Prys opgeëis

Herblog vanaf Kruinsig Plaasakkommodasie.

Met soveel skelmstreke wat die wêreld vol is, is dit maar ‘n waagstuk om aan ‘n internetkompetisie deel te neem van ‘n instansie waarvan jy niks weet nie. Dalk soek hulle net ‘n manier om jou inligting in die hande te kry om daarna daarmee te maak net wat hulle wil? Sê nou net jy wen wel die prys, maar dis ‘n leë dop? Sê nou jy gaan baie onkostes aan om die prys op te eis, net om te ontdek dat jy uitgevang is?

Kruinsig Plaasakkommodasie het in die begin van hierdie jaar so ‘n kompetisie geloods, waar mense dan die Facebook page moes ‘like’, en hulle vriende ook ‘tag’. Baie mense was skepties, maar baie mense het deelgeneem. Die doel van die kompetisie was om Kruinsig Akkommodasie ‘n bietjie bekend te stel.

Die wenner was Megan, wat ook maar versigtig opgewonde was oor die prys. Gelukkig is daar nie ‘n sent van haar gevra nie, maar wel dat sy dit op haar sosiale media sal vertel, as sy sou wou.

Megan en haar vriende, tien mense in totaal, het die afgelope naweek die prys opgeëis. Hier is haar kommentaar:

Dit klink my hulle het tog te lekker gekuier!

Groete

Toortsie

Kontakbesonderhede:

Selfoon 0825638351

E-pos madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig Plaasakkommodasie Blog

Kruinsig Plaasakkommodasie Facebook Page

Kruinsig Plaasakkommodasie is ook by LEKKESLAAP. 

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Advertisements

23 thoughts on “Prys opgeëis

  1. Hoop julle bekendstelling werp goeie vrugte af.
    Miskien kan ons volgende misdaadreeks daar afspeel? Nie 😕?
    Nee ernstig, mag Kruinsig werklik ‘n groot sukses word.

    Liked by 1 person

    1. Baie mense is skepties en mens kan dit verstaan. Meer as 200 mense het die page gelike, so daar het beslis beweging gekom. Die doel was uit en uit bewusmaking. Dis mos maar ‘n bal wat stadig begin rol en mettertyd momentum opbou.

      Liked by 1 person

  2. Kruinsig het vir my geweldig bekend geklink, iets uit my verlede maar my regte oupa se plaas was Kranskloof alhoewel ek nou so naby aan my oupagrootjie voel wat ek nooit ontmoet het na die eskapades by. Towerpostal. Ek het egter onthou dat ek op laerskool Kruisig voorgestel as ons kleuresportspan se naam wat nie aanvaar is nie. Bly jy het dit aanvaar 🙂 😉 en ek glo dit verdien die 5 sterre

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s