Die laaste jare op die plaas het ek baie vereensaam toe my beste vriendin buurvrou geskei het en weggetrek het, my dogter na ‘n buurdorp se skool is, ek so besig was met die administrasiewerk, en, en, en …
Nou woon ons kamtig op die dorp, maar eintlik is ons omtrent nooit hier nie.
Toe ons dorp toe getrek het, het ek my voorgeneem om, as ek hier is, dít by te woon wat die dorp aanbied, om sodoende weer die bande op te tel.
‘n Week wat ek toe by die huis bly, laat weet ek ‘n klompie vriendinne dat ek graag saam met elkeen van hulle tee wil drink in die week. Toevallig wil ‘n paar van dié wat ek gewhattsapp het, ‘n praatjie bywoon van ‘n ánder vriendin oor persoonlikheidstipes en ons besluit om dit sommer een geleentheid te maak.
Só het die ‘teedrinkers’ ontstaan, omdat ék lus het vir tee! En gesels natuurlik.
Wanneer ek dan wel die week by die huis is, een keer per maand of twee, laat weet ek net dat daar tee gedrink gaan word.
Vandag het almal sommer kom vertel van hulle #Imagine-ervaring en ek het vertel van TPM, ander het ander getuienisse gehad en intussen het ons … tee gedrink natuurlik.
Tog te lekker gesellig en ontspanne en opbouend en glad nie ‘n geskinder. Wat meer wil jy hê?
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Dis lekker….. definitief “My cup of tea.” Lekker gesels, lekker lag!!!
LikeLike
Ja man! Heerlik heerlik!
LikeLiked by 1 person
Ek het tweekeer ‘n week teedrinksessies saam met verskillende vriendinne. Dis absoluut terapeuties.
LikeLiked by 1 person
Wonderlik verby!
LikeLiked by 1 person
Ek skeep my vriendinne deesdae af, dalk moet ek ook ñ tee-drink by my winkel reël. Bly julle het ñ lekker kuier gehad.
LikeLiked by 1 person
Ja, doen dit. Ekdink dit sal lekker wees.
LikeLiked by 1 person
Klink heerlik. Ek hoop daar was Toortsie terte by😁🎂
LikeLiked by 1 person
Jajaaa, maar ek het dit gemaak! 😁 nie die helpers
LikeLiked by 1 person
Gesellig. Ek is nie juis geneig om te kuier nie. Ons sien ons vriende so een of twee keer in drie maande vir ‘n ete of braai en ek moet sê, dis meer terwille van my man as myself. Dalk moet ek leer om tee te drink, maar ek eet liewer roomys saam met my kinders 😄
LikeLiked by 1 person
Solank jy dit net geniet. 😁
LikeLiked by 1 person