Hierdie is nie deel van ons boek nie. Dit is my eie insetsel op ons verhaal rondom Toweropstal. Ek was nog nooit goed met wag nie… en nou sit ons hier langs die pad en wag vir Abrie om te besluit wat hy met ons en die buit gaan doen. Sal nie verbaas wees as hy ons saam met die buit die lug in blaas nie. Hoe die ander towerinne voel weet ek nie; my eie emosies is in so ‘n warboel dat ek sukkel om nugter te dink. Maar wag laat Kameel self vertel.
Kameel hou Abrie dop, daar waar hy onder ‘n boom staan en die verte in staar. Dit is duidelik dat hy diep.dink. Die.volgende oomblik draai hy om en stap die veld in. “Waarheen gaan hy nou?” hoor sy een van die towerinne sê, maar haar gedagtes is nie by die lorretjie met al die buit of by die towerinne nie… nee, dit is daar by Toweropstal en die Latynse offisier. Hy het haar hart verower, dit weet sy nou verseker, en met elke asemteug wat sy gee word die smagting na hom al feller.
Haar begeerte na rykdom, en ‘n villa in Italië het verflou teenoor hierdie allesoorheersende vuur in haar binneste, en sy weet nie wat om te doen nie. Durf sy teruggaan? Durf sy hoop dat daar vir hulle ‘n toekoms saam wag. Durf sy – wat tot nou toe so gewetenloos gelewe het – hoop op sy vergifnis en vertroue?
In die verte slaan daar ‘n stofwolk uit en Kameel besluit om duim te gooi. Sy gaan terug Toweropstal toe, sy gaan uitvind hoe die Latynse offisier oor haar voel. Eerder haar hart nou breek as om met hierdie wroeging in haar binneste saam te lewe.
Toe die bakkie in hulle gesigsveld kom lig Kameel haar duim. “Kameel, wat maak jy… waarheen gaan jy?” vra Una besorgd, en die ander towerinne staan ook nuuskierig nader. Kameel het egter net een doel voor oë, en dit is om by die Latynse offisier uit te kom. Die bakkie kom tot stilstand. ‘n Sterkgeboude jongman met blou oë, en blonde krulhare buig oor en maak die passasiersdeur oop. “Hello Kameel,” groet hy vriendelik, “jammer ek is laat….. is hier probleme?” “Ben!!” sê Kameel flouweg, en gryp na die motordeur om haar staande te hou. Hy praat maar sy kannie sy woorde uitmaak nie. Sy sien.die liefde vir haar in sy oë, en sy wil dit van haar wegweer. “Moenie my liefhê nie Ben, moenie my liefhê nie!!” weergalm dit in haar binneste maar haar mond uiter geen woord nie.
Ben se gesig begin voor haar oë swem, en dan doem ‘n ander gesig voor haar op. ‘n Donker man met ‘n Latynse voorkoms. Sy voel sy arms om haar, sy lippe op hare en sy hartstogtelike woorde van liefde in haar ore. Met ‘n snik gaan sit Kameel in die stofpad, trane stroom oor haar wange en haar skouers begin ruk. Onwillekeurig vou haar hande oor haar buik… daar waar sy weet ‘n nuwe lewe begin het. Dis Ben wat in die stofpad voor haar kniel, haar in sy arms toevou en teen sy bors sus. “Ek is hier vir jou Kameel, moenie huil nie ek sal altyd daar wees vir jou.” Kameel druk haar vingers oor sy mond. “Moenie Ben, moenie dit sê nie, moenie my liefhê nie…. jy gaan seerkry.” Ben se hand sluit om hare, sy mond vryf oor haar vingers. “My liefde is sterk genoeg vir albei van ons Kameel.” Kameel uiter ‘n geluid soos ‘n gekweste dier, maar net dan verskyn Abrie op die toneel. Behalwe vir Ben en Kameel is alle oë nou op hom gevestig vir verdere aksie.
Kameel! Jinne Suster. My mede-towerin, luister na jou hart, maar ag, arme ou Ben…. Ek gaan nou eers ‘n rokie maak, en ‘n Frangelico sluk. Hierdie is wroeg erg…..praat van ‘n wending wyl ons wag. ( Jy is briljant….😎😉 – Hester dit moet deel van onse boek wees.)
LikeLiked by 1 person
Ai lekkervurig ek rook nie eers nie maar dink ek het ook nou ‘n rokie nodig. As Abrie nie so lank gevat het om te besluit of Hester gehaal moet word of nie het ek nie soveel tyd gehad om te dink nie. My arme hart!!!
LikeLike
Ek sal maar namens jou sonde pleeg, enihew nie goed vir die bambino onner jou hart nie. 🤔
LikeLiked by 1 person
Nee, ons maak dit die eerste hoofstuk van ons hygroman wat ons gaan aanpak.
LikeLiked by 1 person
Oh my goodness 😮 Jy is sowaar ernstig oor die hygroman!!!
LikeLiked by 1 person
Jaaaa – ek moet net eers die April A-Z uitdaging klaarmaak, dan gooi ons die hygroman-uitdaging oop vir almal wat wil saamspeel.
LikeLiked by 1 person
Ek lag nou… dink nie Abrie sal eers waag om ‘n kommentaar te lewer nie… sal te bang wees hy word ingetrek.
LikeLiked by 1 person
Haai nee, ons dwing mos niemand nie 👼
LikeLiked by 1 person
Abrie het in ons eerste boek mooi netjies uit ons strikke gebly… in die tweede boek eet hy net so lekker aan die poeding en lê dronk in sy monnikkleed. Ek het hom met tye skoon jammer gekry 😕 Arme man!!!
LikeLiked by 3 people
Dis die klomp vroumense wat hom so in die verderf ingelei het.
LikeLiked by 1 person
Het nogal gedink Kameel/Camilla betree nou die hygwêreld! Hygend hert…soos Tina sou sê: Hier kom ‘n ding!
LikeLiked by 2 people
Wou mos vir myself so ‘n wulpse karakter loop skep het. As Hester dit vir die eerste hoofstuk gebruik is ek gelukkig klaar geskryf. Dink nie ek sien kans vir meer hyg as dit nie. 😄
LikeLiked by 1 person
Trek jou rooi skoentjies aan, Camilla – dit sal sorg vir die nodige asem 🙂
LikeLiked by 1 person
Wegkruipertjie het mos nou my rooi skoene vir haar gevat.
LikeLiked by 1 person
Waaat?! Oja, nou onthou ek: die nursie!
LikeLiked by 1 person
Sy het mos die pruik ook. Ek is nou sonder my alter ego. So dis Kameel, Ben en die Latynse offisier.
LikeLiked by 1 person
Ag nouja, ek het meer vertroue in Kameel as in Camilla!
LikeLiked by 1 person
Ek ook Frannie. ☺
LikeLiked by 1 person
Daar is sekerlik nóg pryike en rooi skoene in die wêreld?
LikeLiked by 3 people
Camilla is moeilikheid Toorts. Kameel is meer voorspelbaar.
LikeLiked by 1 person
Erg. Erg. Erg.
LikeLiked by 2 people
Frannie, dis tyd dat jy begin saamspeel, seg ek – jy het die regte aanslag.
LikeLiked by 2 people
Ek’s in vir die hygroman – ek wou hoeka nog met julle raas omdat julle beweer Afrikaans kan nie hartstogtelik wees nie!
LikeLiked by 4 people
Nee watwou, Afrikaans is gemaak vir liefde. Ons het dan so lekker geskryf aan die Hot Lady en Sticks se romanse in een van die Lê-Jou-Eier uitdagings.
LikeLiked by 3 people
Hoor hoor!
LikeLiked by 2 people
Ja arme Sticks!!!!
LikeLiked by 1 person
Ag “arme Sticks” se voet – hy is gelukkig dood – heel gewillig om te sterf vir die liefde.
LikeLiked by 1 person
Ouch…. dis maar goed jy is nie ‘n hottentotsgod vroutjie nie. Kan al sien hoe sonder genade jy vir Sticks gaan opvreet 😐
LikeLiked by 1 person
Terwille van my kinders sal ek die buurman ook opvreet.
