Kwaadwees is deel van ons lewe. Dit het natuurlik verskillende vlakke. Ons kan ons sommer net liggies vererg, of vir ‘n dag of week lank vir iemand kwaad wees en dit dan vergeet, of iemand kan ons só kwaad maak dat ons selfs ‘n wrok koester teen die persoon.
By die TPM-sessies (Transformation Prayer Ministry), kom kwaadwees baie keer ter sprake. Die persoon kan kwaad wees vir homself, vir God, vir iets of iemand anders. Soms kom daardie kwaadwees al so lank aan, of dis al so diep gebêre, hy is eintlik nie eers meer bewus daarvan nie, dis eintlik al deel van sy mondering!
Elkeen van hierdie mense het baie keer die volste reg om kwaad te wees. Wat ons egter met daardie kwaad doen, is waar die probleem lê. Gaan ons dit ‘laat gaan’ of gaan ons dit vashou, koester, omdat ons glo dit ons beskerm, of die persoon straf, of wat ook al?
In my TPM sessies het ek al gesien hoe ‘n persoon net nie kán vergewe nie en dit sy hele bestaan beïnvloed. Álles raak vir hom te erg. Hy is in ‘n angstoestand, maar aan die kwaad moet hy bly klou. Dan wil ek huil. Ja, ek weet eintlik ook nie hoe maak ‘n mens om dit te laat gaan nie, maar tog kry mense dit reg. Ook ek kon dit regkry met God se hulp.
Die wonderlikste is wanneer iemand inkom met hangskouers en die lewe wat druk en hy ‘n jarelange woede wat sy hele lewe beïnvloed, in die oë kyk en besef dat hy regtig nie langer daaraan wil dra nie, dat hy dit wil laat gaan, dat hy die persoon onvoorwaardelik vergewe en aan die bid raak en sommer vir God ook vra om die persoon te vergewe. Die verandering wat voor jou oë gebeur, kan jy vir niemand beskryf nie. Daardie persoon se onmiddellike omstandighede is dalk nie skielik anders nie, maar hy het ‘n ligter tred. Hy voel bevry en dít is net genade van die Here af.
Of die persoon wat nie eers besef het dat hy al vir jare kwaad is vir iemand nie, en toe hy dit bely en laat gaan, verdwyn ‘n klomp van sy huidige onsekerhede, omdat die kwaadwees en alles wat daarmee saamgaan, uit die weg geruim is.
Dis so maklik om ons kwaadwees te regverdig, ons het rede om kwaad te wees. En sê nou ek vergewe die persoon en net môre doen hy dit weer?
Dis nie altyd maklik om dit te laat gaan nie, maar regtig, dis die moeite werd. Daag jouself uit: probeer dit. Jy gaan dalk nie glo watter verskil dit aan jouself gaan maak as jy nie meer die vrag hoef te dra nie.
Sou jy graag ‘n TPM-Fasiliteerder wou sien omdat iets swaar op jou hart lê, kyk gerus op die TPM App vir ‘n fasiliteerder in jou omgewing.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Kwaadwees kan mens se hele wese ondergrawe. Dankie hiervoor, Toortsie. Dis baie positief.
LikeLike
Dankie Perdebytjie
LikeLiked by 1 person
Ek kyk gisteraand na The Shack, so hierdie skrywe van jou raak my hart vanoggend baie aan. Ek wil ook dankie sê daarvoor, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Ek moet dalk ook die fliek kyk, het destyds die boek gelees.
LikeLiked by 1 person
Toortsie, ek het die kyk daarna bly uitstel, glad nie kans gesien vir die emosies wat ek weet dit sal ontketen nie. Dis op die oomblik op Catch Up, so gisteraand het ek besluit dis tyd.
LikeLiked by 1 person
Ek het weerstand omdat ek nie hou van die manier waarop hul vir Jesus en die HG voorstel nie. Jesus was baoe ‘lomp’ in die boek en die HG ‘n simpel ietsie.
LikeLiked by 1 person
Yep, onvergewensgesindheid kan van jou ‘n baie bitter persoon maak. The root of bitterness… sê die bybel. Hartseerste is dat dit nie net die persoon se lewe opmors nie, maar die mense om hom se lewe vergal. Ai, ai…. baie gesigte kom nou voor my op.
LikeLike
Ai toggie
LikeLike
Ek kan ook getuig dat toe ek baie jare werklik oorgegee het aan Jesus het daardie haat/kwaadwees verdwyn en die heerlike gevoel van dit afgooi en weggooi is onbeskryflik.
LikeLike
Jou hart raak sommer ligter! 🙂
LikeLike
Dis nie net jou hart nie dis asof daardie neerdrukkende sakke vol gewig net van jou skouers verdwyn.
LikeLiked by 1 person
O ja. Beslis. Jy dra ligter.
LikeLiked by 1 person
Soms besef jy jare later eers dat dit wat jou hele lewe so versuur het, eintlik nie juis ‘n groot saak in jou lewe was nie – nie die moeite werd nie.
LikeLiked by 1 person
Dis so bitter jammer.
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek moet van jou klasse gaan bywoon.
LikeLike
Right! Wanneer kom jy? 😁
LikeLike
Is jy in Pretoria rond? Daar is blykbaar baie oulike TZpM fasiliteerders
LikeLike
Jy slaan die spyker op sy kop.
LikeLiked by 1 person
Nie maklik nie, maar moontlik.
LikeLiked by 1 person
Kwaad ken ek nie juis nie … teleurgesteld wel baie. Kwaad is soos oorlog – daar is nooit ‘n wenner nie
LikeLiked by 1 person
So gepas. Dit was deel van my “repentance” tydens my stiltetyd vanoggend, die kwaadword en kwadegevoelens. Psalm 37:8 “Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.” Dis ‘n pad wat mens stap, om te leer om die “toorn” te laat staan. 🌹
LikeLiked by 1 person
Ek het maar self nog ver om te gaan. 😁
LikeLiked by 1 person