Kan ek geld leen, asseblief?

Ek is ‘n kliënt van die persoon. Daar is ‘n baie spesifieke werkie wat ek op gereelde basis by hom laat doen. Ons het regtig ‘n goeie verhouding en ek bewonder hom vir die onderneming wat hy opgebou het. Hy gee regtige goeie diens en kwaliteit werk.

Totdat hy een dag geld by my wil leen.

Dadelik voel ek gespanne. Ongemaklik

Ek sê vir hom dat ek Rx vir hom sal gee, hy hoef dit nie terug te betaal nie, want so ‘n terugbetalery van skuld het sy eie reperkussies. En, ek gee net een keer, nie weer nie, hy moenie weer vir my vra nie.

‘Dankie mevrou, maar vir die volgende twee keer sal ek hierdie diens dan gratis vir u doen. ‘

In my hart dink ek, dis nie nodig nie, jy het dan die geld so nodig. Tog is dit of daar ‘n effense verwydering van my kant af is. Die verhouding het ‘n krakie gekry.

Toe ek weer sy dienste gebruik, vra ek, soos altyd, wat dit kos, ek wou hom net toets. Die ou prys, soos gewoonlik. Ek vra vir hom, wat dan van die belofte van ‘n gratis diens? Nee mevrou, volgende keer.

Snaaks, toe voel ek teleurgesteld. Nie omdat ek dit nie afgekry het nie, ek sou hom in elk geval betaal het, maar jou woord is jou woord. ‘n Belofte is ‘n belofte en, as jy nie ‘n belofte kan nakom nie, moet dit eerder nie maak nie.

‘Baie dankie, mevrou’, sou genoeg wees. Hoekom beloftes maak wat jy nie kan nakom nie?

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

18 thoughts on “Kan ek geld leen, asseblief?

    1. Juis daarom het ek gesê hy kan die geld sommer hou, van die begin af. Maar hoekom iets terugbelowe wat jy voor jou suel weet jy nie kan teruggee nie? Of is die gewoonte van belowe al so ingeoefen, net om die geld te kan kry?

      Like

  1. Liefste Toorts daai leen se naam is kgopela – gee want jy het meer as ek. Dis endemies aan Suid-Afrika en te danke aan politiese retoriek in diegene met minder bates as jy….beter om te gee en niks terug te verwag nie. Of om nee te sê en net 9geld in ruil vir werk te gee. Dink nie die Woord moedig uitbuiting aan nie.

    Liked by 2 people

  2. Eintlik dink ek dat “leen” of ‘n “geldjie gee” in hierdie land net die probleem van entitlement (Afrikaans?) groter maak. Dit leer mense net om hulle hande uit te steek en te ontvang en nie om self te woeker vir wat jy nodig het nie.

    Liked by 1 person

    1. Ek gee nie maklik vir bedelaars nie. Hierdie outjie is egter hardwerkend en gee ‘n klomp mense werk. Hy het die geld nodig gehad vir ‘n stofsuier vir sy werk. Ek het net nie due hele bedrag betaal wat hy voirgestrl het nie, gedink hy vat regtig ‘n kans. ek het hom gehelp omdat dit sy besigheid (of homself) kon bevorder.

      Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord