‘n Nuwe begin

Woordennoot vra dat ons blogs moet skryf oor ‘n nuwe begin, en dadelik is ek opgewonde, want dis juis dít wat my gedagtes nou al dae lank besig hou.

So ‘n paar dae gelede is my bidboek volgeskryf. Die eerste inskrywing daarin is gedoen kort nadat ‘n baie erge ding my oorgekom het. Die krisis was op sy hoogste. Daar was geen vooruitsigte vir beterskap nie. Ek het nie geweet wát om te doen en waarheen om te gaan nie, behalwe om net by my Here te skuil nie.

In hierdie boek het ek baie pyn en smeking en moedeloosheid voor God se voete gelê. In die tyd wat ek in hierdie boek geskryf het, het nóg groot dinge met ons gebeur. Slegte dinge. Traumatiese dinge. Lewensveranderende dinge.

Genadiglik het daar ook baie mooi dinge gebeur en kon ek God se Hand duidelik sien, Sy beskerming, Sy daarwees. Sy betrokkenheid by ons alledaagse lewe. Ons was nie alleen nie.

Die boek is volgeskryf met twee jaar se diep gesprekke met God. My vrese, my vrae, my vreugdes. Simbolies was dit die einde van ‘n seisoen.

Ek kom dit agter in myself, my omstandighede, my lewensuitkyk. Ons staan aan die begin van ‘n nuwe, opwindende seisoen. ‘n Seisoen wat beslis ook sy uitdagings gaan hê, maar ook vol verrassings gaan wees.

My tone tintel, my oë blink, want hier kom groot dinge! Ek staan in afwagting om te sien wat God vir ons beplan het. ‘n Nuwe nuut. Nuwe horisonne. Nuwe uitdagings. Nuwe vooruitsigte.

Mag daar ook vir jóú nuwe seisoene wees, mooi seisoene, tye wat vir jou goed is. Mag jy God se genade en nabyheid ervaar wanneer dinge nie loop soos jy dit graag sou wou hê nie. Mag jy ook ‘n nuwe nuut ervaar as dinge sleg was.

Mooi loop!

Toortsie

Woordennoot, ek weet nie of hierdie aan die kriteria voldoen nie, maar as jy dit wil gebruik, is jy welkom. Indien nie, is dit ook reg. 😁

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

20 thoughts on “‘n Nuwe begin

  1. Your greatest Testimony will come from your greatest trial. Jou woorde laat my dink aan die ‘voetspore gedig’. Gedurende ons storms voel ons alleen, maar wanneer ons terugkyk en net een ry voetspore sien dan besef ons die Here het ons gedra.

    Liked by 1 person

  2. Elke dag hou beslis sy verassings in. Telkens kom daar uitkoms as mens net vas vertrou.
    My pensioen het hierdie maand nie in my rekening beland nie. Ek bel en hou 40 minute aan sonder dat iemand antwoord. Tina probeer ook sonder sukses. Wel, end goed als goed. Dis toe Donderdagaand inbetaal. Tog met al die sweet het ek kalm kon bly want ek het geweet daar sal n oplossing kom. Nie op my tyd nie maar op Sy tyd.

    Like

  3. Dis wat do amazing is- daar is altyd lig aan die eindevan n tonnel. ‘n Mens moet net moed hou. Gelukkig maak die Here dit vir ons moontlik deur krag na kruis te gee. Mooi nuwe tye vir julle.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!