person
Ek is seker daar sal plek wees vir Trompie om hom uit te leef.
LikeLike
Ek het geen planne op die oomblik nie, so laat weet maar watter paleis en wanneer. Ek hou mos nie van die woord “werk” nie – wat het jy in gedagte? Ek pas net nie honde en perde op nie.
LikeLiked by 1 person
Funksies reël of so iets. Dalk ‘n jag of twee. Iewets in Duitsland?
LikeLiked by 1 person
Jag??? My man het gisteraand ‘n gekko vermoor en ons gaan vir die volgende twee weke nie met mekaar praat nie. Siende dat ons ons so oor kos praat – ek sal die spyskaart doen vir ‘n formele onthaal.
LikeLiked by 2 people
Jy hoef dan nie saam te gaan op die jagtog nie. Die spyskaart neplan? Wonderlik! So, sal jy vir ons vertel wat jy alles beplan om op die spyskaart te sit?
LikeLiked by 1 person
Ja. Julle moet weet wat ek nodig het sodat julle die regte goed kan jag.
LikeLiked by 2 people
Definitief kruie…. dit weet ek darem. Sien uit om die res te lees 😊
LikeLiked by 2 people
Jy kan ‘n voorstel maak, waar dink jy? Oeee ‘n Oostenrykse paleis!
LikeLiked by 1 person
In die somer natuurlik.
LikeLiked by 1 person
Wat gaan onsin die wintertyd doen?
LikeLiked by 1 person
Julle kan ski of skaats. Ek sal met vakansie gaan.
LikeLiked by 1 person
Tuin Hester jy moet die koninklike tuin bemes
LikeLiked by 1 person
Bemes. Hoekom hou ek nou nie van hierdie woordkeuse nie? Dit klink so asof jy vir my sê om te … nee, darem seker nie! Gaan jy die jagmeester wees? 😄
LikeLiked by 1 person
Hier lag ek nou kliphard. Hester en Abrie…. ai 😀😀😀
LikeLiked by 2 people
Abrie, en watse hogere taak sal jy uitvoer? Hoe dink jy?
LikeLike
My kop is nog by die voortvlugtiges. Daar is kroonjuwele met die Cullinan diamant wat huistoe gebring kan word…
LikeLiked by 1 person
Nog ‘n misdaad? Jy rafel nou regtig uit.
LikeLiked by 1 person
Eintlik dink ek , ek moet op my eie skrywes en bloglees begin fokus. Was die naweek weg gewees en ek kom nie by skryf uit nie en dan is daar die dinge in my drafts wat ek met entoesiasme aangepak het wat na ruk sommer simpel vir my begin klink… (tydmors)
LikeLiked by 2 people
Ons sal jou darem vreeslik mis.
LikeLike
Ek raak ook na ‘n ruk so ‘n bietjie “agterstallig” en soms begin ek die drafts uitgooi. Ons speel so geesdriftig by Toweropstal dat ek skoon vergeet ek woon nie regtig daar naby George nie.
LikeLiked by 2 people
En my oë raak dof as mense van Camilla (Prins Charles se Camilla) praat rn die storie glad nie sin maak ten opsigte van óns Camilla nie! 😂😱
LikeLiked by 1 person
Hester lees asb jou whattsapps
LikeLiked by 1 person
Selfonn ingeplug. Nou gaat ek ek eers gou strandlangs gesondheidsoefeninge doen.
LikeLiked by 1 person
Ag Toorts dis kostelik. Ek dink Toweropstal voel meer rêgtig as ons eie huise. Ek wou altyd naby George gaan aftree het.
LikeLiked by 2 people
Oooo Hester ek sien dis jy wat dink jy bly al naby George 😂😂😂 Toweropstal het vir my nou groot sentimentele waarde….wil eendag die ou murasie gaan besoek.
LikeLiked by 1 person
Aitsa! 😁🥂
LikeLike
Ek wil ook daar wees. Ek sal al Toorts se lekker kos eers proe om seker te maak daar is nie gif in nie. Met ‘n koningin kan mens nooit te versigtig wees nie. As julle nog werk vir my het, is dit reg so, solank ek myself net nie doodwerk nie.
LikeLike
Nee, nee, jy sal meer moet doen as dít! Dalk kyk dat al die kunswerke op datum is. Kunsuitstallings reël. Kuns aankoop. Kyk dat ons almal lekker warm skaapvelpantoffels het. Oostenryk raak koud in die winter.
LikeLiked by 1 person
Alles reg. Ek sal sorg vir daardie kuns in d Paleis. Ek woon nie verniet in Paleishuis nie. Miskien kan Camille sommer hier kom intrek. Dan hoef ek nie al die prentjies daarheen te neem nie. En war voete is n moet. Niemand moet koue voete kry nie. Ek sal skaapvelpantoffels verskaf teen Paleishuispryse.
LikeLike
Dink solank jou storie uit. Die opdrag verskyn binnekort.
