Ek is ‘n kliënt van die persoon. Daar is ‘n baie spesifieke werkie wat ek op gereelde basis by hom laat doen. Ons het regtig ‘n goeie verhouding en ek bewonder hom vir die onderneming wat hy opgebou het. Hy gee regtige goeie diens en kwaliteit werk.
Totdat hy een dag geld by my wil leen.
Dadelik voel ek gespanne. Ongemaklik
Ek sê vir hom dat ek Rx vir hom sal gee, hy hoef dit nie terug te betaal nie, want so ‘n terugbetalery van skuld het sy eie reperkussies. En, ek gee net een keer, nie weer nie, hy moenie weer vir my vra nie.
‘Dankie mevrou, maar vir die volgende twee keer sal ek hierdie diens dan gratis vir u doen. ‘
In my hart dink ek, dis nie nodig nie, jy het dan die geld so nodig. Tog is dit of daar ‘n effense verwydering van my kant af is. Die verhouding het ‘n krakie gekry.
Toe ek weer sy dienste gebruik, vra ek, soos altyd, wat dit kos, ek wou hom net toets. Die ou prys, soos gewoonlik. Ek vra vir hom, wat dan van die belofte van ‘n gratis diens? Nee mevrou, volgende keer.
Snaaks, toe voel ek teleurgesteld. Nie omdat ek dit nie afgekry het nie, ek sou hom in elk geval betaal het, maar jou woord is jou woord. ‘n Belofte is ‘n belofte en, as jy nie ‘n belofte kan nakom nie, moet dit eerder nie maak nie.
‘Baie dankie, mevrou’, sou genoeg wees. Hoekom beloftes maak wat jy nie kan nakom nie?
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Ongelukkig, baie keer, dan voel jy soos ‘n hond, om die geld wat hy geleen het, terug te vra. Dit is sleg van sulke situasies.
LikeLiked by 1 person
Juis daarom het ek gesê hy kan die geld sommer hou, van die begin af. Maar hoekom iets terugbelowe wat jy voor jou suel weet jy nie kan teruggee nie? Of is die gewoonte van belowe al so ingeoefen, net om die geld te kan kry?
LikeLike
Ongelukkig is daar nie gom vir daai krakies nie…
LikeLike
Nee wat. Net vriendelikheid enaangaan asof niks gebeur het nie. 😁
LikeLike
Presies…
LikeLiked by 1 person
Jy het volgens die Woord opgetreë deur te gee sonder om terug te verwag….maar die leë belofte gee ‘n suur smaak aan dit. Jammer 😕
LikeLiked by 1 person
Nou het ek hier kom skinder, wat weer nie volgens die Woord is nie, maar ek wou sommer die boodskap deurgee van, moenie beloftes maak wat jy voor jou siel weet jy nie sal kan nakom nie.
LikeLiked by 1 person
Nie gesien as skinder nie…. jy het nie persoon se identiteit bekend gemaak nie. Het boodskap van leë beloftes deurgegee 😊
LikeLiked by 1 person
Liefste Toorts daai leen se naam is kgopela – gee want jy het meer as ek. Dis endemies aan Suid-Afrika en te danke aan politiese retoriek in diegene met minder bates as jy….beter om te gee en niks terug te verwag nie. Of om nee te sê en net 9geld in ruil vir werk te gee. Dink nie die Woord moedig uitbuiting aan nie.
LikeLiked by 2 people
Jy som dit mooi op.
LikeLike
Kyk, ek het mos eintlik die antwoord vooraf geweet. Daarom het ek vir hom die geld gegee. Dis sommer die waarheid oor die leë belofte wat my gepla het. ❤️
LikeLike
Daai leë belofte maaknog seerder as dit jouu eie bloedmense is wat so maak…ek ken van.
LikeLiked by 1 person
Eintlik dink ek dat “leen” of ‘n “geldjie gee” in hierdie land net die probleem van entitlement (Afrikaans?) groter maak. Dit leer mense net om hulle hande uit te steek en te ontvang en nie om self te woeker vir wat jy nodig het nie.
LikeLiked by 1 person
Ek gee nie maklik vir bedelaars nie. Hierdie outjie is egter hardwerkend en gee ‘n klomp mense werk. Hy het die geld nodig gehad vir ‘n stofsuier vir sy werk. Ek het net nie due hele bedrag betaal wat hy voirgestrl het nie, gedink hy vat regtig ‘n kans. ek het hom gehelp omdat dit sy besigheid (of homself) kon bevorder.
LikeLiked by 1 person
Jy is ‘n goeie mens.
LikeLike
Nie aldag nie!
LikeLiked by 1 person
Dit laat ‘n bitter smakie en skend vertroue!
LikeLiked by 1 person
Ja, dit doen. Maar nou het ek dit uitgespoeg op my blog en kan ek weer vriendelik aangaan met my kewe. 😁
LikeLiked by 1 person