Toe kan Toortsie nie stilbly nie

Ag, dis mos ook nie vreemd nie, of hoe?

Ek is besig om my kruideniersware te betaal, toe ek hoor hoe die een sakpakker vir die ander sê dat sy altyd gesê het sy gaan eendag in ‘n kantoor werk, en hier staan sy nou en sakke pak.

So ‘n gedagte kan ‘n mens baie mismoedig maak, en ek dink almal van ons het soms sulke gedagtes. Sulke gedagtes kan jou hele lewe oorneem en versuur.

Ons kan nie altyd by dit uitkom waaroor ons kleintyd gedroom het nie, om verskillende redes. Dalk was jy nie gekeur om die betrokke kursus te doen nie. Dalk het die finansies ontbreek. Dalk is jou pa of ma oorlede en was jy vroeg gedwing om te begin werk om die pot aan die kook te hou. Dalk het jy besluit om eerder jou kinders self te versorg, in plaas van hulle by die dagsorg af te laai.

Ek vra toe vir haar hoe oud sy is, en sy sê, twintig. Ek vra haar, dat as jy dink sy gaan ‘n honderd jaar oud word, sy besef dat daar nog 80 jaar oor is om dit te bereik wat sy so graag wil doen?

‘n Lig gaan in haar oë op. ‘Ja mevrou, so as ek hard leer, kan ek dit tog nog regkry. ‘

Ja, sê ek. Al doen jy net een vak in ‘n jaar, kan jy dit regkry voor jy 30 is.

Haar ogies blink.

Die man wat in die apteek werk, wil eintlik ‘n sielkundige wees. Finansies ontbreek om sy kursus klaar te maak, en as daar fondse is, doen hy nog ‘n vak. Hou hom dop!

Iemand anders het haar MBA-graad en die grade wat jy vóór dit moet doen, aan ‘n hoogs-erkende universiteit behaal, terwyl sy nog nooit die voorreg gehad het om die binnekant van ‘n universiteit te sien nie.

Baie van my eie drome het ek in my jongdae eenkant geskuif oor kostes, prioriteite, tyd of keuses, maar waar ek ‘n minuut of sent kon afknyp, het ek dit gedoen ter verbetering van myself. En skielik is die vrugte ryp en kan ek nie al die seëninge glo wat op my reën nie.

My vriendin het op ‘n baie laat ouderdom HOD gedoen.

Moenie mismoedig word as jou dinge nie so uitwerk soos jy kleintyd gedroom het nie. Onthou, niks keer jou om aan jouself te verbeter en tog op ‘n minder bekende manier jou droom na te jaag nie.

Die geheim? Waag dit. Gee daardie eerste tree. Eendag kyk jy terug en kan nie glo wat jy tog vermag het nie.

Sterkte!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

26 thoughts on “Toe kan Toortsie nie stilbly nie

  1. Die saad is geplant, mag dit groei en vrugdra in daardie meisie se lewe.
    My dogter kry vanaand haar onderwysgraad. Sy het deur ‘n egskeiding, ma wees vir twee kinders, twee werke, geldelike nood, ‘n nuwe verhouding, ‘n tweede huwelik bly leer om haar droom te bewaarheid. Ek is so trots op haar.

    Liked by 5 people

      1. Dankie Hester. Haar man sit toe ‘n video op ons gesinsgroepie waar sy op die verhoog loop ens. Daar huil ma, pa, boeties, sussies, en sommer skoonseun ook. Almal besef hoeveel jare se deursettingsvermoë dit haar gekos het om haar droom te bereik.

        Liked by 2 people

Gesels saam, asseblief!