Ag, dis mos ook nie vreemd nie, of hoe?
Ek is besig om my kruideniersware te betaal, toe ek hoor hoe die een sakpakker vir die ander sê dat sy altyd gesê het sy gaan eendag in ‘n kantoor werk, en hier staan sy nou en sakke pak.
So ‘n gedagte kan ‘n mens baie mismoedig maak, en ek dink almal van ons het soms sulke gedagtes. Sulke gedagtes kan jou hele lewe oorneem en versuur.
Ons kan nie altyd by dit uitkom waaroor ons kleintyd gedroom het nie, om verskillende redes. Dalk was jy nie gekeur om die betrokke kursus te doen nie. Dalk het die finansies ontbreek. Dalk is jou pa of ma oorlede en was jy vroeg gedwing om te begin werk om die pot aan die kook te hou. Dalk het jy besluit om eerder jou kinders self te versorg, in plaas van hulle by die dagsorg af te laai.
Ek vra toe vir haar hoe oud sy is, en sy sê, twintig. Ek vra haar, dat as jy dink sy gaan ‘n honderd jaar oud word, sy besef dat daar nog 80 jaar oor is om dit te bereik wat sy so graag wil doen?
‘n Lig gaan in haar oë op. ‘Ja mevrou, so as ek hard leer, kan ek dit tog nog regkry. ‘
Ja, sê ek. Al doen jy net een vak in ‘n jaar, kan jy dit regkry voor jy 30 is.
Haar ogies blink.
Die man wat in die apteek werk, wil eintlik ‘n sielkundige wees. Finansies ontbreek om sy kursus klaar te maak, en as daar fondse is, doen hy nog ‘n vak. Hou hom dop!
Iemand anders het haar MBA-graad en die grade wat jy vóór dit moet doen, aan ‘n hoogs-erkende universiteit behaal, terwyl sy nog nooit die voorreg gehad het om die binnekant van ‘n universiteit te sien nie.
Baie van my eie drome het ek in my jongdae eenkant geskuif oor kostes, prioriteite, tyd of keuses, maar waar ek ‘n minuut of sent kon afknyp, het ek dit gedoen ter verbetering van myself. En skielik is die vrugte ryp en kan ek nie al die seëninge glo wat op my reën nie.
My vriendin het op ‘n baie laat ouderdom HOD gedoen.
Moenie mismoedig word as jou dinge nie so uitwerk soos jy kleintyd gedroom het nie. Onthou, niks keer jou om aan jouself te verbeter en tog op ‘n minder bekende manier jou droom na te jaag nie.
Die geheim? Waag dit. Gee daardie eerste tree. Eendag kyk jy terug en kan nie glo wat jy tog vermag het nie.
Sterkte!
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Jy het ‘n saadjie geplant by daardie meisie.
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so. ❤️
LikeLiked by 1 person
Hierdie is so ñ mooi positiewe skrywe. Jy het vandag defnitief ñ verskil gemaak in iemand se lewe.
LikeLiked by 2 people
Ek hoop so. Dit maak hopelik op vir aldie marakkas wat ek ook maar aanvang.
LikeLike
🌸🌸🌸
LikeLike
Die saad is geplant, mag dit groei en vrugdra in daardie meisie se lewe.
My dogter kry vanaand haar onderwysgraad. Sy het deur ‘n egskeiding, ma wees vir twee kinders, twee werke, geldelike nood, ‘n nuwe verhouding, ‘n tweede huwelik bly leer om haar droom te bewaarheid. Ek is so trots op haar.
LikeLiked by 5 people
Oeee jy mag regtig trots wees. Sê sommer vir haar van my kant af ook geluk. Dit wys jou net, dit kán gedoen word.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit wil gedoen word – baie geluk!
LikeLiked by 2 people
Ek hoop daar kom iets van 😁
LikeLiked by 1 person
Ek bedoel van die kind in die till. Van jou kind se graad sal beslis iets kom.
LikeLiked by 1 person
Dankie Frannie.
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik Kameel. Baie geluk.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Haar man sit toe ‘n video op ons gesinsgroepie waar sy op die verhoog loop ens. Daar huil ma, pa, boeties, sussies, en sommer skoonseun ook. Almal besef hoeveel jare se deursettingsvermoë dit haar gekos het om haar droom te bereik.
LikeLiked by 2 people
Dit verg geweldig baie om later in jou lewe so iets aannte pak, maar dis heeltemal moontlik
LikeLiked by 1 person
Ek haal my hoed vir haar af.
LikeLiked by 1 person
Dit was so mooi ding wat jy gedoen het vandag vir haar. Sjoe, jy het iemand soveel hoop gegee, mal daaroor🌻
LikeLiked by 1 person
Ek hoop so. 😁
LikeLike
So skyn jou liggie dan, nes jy altyd belowe.
LikeLike
Ja, maar by Toweropstal us die liggie flou en by Pollmanswatsenaam! 😱
LikeLiked by 1 person
Nee wat, ek het altyd hoop vir die toekoms.
LikeLiked by 1 person
🙂
LikeLiked by 1 person
Discregtig vandag n positiewe boodsksp wat invloed gaannhê op meer as een se lewe.
LikeLiked by 1 person
So baie wonderlike dinge het al met my gebeur juis omdat ek NIE altyd my sin gekry het NIE! My padkaart en Sy padkaart volg nie altyd dieselfde roete nie.
LikeLiked by 1 person
Ja! Mens leer soveel ekstras op die ompaaie.
LikeLiked by 1 person
Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg.
Pragtige positiewe invloed wat jy vandag gehad het
LikeLiked by 1 person
Dankie
LikeLiked by 1 person