Dit sal ‘n goeie idee wees om direk nadat ek my oogspesialis gesien het, hartspesialis toe te gaan. Nie net oor die mooie man nie (ontspan… hy kon my seun gewees het) maar oor die man se menswees wat ‘n skok op die hart is.
Die eerste wat my opgeval het (dis nou voordat ek hom gesien het) was sy van. Dieselfde as my ouma se nooiensvan, en natuurlik het ek gewonder of hy nie familie is nie. Wanneer jy hom ontmoet kan jy nie anders as om die man se voorkoms raak te sien nie. Heel indrukwekkend sou ek sê. Chanté wie my vergesel het se voete was onder haar uitgeslaan, en haar woorde was “Ek vat mamma na elke afspraak met die man toe, en ek gaan saam in wanneer hy mamma ondersoek. Ek wil net eenkant sit en hom in stilte bewonder”
Om die man te beleef is ‘n heel ander storie. Wanneer jy by sy spreekkamer uitloop is jy nie presies seker wat jou getref het nie. Sy teenwoordigheid vul ‘n vertrek. Hy is selfversekerd maar nie hoogmoedig nie. Hy oorheers jou, maar terselftertyd is daar ‘n familitêriteit wat jou tuis laat voel. Hy staan baie naby jou wanneer julle gesels. Sy oë kyk direk en baie stip in joune wat senutergend is, want jy kry die gevoel dat hy tot binne in jou siel kyk, en elke verkeerde ding raaksien. En dan is daar sy direktheid van spraak wat jou asem wegslaan.
‘n Paar jaar gelede is ek deur my dokter na hom toe verwys. Ek moet lensvervangings kry sê die man, en begin reëlings tref vir die operasie. Dis alles goed en wel…. maar ek waag tog om so tussendeur te vra wat as die operasie nou onsuksesvol is. “Dan is jy blind,” sê hy en gaan voort met die gesprek asof hy my nie sopas met ‘n vuishou vol op die maag getref het nie.
Verlede week maak ek ‘n afspraak by hom; my linkeroog wil nie aldag saamspeel nie. Behalwe dat die man grys geword het is alles nes voorheen. Ek wonder nogsteeds of hy nie familie is nie… maar vra liewer nie uit nie. Hierdie keer duur die ondersoek langer want my oog haal allerhande trieks uit en wil nie die letters lees nie. Hy praat van die cornia… kyk…. gooi druppels in… kyk weer…. laat my lees…. vra vrae…. kyk….. vra vrae….. laat my lees….. en verdwyn toe vir ‘n ruk. Hy kom terug met ‘n ander spesialis, “‘n cornia ekspert” sê hy. Hulle kyk en praat in ‘n taal wat na vloek klink. Ek word vir laser “iets” gestuur wat duur is, en die medies nie altyd wil betaal nie. Terug by hom met ‘n laaaang stuk “print out” van die laser mense, en die proses van kyk, en vrae vra word herhaal. Uiteindelik is hy tevrede, gaan sit by sy lessenaar en skryf al pratende ‘n voorskrif vir my nuwe bril uit. Ek moet nie ‘n duur bril kry nie want die moontlikheid is groot dat ek ‘n corniaoperasie moet kry. So as my oog erg begin pyn moet ek hom weer kom sien…. maar wie weet miskien is ek dood voor daardie tyd en sal die operasie nie nodig wees nie. Dit is toe dat ek verseker weet dat ons familie is. Daardie direkte manier van praat kom uit my voorgeslagte uit. Ek ken dit van my ouma se dae af… en dit loop in ons bloedlyn af. Toe ons totsiens sê wou ek hom soengroet – dit is mos wat familie doen – maar ek bedink myself. Miskien is daar ‘n volgende keer.
Hopelik is daar nog n paar volgende kere!ai wat is dit met die KAmeel. As dit nie talk dalk and hansome is nie is dit n man wat diep in jou oë kyk.
