Haloumi, o, Haloumi!

Dit voel amper of ek ‘n vreemde god of iets aanbid, maar nee, dis darem nie so erg nie!

Verlede jaar het ek in Clarens Haloumi slaai geëet, en net daar besluit, dís beslis iets wat ek kan maak. Hoe moeilik kan dit tog nou wees?

By die huis gekom, is ek reguit Checkers toe en het Haloumi kaas gaan soek. Daar was net een vreemde pakkie in ‘n sous.

Internet is geraadpleeg: Hoe doen ek hierdie ding? Hoe kry ek hierdie kaas gaar?

My eerste poging smelt totentaal weg. Heeltemal.

Ek soek hulp by die mede-Banters: Hoe maak ‘n mens Haloumi gaar?

Volgende keer ‘n ander handelsmerk, want nie één keer is daar dieselfde handelsmerk nie.

Hierdie keer lyk die kaas heel anders, en die gaarmaakproses werk beter.

Ek vra vir ‘n vriendin van die Vrystaat, hoe maak sy? Sy sê dis letterlik net ssssss, omdraai en sssss.

Ek probeer weer en weer. Die een keer braai ek dit bruin, die volgende keer net ssss, sssss.

Rubber is nie die woord nie!

Ek maak die lieflikste slaai met kropslaaiblare, tamatie, komkommer, avokado, olywe en rubberkaas. As ek die kaas hap, maak dit girts, girts in my ore.

Bestel ek dit in ‘n restaurant, is dit lieflik, maar in Toortsie se huis maak dit girts. Ek gaan binnekort ‘n rubberfabriek hier in my kombuis hê, lyk dit my.

WAT MAAK EK VERKEERD?

Help!

En HOEKOM is daar elke keer ‘n ander handelsmerk, wat verskillend reageer? Hoe gaan ek een standaardmetode kry wat ek weet, werk?

Ek wil dit só graag regkry. En Haloumi-kaas is DUUUURRR, ek kan dit nie laat staan en verrubber nie!

Bak ek dit te lank? Bak ek dit te kort? Met botter, sonder botter, met olyfolie, sonder olyfolie … rubber sal dit wees!

HELP!

Groete

Toortsie

Sekere goed is sekerlik nie vir Toortsie se ore bedoel nie, want as jy dink, pas Haloumi glad nie by BOEREKOS nie.

TOORTSIE LOS DIT NET!

Blaai om. Frommel die bladsy op. VERGEET VAN HALOUMI!

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

18 thoughts on “Haloumi, o, Haloumi!

  1. Halllo Toorts
    Ek vat bietjie koekmeel in n sakkie dan sny ek die kaas in netjiese repies of blokkies, gou dit in die “pakkie mee” en skud. Dan braai ek hom net tjoef tjaf in n pan met olie. Nie diep oplie nie, die hele stukkie is nie onder olie nie.

    Like

  2. Die Arabiere eet dit vreeslik baie. As jy dit soos ” croutons” in slaai wil hê, lae hitte, gooi gesnyde blokkies net so in pan met klein bietjie water- geen olie en daar staan jy vir lang ruk en skommel daai pan tot hulle mooi bruin is buite en sag binne. Help ook as jy hulle sulke skywe sny ( soos polonie voor dit tradisionele wapen geword het” en weer stadige hitte. Sny omtrent so half senimeter breed, hoe dikker, hoe meer rubber raak dit. Ook eet so gou na jy gebraai het, hoe langer uit hoe harder- hoop maak sin. Almond meel kan ook werk as jy wil maak soos ekmyself, coconut meel sal effe erg smaak.

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir hierdie raad. Ook die idee van die amandelmeel.
      So ek sny myne te dik, kom ek agter en my pan is te warm. En lyk my ek was te haastig. Stadig en lank braai. Dankie dankie dankie. Dalk wen ek nog hierdie rubberoorlog. Ek wil myself nie hoor as ek KAAS eet nie!

      Like

Gesels saam, asseblief!