Vandag het die Toortsie nou weer ‘n ongemaklikheidjie op die hart: Die verwagting van geld.
Ek werk vir jare by een werkgewer. Hy betaal my vir my dienste. Werk ek meer ure as wat ek moet, betaal hy my oortyd. Soms gee hy my ook ekstras, wat nie deel van die ooreerkoms was nie.
Nou hou ek die dag op met werk, en dan loop ek dikmond vir jare, want hy het nie ‘n klomp sakke geld in my hand gestop nie. Of, hy hét dalk iets in my hand gestop, maar dis glad nie wat en hoeveel ek verwag het nie en dan loop ek my en opwerk oor dié ding, want is dit ál wat hy vir my gee ná al die jare wat ek vir hom gewerk het?
Is dit geregverdig? Hierdie verwagting van ‘n pakket? Wanneer die werkgewer heeltyd binne die wet opgetree het en my betaal het wat hy moet, soms selfs meer gegee het as wat hy moes, terwyl ek nie noodwendig meer gedoen het as wat ek moes nie? Soms het ek selfs my tyd omgespeel by die werk, of lyf weggesteek, soms het ek ‘n pen of ‘n skroefie van die werkgewer in my sak gesteek, soms het ek laat ingeval of vroeg geloop, maar die werkgewer het my betaal asof ek voldag my beste gelewer het.
Hoe lyk die ander kant van die munt?
As ék dan verwag dat my werkgewer vir my ekstra moet vergoed vir al die jare diens, moet ek dalk nie my werkgewer vergoed omdat hy al die jare gesorg het dat ek werk gehad het nie, dat ek ‘n inkomste gehad het nie? Ek wonder maar net.
Ek dink nie werkgewers verwag dit nie, maar hoekom is dit dan so ‘n eensydige verwagting? Daar was mos nie in die begin ooreengekom dat, wanneer ek die dag loop, ek ‘n sal vol goud sal kry nie, of hoe? Of, verstaan ek iets verkeerd hier?
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Ek het ook nogal gevoel dat mens ekstra moet/kan kry. Die ooreenkoms was egter soveel persent van jou inkomste bereken vir bv 5 jaar en dit is dit. Eintlik is dit regverdig. Jy was self verantwoordelik om te spaar elke maand as jy so baie geld wou he as jy die dag loop. (Ek praat met tong in die kies) Die pensioen wat ek kry is nie eers n kwart van hoeveel ek sou verdien het as ek nog gewerk het nie. Dis egter hoe dit gedoen word.
LikeLike
‘n Skeidingspakket word slegs uitbetaal wanneer ‘n besigheid toemaak of as daar strukturele veranderinge kom, soos bv toe ons die melkstal toegemaak het en werkers moes aflê. Die pensioen wat jy kry deur jou werk, dra jy gewoonlik self daartoe by, of dis deel van jou kontrak. So, jy dink jy kry ‘n pensioen uit jou vorige werk, maar al die jare wat jy gewerk het, het jyself daartoe bygedra. Dis hoe ek dit verstaan, maar ek mag verkeerd wees.
LikeLike
Dis hy ja. Die waarde van geldhet egter so verminder dat dit amper nie die moeite werd is nie. Ek het ook n pakket gekry omdat toentertyd die onderwysers afgeskaal is. Gelukkig het ek n bedrag gekry en vroee pensioen gegaan. Joune is nogal ingewikkeld.
LikeLike
Hoe bedoel jy, myne is ingewikkeld?
LikeLike
Omdat daar nie n werklike ooreenkoms was wat uitgestippel het wat gebeur as daar n aflegging is nie. Die afleggings het almal hul eie reels en regulasies.
LikeLike
Nee, daar is nogals ‘n baie spesifieke wet: Vir elke volle jaar wat die persoon gewerk het, moet hy ‘n week van sy salaris kry.
LikeLike
Aaa dis waar. Het al vergeet daarvan. Dis hoe dit by die bilioteek ook gewerk het toe ek daar was. Veral met regstellende aksie het daar nogal dinge opgeduik wat maar geignoreer is. Gelukkig het ek betyds self pad gegee toentertyd.
LikeLiked by 1 person
Tong in die kies…wat van ons huisvrouens wat nooit gewerk het nie en geen salaris verdien het nie?
LikeLiked by 1 person
Verstaaaan jy!?😁
LikeLiked by 1 person
Ek wil ook ‘n pakket hê!!
LikeLike
Nee wat, ek bly maar by my ou liefie. 😁❤️
LikeLiked by 1 person
Daarom bly ons maar by ons mans dat hulle aanhou sorg vir ons! 😁
LikeLiked by 1 person
Jip…en my ou liefie sorg verskriklik goed vir my!
LikeLiked by 2 people
Net so. 😁
LikeLiked by 2 people
Gelukkig hoef ‘n mens in die staatsdiens nie te wonder oor wat gaan gebeur nie
LikeLiked by 1 person
Gaan jy jou geld kry? 😁 of nie? 😁
LikeLiked by 1 person
Omdat mens nooit vir bonusse gewerk het dink ‘n mens nooit daaraan nie.
LikeLiked by 1 person
Ek werk daagliks met die dilemma en ongelukkig het ek self nie hier ‘n antwoord wat toelaatbaar is vir enige forum nie.
LikeLiked by 1 person
Ai dis jammer.
LikeLike
Wat ek wel kan doen is ek kan hier ‘n uiteensetting gee van hoe ek my werkers se skeidingspakkette uitwerk:
Vir elke volle diensjaar gewerk word 1 week se salaris uitbetaal.
Lw ‘n Diensjr is ‘n volle jaar van Jan – Des.
So as die werker se dienste in die middel vd jr beëindig word is dit nie ‘n diensjr nie.
Dus as jou werker in Junie 2015 begin het sal 2015 nie tel as ‘n diensjr nie. 2016 en 17 is diensjre, as die dienste Junie 2018 beëindig word sal 2018 nie as ‘n diensjr gesien word nie. Dus moet die werkgewer 2 weke uitbetaal, uitgesluit ‘n kennismnd wat of gewerk kan word of nie, dit is deel vd diensbeëindiging – so ook is alle uitstaande verlof betaalbaar en mag dit nie gegee word in die kennismnd nie, maar moet dit wel uitbetaal word. Daarom sorg dat alle verlof tot op datum geneem word anders kan so pakket nogal baie duur uitwerk vir die werkgewer.
😊
LikeLiked by 1 person
Ja, dis presies soos dit is. Ons werk ditvwel uit op volle jare gewerk vanaf aanstelling. En dan is die mense steeds ontevrede.
LikeLike
Nee, jy kan seker nie jou werkgewer verkwalik as jou salaris of aftreegeld ontoereikend raak as gevolg van omstandighede buite jou beheer nie nie; myne het baie goed vir my gesorg, maar teen die spoed wat inflasie en belasting jou geld laat krimp, weet ek regtig nie elke dag hoe sommige mense dit regkry om te oorleef nie.
LikeLiked by 1 person
Ja sis angswekkend. Baie min mense, sowat 3 persent, spaar voldoende deur hul werkende leeftyd om te kan aftree.
LikeLiked by 1 person