LikeLiked by 1 person
Ooooo seegogga nou het jy my heerlik laat lag!!!! Nee jong hierdie dokter staan binne in jou space en kyk rêgtig te direk en diep. Hy is seker gewoond om binne in oë te kyk want dis sy werk… maar ai, die ou aan die anderkant voel maar vulnerable.
LikeLiked by 1 person
Haha, klink vir my jy gaan ‘n volgende keer spesiaal maak gebeur.
LikeLiked by 1 person
Hy sê dan ek is miskien dood voor daardie tyd!!! Die reguitste mens wat ek nog ooit ontmoet het. Ooh ooh eh eh soos Abrie sal sê.
LikeLiked by 1 person
Maar Kameel sal hom wys, sy gaan nie sommer net so dood nie. Dalk moet jy volgende keer as Camilla gaan besoek
LikeLiked by 1 person
Ha ha nou het jy my aan die lag!!! Ek sien die prentjie…. arme man.
LikeLike
Ek het so pas begin wonder wie was nou eintlik by die oogarts, Kameel self of is dit Camilla wat alweer handuit ruk?
LikeLiked by 3 people
Nee dis Kameel…. en blykbaar dink die doktertjie sy is oor die muur… sug. Gelukkig kan ons nog stories skryf en droom 😄
LikeLiked by 1 person
Ag toemaar, ek begin noual antwoord as ek “Tannie” genoem word. Hulle weet net nie hoeveel skop ons nog oor het nie.
LikeLiked by 1 person
‘n Ouer dokter is beter vir die selfbeeld. Gaan op ‘n keer na ‘n professor iets toe vir ‘n check up van kop tot tone. Hy staan en wag by sy spreekkamer deur vir my. Toe ek om die draai geloop kom sê hy “Aitsa, en wie het ons hier…. hier verwag ek ‘n ou dame dan kom jy hier aangestap.” 😀😀😀😀 So ‘n mond moet mos stroop kry!!!
LikeLiked by 1 person
Ek hoor jou!
LikeLike
Ek dink daar’s ‘n Camilla wat wegkruip in Kameel (en in meeste van ons)
LikeLiked by 2 people
Lekkervurig dink ook ons sit almal met ‘n Camilla binne ons. Eva se skuld….. kyk nou hoe wys ek dadelik die vinger na ander.
LikeLiked by 1 person
Jy het maar net die manier om mens met jou reguit praat te laat glimlag, Kameel. Ek hoop regtig jy kry nie die operasie nodig nie, jong. Hopenlik gedra die cornia hom van nou af.
LikeLiked by 2 people
Dankie Una…. ek hoop ook vir ‘n cornia wat homself gedra.
LikeLiked by 1 person
Nou kan jy vir jou ñ stunning raam gaan soek!
LikeLiked by 1 person
Nee man, jy moes hom gebra het! En vir wat sal jy doodgaan? Jou oog, én jy, sal nog laaaank hou.
LikeLiked by 1 person
Gebra! Camilla! Gebra jouself! 😱😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Ooooo ek dink nie dit sal ‘n goeie ding wees om Camilla daar in te stuur nie. Sou graag die petalje wou sien 😄
LikeLiked by 1 person
Toortsie, wat se tert of poeding het jy nou weer opgekook?
LikeLiked by 2 people
Vra ek ook!!!!
LikeLiked by 1 person
Behoorlike brousel!
LikeLiked by 2 people
Ja, dis hoekom jy nou weer net Double D’s sien.
LikeLiked by 1 person
‘n Mens kan Toorts nêrens los nie Hester!!!
LikeLiked by 1 person
Dubbel drama!
LikeLiked by 1 person
😄
LikeLiked by 1 person
Bra ongemaklik om ‘n dokter te bra
LikeLiked by 2 people
Camilla is ‘n vrou wat baie dinge regkry.
LikeLiked by 1 person
Die mannetjie dink blykbaar ek staan voor die hemelpoorte!!! 😕 Ek lyk seker vir hom stokhoringoud 😢 Hy is definitief familie… so reguit het ek nog net my ouma en haar familie hoor praat.
LikeLiked by 2 people
Dan kan jy aandring op 😁afslag!