LikeLiked by 1 person
Ag liewe land Hester 😀😀😀😀😀 beter om vêr weg te bly!!!
LikeLiked by 1 person
Gmph hierdie Sticks leef nog en dit was my naaste aan hyg
LikeLiked by 4 people
😄
LikeLiked by 1 person
🤗😉
LikeLiked by 1 person
O nee, ek bel jou sommer! Hierdie is nonsens!!! Ben is lief vir jou, jy gaan verantwoordelik optree en met jou verstand kies! Kameel, kyk vir my! Lekkervurig, los die rokie. Help my, Kameel dink nie nou nugter nie.🙈
LikeLiked by 1 person
Laat Lekkervurig maar klaar rook Una. 😕 Hoe kies ‘n mens rêgtig?
LikeLike
Nee, ek stem nie saam nie – die hart sorg vir meer plesier, al dit dit van korte duur.
LikeLiked by 1 person
🤔🌺
LikeLiked by 1 person
Absoluut briljant Kameel. Jy moet regtig daaraa dink om in te skryf vir ‘n kreatiewe skryfkursus en ernstig begin skryf. Ek gaan vir jou ‘n ou weegskaal laat aflewer, dan maak jy vir Ben links vas en die Latin Lover regs. Ons moet kyk wie weeg die swaarste.
LikeLiked by 2 people
Dankie Hester. Ek wil nie eers kyk na watter kant toe daardie skaal gaan swaai nie 😢
LikeLiked by 1 person
Met watter maatstaf gaan jy meet??
LikeLiked by 1 person
Mens kan hulle reeds in die kleuterskool eien: die betroubare troumateriaal en die opwindende stoute seuntjies…
LikeLiked by 2 people
Wat sou jy Kameel aanraai om te doen?
LikeLiked by 1 person
Was dit nie vir die nuwe lewetjie nie, het ek gesê gaan tango in Colombia. Maar nou…Ben sal sorg…
LikeLiked by 1 person
Gaan tango in Colombia 😀😀😀 Ek hou daarvan.
LikeLiked by 1 person
Never mind Kameel en Ben en bambino en Latynse gigolo. Arme Abrie. Hy is klaar so gestres oor wat in laaste hoofstuk moet gebeur nou sit hy boonop met ‘n Towerin wat se prioriteit en emosies ewe deurmekaar is.
LikeLiked by 2 people
Ek het jou regtig jammer gekry dat jy ons uit die gemors na vryheid moet skryf. Nou kyk ek maar op na jou vir leiding vir hierdie emosionele dilemma waarin ek my nou bevind. 😊
LikeLiked by 1 person
Nee ek gaan maak of dit nie gebeur het nie. Hester het dit mos na file thirteen geskuif(die hygroman).
LikeLiked by 1 person
Yep, wonder wat die towerinne daarmee gaan maak 😀😀😀😀
LikeLiked by 1 person
Nee man Abrie, “cowboys don’t cry.” Plan B …Heroldsbaai en ‘n Elon Musk onderwaterding wat iewers tussen ons en Scrapy op ‘n Lost eiland uitkom.
LikeLiked by 2 people
Dink jy Abrie gaan waag om saam met ons op ‘n lost island uit te spoel?
LikeLike
Ja nee hierdie hygroman is (hoeveel is julle nou weer) wel soveel te veel vir my
LikeLiked by 2 people
Weet net ons het jou teenwoordigheid nodig gehad daar by Toweropstal. Jy is die hero in ons verhaal 😊
LikeLiked by 1 person
Of in Ernie Els se huis op die strand
LikeLiked by 1 person
OOOOOOOOOOOOOOo genade, Kameel nou het ek alles gehoor! Ek het nooit besef dat jou gevoel vir die Latino so “diep” getref het nie.Nou sit jy met die tamaletjie. Ben kan sorg, arme goedhartige man. Wat van die Latino? Ek dink hy kan dalk net n hartebreker wees wat wag vir sy volgende slagoffer. Daardie tripie na ons spesiale eiland waarvan daar gepraat kan dalk n uitkoms bring. Daar sal net behoorlik betplan moet word dat niks verlore gaan nie.