LikeLiked by 1 person
Ek dink! Aar d ander se verbeelding is tops!
LikeLiked by 1 person
Seegogga van Paleishuis! So reg soos kan kom.
LikeLiked by 1 person
Ek dink nie ek gaan kos maak nie. Daar is mos uitstekende kokke en ander personeel in die kombuis. Ek sal dalk betrokke wil wees by die reël van al die hoë partytjies wat gaan gebeur. Nie dit reël nie, jy weet, net helpende hand wees.
LikeLiked by 3 people
Skryf Toorts…. ek wil sien wat vang jy aan.
LikeLiked by 1 person
Mag ek asseblief die hofnar wees?
LikeLiked by 1 person
Asseblief! Vertel bietjie wat jy alles beplan?
LikeLike
Wel siende dat fie hofnar die mense moet Vermaak, sal ek seker maar sing. Ek love karaoke, maar kan om die dood nie sing nie. Sal ook so paar danspassies uithaal. Ek kon ook nog nooit ‘n wawiel maak nie, so sal dit ook prober. Verder sal ek grappies vertel, ek is notoriously sleg om enige grap te onthou, so hulle gaan almal flou wees
LikeLiked by 2 people
Klink of ons lekker gaan lag…. so skryf die aand se gebeure laat ons hoor. 😀
LikeLiked by 2 people
Dink solank jou storie uit, die opdrag kom binnekort.
LikeLiked by 1 person
Klink of Towerpaleis nét die plek is waar jy die kans gan kry omal daardie dinge goed te kan doen.
LikeLiked by 1 person
Dink solank jou storie uit, die opdrag kom binnekort. 🙂
LikeLiked by 1 person
Nou het jy my omtrent laat smile 😀😀😀😀 Wag in spanning vir jou storie.
LikeLike
Ai jai jai…. nou sit Camilla sowaar ewe nederig in ‘n paleis. Hopenlik het sy haar dansery vir nou gestop 😄
LikeLiked by 1 person
Ek is seker sy sal vir ‘n verrassing of twee sorg. Ons wag in spanning.
LikeLike
Gaan ons skryf oor een dag in die lewe van die koningin? ‘n Spesiale geleentheid soos ‘n maskerbal vir haar 18 verjaardag of so iets? Kan dit in ‘n vorige eeu afspeel? – moderne koninginne is vervelig.
LikeLike
Wil jy dit ‘n uitdaging vir die week maak, vervolgverhaal, of kan elkeen sommer skryf? Hoe dink jy?
LikeLiked by 1 person
Ek wil nie op die oomblik weer ‘n vervolgverhaal of ‘n uitdaging doen nie. My seun kom Saterdag om ons gewone kwartaallikse familietyd te spandeer en ek sal nie die nodige aandag hier kan gee nie. Ek gaan jou kontak op WA dan gesels ons gou as dit ok is met jou?
LikeLike
Perfek!
LikeLiked by 1 person
My tas staan reg, kan ek solank kaartjies bespreek? O krises, ons het visums ook nodig. Julle sal vinnig moet laat weet waarheen, Europa se somer lê voor en die Chinese toeriste gaan in hul menigte oor.
LikeLike
Oostenryk, sussie, Oostenryk hier kom ons!
LikeLiked by 1 person
Dink solank jou storie uit, die opdrag kom binnekort. 🙂
LikeLiked by 1 person
Mag ek asseblief ñ non wees. ñ Blonde een. En mag ek op die heuwels gaan sing terwyl julle tee drink, want ek hou nie van tee nie.
LikeLiked by 2 people
Jy mag wees wie jy wil en maak net wat jy wil. Dink solank. Kry jou storie agtermekaar. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek wonder of Camilla vir haar ‘n whipping boy gaan aanstel. Wie wil daarvoor volunteer?
LikeLiked by 1 person
Yes, ek is ook daar! Sal my royal attitude net moet opskerp.
LikeLiked by 1 person
Ag, ek is seker Camilla sal so bly wees dat ons daar is, sy salnie omgee as ons iewers ‘n ou glipsie maak nie.
LikeLiked by 1 person
Haai, hoe nou gemaak? Ek het gevra waarheen ek moet gaan en nou lees ek daar is nog nie gese nie! Nou vlieg ek en Trompie maar n paar keer om die aarde sodat jul kan besluit op die landingsplek! Ek het toe n stuk geskryf en ook gese wat ek gaan doen. Jul moet opskud jong, my brandstof raak min. https://scrapydo2.wordpress.com/2018/04/18/afrikaanse-tokkels-towerpaleis-besoek/
LikeLike
Towerpaleis in Oostenryk!
LikeLike
Die opdrag kom! Land solank en kyk die wêreld deur.
LikeLike
Deesdae is daar in SA ook kastele…miskien moet ons vir Camilla plaaslik hou, dan het ons nie visums en reisgeld nodig nie.
LikeLiked by 1 person
Maar Europa is so opwindend en mooi en toweragtig! 😁
LikeLiked by 1 person