Johanna se LCHF-verhaal

Ek het hierdie verhaal ge-reblog, met haar toestemming, vanaf binnekanttoe.

My gesin se banting-pad het drie jaar gelede begin, omdat my diabetiese man se huisdokter beslis het dat hy moet begin om homself daagliks met insulien in te spuit as gevolg van sy liggaam se onvermoë om bloedsuikervlakke te reguleer. Banting het homself as ‘n baie doeltreffende werktuig in die verband bewys. Hoewel my man steeds medikasie vir diabetes gebruik, het hy nou minimale diabetes simptome. Die beste deel is dat sy bloedsuikervlakke in so ‘n mate gestabiliseer het, dat sy dokter nooit weer die moontlikheid van insulien-inspuitings op die tafel geplaas het nie.

Ek het van die begin af besef dat my man die nuwe eetpatroon nie op sy eie gaan baasraak nie. Ons leef dus as gesin vir die afgelope drie jaar grootliks styselvry. Dit voel steeds byna onwerklik om te dink dat ons vir so lank al slegs by streng uitsondering rys, pasta, aartappel en brood eet; waar die kossoorte voorheen ‘n hoeksteen van ons dieet was.

Al wat my nog regtig pootjie, is wanneer iemand ons vir ete nooi en ‘n eenbakgereg voorsit, wat dit dus feitlik onmoontlik maak om die styselporsie van die hand te wys. Gelukkig bied die meeste restaurante deesdae ‘n alternatief van slaai, groente of patatskyfies as bygereg, in die plek van die gewraakte tjippies. Die alternatiewe is nie net gesonder nie, dit smaak boonop nou vir my baie lekkerder.

Ek mis geensins die styselporsie in my bord nie, en dit sal nooit weer ‘n gereelde toevoeging tot my dieet wees nie. Ek het voorheen erg met pynlike en ongemaklike simptome van ‘n spastiese dikderm gesukkel, wat met die banting eetplan byna heeltemal die wyk geneem het.

Ek het ‘n jaar in my banting-leefstyl in, my dokter besoek om my cholesterol-vlakke te toets, aangesien ek ‘n familie-geskiedenis van hartprobleme het. Tot my groot skok het my dokter bevind dat my cholesteroltelling op 6.8 inderdaad te hoog was. Darem nie so dat ek onmiddellik chroniese medikasie daarvoor moes begin gebruik nie, maar nietemin iets om van bewus te wees en dop te hou. Ek het pet e-pos by professor Tim Noakes om raad aangeklop, en hy het my verseker dat ‘n hoë cholesteroltelling niks is om oor bekommerd te wees nie, en dat ek moes voortgaan met die banting-eetplan. Ek was egter nie gerus nie. Ek moet noem dat ek nie ‘n idee het wat my pre-banting cholesteroltelling was nie. Ek kan dus nie op redelike wyse aanvoer dat die banting eetplan ‘n toename in cholesterol tot gevolg het nie.

Lees gerus die res van haar storie HIER.

Ek wil ook graag JOU LCHF-storie hier op my blog plaas. Skryf in 400 woorde, in Afrikaans of Engels: Hoekom het jy met LCHF (Banting) begin? Wat was vir jou moeilik? Wat is jou LCHF geheim? E-pos dit aan madeleburger@gmail.com. Ek mag dit taalkundig edit as ek sou wou en die finale besluit of ek dit gaan plaas, berus ook by my.

Lees gerus die ander LCHF suksesstories HIER.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Radio Tygerberg resensie

One thought on “Johanna se LCHF-verhaal

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s