LikeLiked by 2 people
Ai Scrapy dat ek nou my hart so gaan verloor het. Gee nie eers om wat Abri met ons gaan aanvang nie 😕
LikeLiked by 2 people
Such is life, nê. Ons hoop maar vir die beste.
LikeLiked by 2 people
Hygend hert……towerinne, lyk my die hygery, skuus hygskrywery, gaan Griet se sprokie ore aansit. Moenie die Afrikaanse vrou vlak skat nie. Hehehe😉
LikeLiked by 3 people
Lekkervurig my bors trek skoon toe van benoudheid oor hierdie klomp vroue en ‘n hygroman 😯
LikeLiked by 1 person
Jy het die wille wragtig in ons wakker gemaak. Lyk my daar is ‘n Camille in ons almal op soek na bevryding (pardon the pun) 🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 3 people
Sjoe! En ekwonder steeds wie is Ben!?
LikeLiked by 2 people
Camilla het dit mos gewaag om George toe te gaan… dit nadat sy gereedskap op haar verleidelike manier uit manne gekry het. Een van die manne het haar herken, kopverloor en haar na sy huis toe gevat, en sy neef Ben opdrag gegee om haar op te pas (dit was die keer toe Aksimet my mond gesnoer het) Daar het sy natuurlik haar verleidelike taktiek op die neef toegepas. Eers het hy vir Camilla geval… maar met tyd deur hierdie persona gesien en Kameel lief gekry.
LikeLiked by 2 people
Ag, dis ‘n mooi storie! Ek wonder of dit verliefdheid, wellus of ware liefde is.
LikeLiked by 2 people
As Hester dit vir haar roman gaan gebruik moet ons sien wat die Towerinne besluit.
LikeLiked by 1 person
Jy skryf darem oulik,Kameel. Hierdie is goeie materiaal vir n hygroman. Ek het dit nou baie geniet!
LikeLiked by 2 people
Dankie perdebytjie. Ons gesittery langs die pad het te lank aangehou…. moes iets doen 😀😀😀 Sou Hester nou dit as die eerste hoofstuk vir haar hygroman gebruik, sal dit interessant wees om te sien hoe die ander hierdie saga gaan oplos.
LikeLiked by 2 people
Ek is nie goed met hyg nie…miskien moet ek net lees as julle dit gaan skryf.😄
LikeLike
Ek sien ook nie kans vir enige verdere gehygery nie…. skryf maar net die storie verder. Die beste is ek het ‘n ewige “dislike” aan hyg of enige ander roman behalwe as dit ‘n classic is. Hoe nou gemaak?
LikeLiked by 1 person
Ek het nog grootgeword in die tyd, dat seks en dans sonde was..lol😂😂
LikeLiked by 1 person
Ek ook 😕
LikeLiked by 1 person
Ek is ook nie goed daarmee nie. Ek het gedink om die tussenin stories te skryf. Dalk moet ek vir die karakters kos maak of iets.
LikeLiked by 2 people
Hehe, ek dink ons het almal te geinhibeerd grootgeword!
LikeLike
🙂
LikeLike
Ja, ons laat die storie afspeel in ‘n restaurant. Ons kook kos en dan bespreek ons die paartjies wat vir ‘n romantiese ete ingekom het. Hoe’s daai vir ‘n idee??? 😊
LikeLike
Klink goed! 🙂
LikeLiked by 1 person
Ai Camilla! Ek bedoel Kameel! Die tall dark en handsome het klaar al weer n ogie op iemand anders -Hester! Daardie passie is vurig en van korte duur. Ben is n boerseun reg grootgemaak deur sy ma. By hom sal jy veilig wees vir die res van jou lewe.
LikeLiked by 1 person
Kom gooi jy nou ‘n emmer koue water oor my uit seegogga. Hester het haar hande vol met Pablo en Carlos. My Latyn gaan nie sy tande seker wees met Hester nie. Ek gaan bly hoop!!!
LikeLiked by 1 person