Die verwagting van geld

Vandag het die Toortsie nou weer ‘n ongemaklikheidjie op die hart: Die verwagting van geld.

Ek werk vir jare by een werkgewer. Hy betaal my vir my dienste. Werk ek meer ure as wat ek moet, betaal hy my oortyd. Soms gee hy my ook ekstras, wat nie deel van die ooreerkoms was nie.

Nou hou ek die dag op met werk, en dan loop ek dikmond vir jare, want hy het nie ‘n klomp sakke geld in my hand gestop nie. Of, hy hét dalk iets in my hand gestop, maar dis glad nie wat en hoeveel ek verwag het nie en dan loop ek my en opwerk oor dié ding, want is dit ál wat hy vir my gee ná al die jare wat ek vir hom gewerk het?

Is dit geregverdig? Hierdie verwagting van ‘n pakket? Wanneer die werkgewer heeltyd binne die wet opgetree het en my betaal het wat hy moet, soms selfs meer gegee het as wat hy moes, terwyl ek nie noodwendig meer gedoen het as wat ek moes nie? Soms het ek selfs my tyd omgespeel by die werk, of lyf weggesteek, soms het ek ‘n pen of ‘n skroefie van die werkgewer in my sak gesteek, soms het ek laat ingeval of vroeg geloop, maar die werkgewer het my betaal asof ek voldag my beste gelewer het.

Hoe lyk die ander kant van die munt?

As ék dan verwag dat my werkgewer vir my ekstra moet vergoed vir al die jare diens, moet ek dalk nie my werkgewer vergoed omdat hy al die jare gesorg het dat ek werk gehad het nie, dat ek ‘n inkomste gehad het nie? Ek wonder maar net.

Ek dink nie werkgewers verwag dit nie, maar hoekom is dit dan so ‘n eensydige verwagting? Daar was mos nie in die begin ooreengekom dat, wanneer ek die dag loop, ek ‘n sal vol goud sal kry nie, of hoe? Of, verstaan ek iets verkeerd hier?

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

23 thoughts on “Die verwagting van geld

  1. Ek het ook nogal gevoel dat mens ekstra moet/kan kry. Die ooreenkoms was egter soveel persent van jou inkomste bereken vir bv 5 jaar en dit is dit. Eintlik is dit regverdig. Jy was self verantwoordelik om te spaar elke maand as jy so baie geld wou he as jy die dag loop. (Ek praat met tong in die kies) Die pensioen wat ek kry is nie eers n kwart van hoeveel ek sou verdien het as ek nog gewerk het nie. Dis egter hoe dit gedoen word.

    Like

    1. ‘n Skeidingspakket word slegs uitbetaal wanneer ‘n besigheid toemaak of as daar strukturele veranderinge kom, soos bv toe ons die melkstal toegemaak het en werkers moes aflê. Die pensioen wat jy kry deur jou werk, dra jy gewoonlik self daartoe by, of dis deel van jou kontrak. So, jy dink jy kry ‘n pensioen uit jou vorige werk, maar al die jare wat jy gewerk het, het jyself daartoe bygedra. Dis hoe ek dit verstaan, maar ek mag verkeerd wees.

      Like

      1. Dis hy ja. Die waarde van geldhet egter so verminder dat dit amper nie die moeite werd is nie. Ek het ook n pakket gekry omdat toentertyd die onderwysers afgeskaal is. Gelukkig het ek n bedrag gekry en vroee pensioen gegaan. Joune is nogal ingewikkeld.

        Like

      1. Wat ek wel kan doen is ek kan hier ‘n uiteensetting gee van hoe ek my werkers se skeidingspakkette uitwerk:
        Vir elke volle diensjaar gewerk word 1 week se salaris uitbetaal.
        Lw ‘n Diensjr is ‘n volle jaar van Jan – Des.
        So as die werker se dienste in die middel vd jr beëindig word is dit nie ‘n diensjr nie.
        Dus as jou werker in Junie 2015 begin het sal 2015 nie tel as ‘n diensjr nie. 2016 en 17 is diensjre, as die dienste Junie 2018 beëindig word sal 2018 nie as ‘n diensjr gesien word nie. Dus moet die werkgewer 2 weke uitbetaal, uitgesluit ‘n kennismnd wat of gewerk kan word of nie, dit is deel vd diensbeëindiging – so ook is alle uitstaande verlof betaalbaar en mag dit nie gegee word in die kennismnd nie, maar moet dit wel uitbetaal word. Daarom sorg dat alle verlof tot op datum geneem word anders kan so pakket nogal baie duur uitwerk vir die werkgewer.
        😊

        Liked by 1 person

  2. Nee, jy kan seker nie jou werkgewer verkwalik as jou salaris of aftreegeld ontoereikend raak as gevolg van omstandighede buite jou beheer nie nie; myne het baie goed vir my gesorg, maar teen die spoed wat inflasie en belasting jou geld laat krimp, weet ek regtig nie elke dag hoe sommige mense dit regkry om te oorleef nie.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!