Kameel – Sing met ‘n padda in die keel

Ken is weg Suidkus toe om vir ons seun en sy familie te gaan kuier. Dus is ek vir ‘n week of wat alleen in die Voëlnes. Vanoggend doen ek soos gewoonlik my stiltyd maar met een groot verskil… ek kan weer hardop met die Here praat. Ek vertel Hom ek dink Hy is Awesome en wat nog meer, en lag toe ek vir Hom sê die Skrif sê vanoggend “Sing a new song to the Lord,” maar ek weet werklik nie of Hy dit wil hoor nie.

My stem was nog nooit goed nie, dit het die sangonderwyseres in standerd vyf my goed laat verstaan; maar dit het my nie gekeer om daar tussen die mielielande, vir ‘n uur in die bad te lê, en uit volle bors vir die Here te sing nie. Maar met die ouderdom saam klink dit al meer asof ek ‘n padda ingesluk het.

Nou goed, sê ek vir die Here, ek gaan nie ‘n nuwe lied vir Hom sing nie maar Hy weet hoe lief ek Hom het, en gaan vir Hom een van my gunsteling liedjies sing, en heel krakerig val ek weg met

“I love You Lord

And I lift my voice

To worship You

Oh, my soul rejoice,

Take joy my King

In what You hear

Let it be a sweet, sweet

Sound in Your ear.”

By nou sou my kinders al lankal hulle ore toegedruk het. (Hulle sê my singery in die oggende wanneer ek hulle wakker gemaak het was ‘n straf.) Ek sê toe maar vir die Here dit was nou nie baie goed nie, maar ek hoop Hy het dit geniet.

Net toe kom hierdie whattsapp van ‘n vriendin deur. 😀😀😀😀

IMG-20180415-WA0002

Geniet julle dag!!!

 

26 thoughts on “Kameel – Sing met ‘n padda in die keel

    1. Amen. Dié Een wat ons geskape het verstaan alles. Nou glimlag ek…. dink aan ‘n klomp paddas se gekwaak voor jou kamervenster en hoe irriterend is dit nie. Vir die Here is hulle gekwaak egter ‘n loflied. “Alles wat asem het loof, loof die Here!”

      Like

        1. Dis awesome!!! Hy wil geloof word so laat ons Hom loof en prys vandag. Ek sien tamboeryne en lofdanse in my geestesoog 😀😀😀

          Like

    1. Hoekom? Ons het later by die kunswedstryd gesing…. ek mog net die woorde met my lippe gevorm het… maar geen geluid gemaak het nie. Dis al manier hoe ek aan die koor kon deelneem. 😕

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!