Woordennoot vra dat ons blogs moet skryf oor ‘n nuwe begin, en dadelik is ek opgewonde, want dis juis dít wat my gedagtes nou al dae lank besig hou.
So ‘n paar dae gelede is my bidboek volgeskryf. Die eerste inskrywing daarin is gedoen kort nadat ‘n baie erge ding my oorgekom het. Die krisis was op sy hoogste. Daar was geen vooruitsigte vir beterskap nie. Ek het nie geweet wát om te doen en waarheen om te gaan nie, behalwe om net by my Here te skuil nie.
In hierdie boek het ek baie pyn en smeking en moedeloosheid voor God se voete gelê. In die tyd wat ek in hierdie boek geskryf het, het nóg groot dinge met ons gebeur. Slegte dinge. Traumatiese dinge. Lewensveranderende dinge.
Genadiglik het daar ook baie mooi dinge gebeur en kon ek God se Hand duidelik sien, Sy beskerming, Sy daarwees. Sy betrokkenheid by ons alledaagse lewe. Ons was nie alleen nie.
Die boek is volgeskryf met twee jaar se diep gesprekke met God. My vrese, my vrae, my vreugdes. Simbolies was dit die einde van ‘n seisoen.
Ek kom dit agter in myself, my omstandighede, my lewensuitkyk. Ons staan aan die begin van ‘n nuwe, opwindende seisoen. ‘n Seisoen wat beslis ook sy uitdagings gaan hê, maar ook vol verrassings gaan wees.
My tone tintel, my oë blink, want hier kom groot dinge! Ek staan in afwagting om te sien wat God vir ons beplan het. ‘n Nuwe nuut. Nuwe horisonne. Nuwe uitdagings. Nuwe vooruitsigte.
Mag daar ook vir jóú nuwe seisoene wees, mooi seisoene, tye wat vir jou goed is. Mag jy God se genade en nabyheid ervaar wanneer dinge nie loop soos jy dit graag sou wou hê nie. Mag jy ook ‘n nuwe nuut ervaar as dinge sleg was.
Mooi loop!
Toortsie
Woordennoot, ek weet nie of hierdie aan die kriteria voldoen nie, maar as jy dit wil gebruik, is jy welkom. Indien nie, is dit ook reg. 😁
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Goeie nuus… ek is bly dit gaan beter
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Dis mooi opwindend en positief, Toortsie.
LikeLiked by 1 person
Jaaaa man! 🥁🥁🥁
LikeLiked by 1 person
Your greatest Testimony will come from your greatest trial. Jou woorde laat my dink aan die ‘voetspore gedig’. Gedurende ons storms voel ons alleen, maar wanneer ons terugkyk en net een ry voetspore sien dan besef ons die Here het ons gedra.
LikeLiked by 1 person
O ja. Daar waar ons die swakste is, is waar ons die sterkste sal word. ❤️
LikeLiked by 1 person
Net die waarheid daardie!
LikeLiked by 1 person
Wat ń pragtige skrywe, eerlik en met oorgawe aangebied. Voorwaar, Toortsie, mag jul nuwe nuut propvol verassings wees.
LikeLiked by 1 person
Dankie! Elke dag is ‘n verrassing. ❤️
LikeLike
Elke dag hou beslis sy verassings in. Telkens kom daar uitkoms as mens net vas vertrou.
My pensioen het hierdie maand nie in my rekening beland nie. Ek bel en hou 40 minute aan sonder dat iemand antwoord. Tina probeer ook sonder sukses. Wel, end goed als goed. Dis toe Donderdagaand inbetaal. Tog met al die sweet het ek kalm kon bly want ek het geweet daar sal n oplossing kom. Nie op my tyd nie maar op Sy tyd.
LikeLike
Sjoe, ek kan dink dat dit bekommerniswaardig sou wees, veralas jou pensioen uit die liewe SA moet kom en jy is in NZ.
LikeLike
Beslis. Dis al wat ek het. elukkig dat ek darem die werk by die skool het wat gehelp het om darem my krag te betaal en brood en melk. Is nou nog fies vir die spul wat sekerlik langnaweek gehou het sonder om hul werk te doen eers.
LikeLiked by 1 person
Ek is net bly dis opgelos!
LikeLiked by 1 person
Dis wat do amazing is- daar is altyd lig aan die eindevan n tonnel. ‘n Mens moet net moed hou. Gelukkig maak die Here dit vir ons moontlik deur krag na kruis te gee. Mooi nuwe tye vir julle.
LikeLiked by 1 person
Ja! Ek ervaar dit nou so by Imagine ook. Die stories wat ek hoor en wat ek voor my oë sien afspeel, is ongelooflik.
LikeLike
Pragtig en positief..Amen
LikeLiked by 1 person
Sjoe…jy sal dink ek het nou so gebedel en nou gebeur niks! Ek gaan dit op die 25e voorlees….Baie dankie, dis so pragtig en opbouend!
LikeLiked by 1 person
Jy hoef regtig nie. 😁 Dis net as dit is wat jy graag wil lees. 😁
LikeLike
Ek wil! Jou blogs is lekker voorlees blogs.
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Ek waardeer dit.
LikeLiked by 1 person