LikeLiked by 1 person
Jy behoort dit sommer verniet te doen. 😄
LikeLiked by 1 person
Camilla Cornia, gedra jou asseblief! Ek moet ook oogarts toe en ek het haat dit amper so erg soos ‘n haarsny. Sterkte met die oog.
LikeLiked by 1 person
Sterkte vir jou ook. Ook nie my beste “outing” nie 😣
LikeLiked by 1 person
😀 😀 😀 Dink ook die Camilla-plan is uitstekend, en aangesien Positief direkte kontak met Wegkruipertjie het, kan jy via haar jou rooi skoene en blonde pruik vir die okkasie terugkry!
LikeLiked by 2 people
Frannie jy laat my lag. Ek wonder wat daardie dokter sal sê as hy weet watse planne ons hier beraam 😀😀😀😀 Ai, dit kan maak vir ‘n lekker storie!!!
LikeLiked by 1 person
Geen hygroman wat sy sout werd is, is sonder ‘n sexy dokter nie!
LikeLiked by 1 person
Jy kan daardie gedeelte skryf Frannie!!!
LikeLiked by 1 person
Oe ja, kan ek? Kannn ekke??
LikeLiked by 1 person
Ons sit jou naam solank by Hester op vir daardie gedeelte 😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Oeps…
LikeLiked by 1 person
Dit klink my die hele hygroman is besig om hier vorm aan te neem. Selfs Camilla sukkel om haar te gebra!
LikeLiked by 2 people
Lyk vir my ook so Toorts. Liewe… as daardie dokter in die roman gebruik word gaan ek mos nooit weer die man in die oë kan kyk nie!!! Ek gaan definitief sukkel om my pose te hou….. en dit lyk klaar asof hy ‘n mens se binneste lees 😯 Camilla moet def haarself hier gebra!!!
LikeLiked by 1 person
Ja, ek dink dit sal vir jou ongemaklik maak. Camilla moet maar by ‘n ander dokter gaan hulp soek.
LikeLiked by 1 person
😀
LikeLike
My keel trek sommer toe … ek gaan vir ‘n katarakoperasie (Fluister… en my dr is ook te oulik)
LikeLiked by 1 person
Ek dink hulle maak oulike oogspesialiste sodat ons oë gouer beter kan sien. Sterkte met die operasies… dit sal goed verloop. Indien jy engtevrees sê vir jou dokter en vra hulle moet ‘n ligter doek gebruik om oor jou gesig te gooi. Die eerste keer het ek gedog ek versmoor onder die swaar doek. Eers daarna gehoor ek moes gesê het ek het engtevrees.
LikeLiked by 2 people
Eki is nie eintlik bang nie Dis net die onbekende wat my so effens senuweeagtig maak.
LikeLiked by 1 person
Dis te verstane…. maar dis eintlik glad nie erg nie. Sien net die wit lig waarmee hulle werk. Die oogdruppels daarna is eintlik meer van ‘n nonsens as operasie. Wanneer gaan jy?
LikeLiked by 1 person
3 Mei … die dr se program is vreeslik vol
LikeLiked by 1 person
Nou ja, met die skrywe en al die kommentare is my bene nou sommer lam.
My oogarts is ń personifikasie van mr. Bean. So hou nou jou pose in hierdie situasie, terwyl die lag wat in jou opborrel net wil uit😱😆
LikeLiked by 1 person
Ek sal dit nooooooit kan uithou om ‘n oogarts soos Mr Bean te hê nie. Nee, liewe ek sal mos net lag!!! Dis lekker om van jou te hoor… jy is stil.
LikeLike
Sterkte met cornea en sê vir die oogoom as hy wil aanhou raakgesien word moet hy die oog mooi dokter
LikeLiked by 1 person
Dis hierdie doktertjie se reguit manier van praat wat my voete onder my uitslaan en nie sy looks nie. Verbeel jou…. miskien is jy dood voor dan….😕
LikeLike
Mooi was nog nooit lelik nie! Al is hy bietjie te op die man af….
LikeLiked by 1 person
Ek hou van jou manier van kyk 😀😀😀
LikeLiked by 1 person