Kameel – soengroet die dokter

fc34086582e4bc4e12b492d078d1bd17

Dit sal ‘n goeie idee wees om direk nadat ek my oogspesialis gesien het, hartspesialis toe te gaan. Nie net oor die mooie man nie (ontspan… hy kon my seun gewees het) maar oor die man se menswees wat ‘n skok op die hart is.

Die eerste wat my opgeval het (dis nou voordat ek hom gesien het) was sy van. Dieselfde as my ouma se nooiensvan, en natuurlik het ek gewonder of hy nie familie is nie. Wanneer jy hom ontmoet kan jy nie anders as om die man se voorkoms raak te sien nie. Heel indrukwekkend sou ek sê. Chanté wie my vergesel het se voete was onder haar uitgeslaan, en haar woorde was “Ek vat mamma na elke afspraak met die man toe, en ek gaan saam in wanneer hy mamma ondersoek. Ek wil net eenkant sit en hom in stilte bewonder”

Om die man te beleef is ‘n heel ander storie. Wanneer jy by sy spreekkamer uitloop is jy nie presies seker wat jou getref het nie. Sy teenwoordigheid vul ‘n vertrek. Hy is selfversekerd maar nie hoogmoedig nie. Hy oorheers jou, maar terselftertyd is daar ‘n familitêriteit wat jou tuis laat voel. Hy staan baie naby jou wanneer julle gesels. Sy oë kyk direk en baie stip in joune wat senutergend is, want jy kry die gevoel dat hy tot binne in jou siel kyk, en elke verkeerde ding raaksien. En dan is daar sy direktheid van spraak wat jou asem wegslaan.

‘n Paar jaar gelede is ek deur my dokter na hom toe verwys. Ek moet lensvervangings kry sê die man, en begin reëlings tref vir die operasie. Dis alles goed en wel…. maar ek waag tog om so tussendeur te vra wat as die operasie nou onsuksesvol is. “Dan is jy blind,” sê hy en gaan voort met die gesprek asof hy my nie sopas met ‘n vuishou vol op die maag getref het nie.

Verlede week maak ek ‘n afspraak by hom; my linkeroog wil nie aldag saamspeel nie. Behalwe dat die man grys geword het is alles nes voorheen. Ek wonder nogsteeds of hy nie familie is nie… maar vra liewer nie uit nie. Hierdie keer duur die ondersoek langer want my oog haal allerhande trieks uit en wil nie die letters lees nie. Hy praat van die cornia… kyk…. gooi druppels in… kyk weer…. laat my lees…. vra vrae…. kyk….. vra vrae….. laat my lees….. en verdwyn toe vir ‘n ruk. Hy kom terug met ‘n ander spesialis, “‘n cornia ekspert” sê hy. Hulle kyk en praat in ‘n taal wat na vloek klink. Ek word vir laser “iets” gestuur wat duur is, en die medies nie altyd wil betaal nie. Terug by hom met ‘n laaaang stuk “print out” van die laser mense, en die proses van kyk, en vrae vra word herhaal. Uiteindelik is hy tevrede, gaan sit by sy lessenaar en skryf al pratende ‘n voorskrif vir my nuwe bril uit. Ek moet nie ‘n duur bril kry nie want die moontlikheid is groot dat ek ‘n corniaoperasie moet kry. So as my oog erg begin pyn moet ek hom weer kom sien…. maar wie weet miskien is ek dood voor daardie tyd en sal die operasie nie nodig wees nie. Dit is toe dat ek verseker weet dat ons familie is. Daardie direkte manier van praat kom uit my voorgeslagte uit. Ek ken dit van my ouma se dae af… en dit loop in ons bloedlyn af. Toe ons totsiens sê wou ek hom soengroet – dit is mos wat familie doen – maar ek bedink myself. Miskien is daar ‘n volgende keer.

55 thoughts on “Kameel – soengroet die dokter

    1. Ooooo seegogga nou het jy my heerlik laat lag!!!! Nee jong hierdie dokter staan binne in jou space en kyk rêgtig te direk en diep. Hy is seker gewoond om binne in oë te kyk want dis sy werk… maar ai, die ou aan die anderkant voel maar vulnerable.

      Liked by 1 person

              1. ‘n Ouer dokter is beter vir die selfbeeld. Gaan op ‘n keer na ‘n professor iets toe vir ‘n check up van kop tot tone. Hy staan en wag by sy spreekkamer deur vir my. Toe ek om die draai geloop kom sê hy “Aitsa, en wie het ons hier…. hier verwag ek ‘n ou dame dan kom jy hier aangestap.” 😀😀😀😀 So ‘n mond moet mos stroop kry!!!

                Liked by 1 person

    1. Die mannetjie dink blykbaar ek staan voor die hemelpoorte!!! 😕 Ek lyk seker vir hom stokhoringoud 😢 Hy is definitief familie… so reguit het ek nog net my ouma en haar familie hoor praat.

      Liked by 2 people

    1. Frannie jy laat my lag. Ek wonder wat daardie dokter sal sê as hy weet watse planne ons hier beraam 😀😀😀😀 Ai, dit kan maak vir ‘n lekker storie!!!

      Liked by 1 person

          1. Lyk vir my ook so Toorts. Liewe… as daardie dokter in die roman gebruik word gaan ek mos nooit weer die man in die oë kan kyk nie!!! Ek gaan definitief sukkel om my pose te hou….. en dit lyk klaar asof hy ‘n mens se binneste lees 😯 Camilla moet def haarself hier gebra!!!

            Liked by 1 person

    1. Ek dink hulle maak oulike oogspesialiste sodat ons oë gouer beter kan sien. Sterkte met die operasies… dit sal goed verloop. Indien jy engtevrees sê vir jou dokter en vra hulle moet ‘n ligter doek gebruik om oor jou gesig te gooi. Die eerste keer het ek gedog ek versmoor onder die swaar doek. Eers daarna gehoor ek moes gesê het ek het engtevrees.

      Liked by 2 people

        1. Dis te verstane…. maar dis eintlik glad nie erg nie. Sien net die wit lig waarmee hulle werk. Die oogdruppels daarna is eintlik meer van ‘n nonsens as operasie. Wanneer gaan jy?

          Liked by 1 person

  1. Nou ja, met die skrywe en al die kommentare is my bene nou sommer lam.
    My oogarts is ń personifikasie van mr. Bean. So hou nou jou pose in hierdie situasie, terwyl die lag wat in jou opborrel net wil uit😱😆

    Liked by 1 person

    1. Ek sal dit nooooooit kan uithou om ‘n oogarts soos Mr Bean te hê nie. Nee, liewe ek sal mos net lag!!! Dis lekker om van jou te hoor… jy is stil.

      Like

    1. Dis hierdie doktertjie se reguit manier van praat wat my voete onder my uitslaan en nie sy looks nie. Verbeel jou…. miskien is jy dood voor dan….😕

      Like

Gesels saam, asseblief!