Kameel – Die Latynse offisier…..

Hierdie is nie deel van ons boek nie. Dit is my eie insetsel op ons verhaal rondom Toweropstal. Ek was nog nooit goed met wag nie… en nou sit ons hier langs die pad en wag vir Abrie om te besluit wat hy met ons en die buit gaan doen. Sal nie verbaas wees as hy ons saam met die buit die lug in blaas nie. Hoe die ander towerinne voel weet ek nie; my eie emosies is in so ‘n warboel dat ek sukkel om nugter te dink. Maar wag laat Kameel self vertel.

Kameel hou Abrie dop, daar waar hy onder ‘n boom staan en die verte in staar. Dit is duidelik dat hy diep.dink. Die.volgende oomblik draai hy om en stap die veld in. “Waarheen gaan hy nou?” hoor sy een van die towerinne sê, maar haar gedagtes is nie by die lorretjie met al die buit of by die towerinne nie… nee, dit is daar by Toweropstal en die Latynse offisier. Hy het haar hart verower, dit weet sy nou verseker, en met elke asemteug wat sy gee word die smagting na hom al feller.

Haar begeerte na rykdom, en ‘n villa in Italië het verflou teenoor hierdie allesoorheersende vuur in haar binneste, en sy weet nie wat om te doen nie. Durf sy teruggaan? Durf sy hoop dat daar vir hulle ‘n toekoms saam wag. Durf sy – wat tot nou toe so gewetenloos gelewe het – hoop op sy vergifnis en vertroue?

In die verte slaan daar ‘n stofwolk uit en Kameel besluit om duim te gooi. Sy gaan terug Toweropstal toe, sy gaan uitvind hoe die Latynse offisier oor haar voel. Eerder haar hart nou breek as om met hierdie wroeging in haar binneste saam te lewe.

Toe die bakkie in hulle gesigsveld kom lig Kameel haar duim. “Kameel, wat maak jy… waarheen gaan jy?” vra Una besorgd, en die ander towerinne staan ook nuuskierig nader. Kameel het egter net een doel voor oë, en dit is om by die Latynse offisier uit te kom. Die bakkie kom tot stilstand. ‘n Sterkgeboude jongman met blou oë, en blonde krulhare buig oor en maak die passasiersdeur oop. “Hello Kameel,” groet hy vriendelik, “jammer ek is laat….. is hier probleme?” “Ben!!” sê Kameel flouweg, en gryp na die motordeur om haar staande te hou. Hy praat maar sy kannie sy woorde uitmaak nie. Sy sien.die liefde vir haar in sy oë, en sy wil dit van haar wegweer. “Moenie my liefhê nie Ben, moenie my liefhê nie!!” weergalm dit in haar binneste maar haar mond uiter geen woord nie.

Ben se gesig begin voor haar oë swem, en dan doem ‘n ander gesig voor haar op. ‘n Donker man met ‘n Latynse voorkoms. Sy voel sy arms om haar, sy lippe op hare en sy hartstogtelike woorde van liefde in haar ore. Met ‘n snik gaan sit Kameel in die stofpad, trane stroom oor haar wange en haar skouers begin ruk. Onwillekeurig vou haar hande oor haar buik… daar waar sy weet ‘n nuwe lewe begin het. Dis Ben wat in die stofpad voor haar kniel, haar in sy arms toevou en teen sy bors sus. “Ek is hier vir jou Kameel, moenie huil nie ek sal altyd daar wees vir jou.” Kameel druk haar vingers oor sy mond. “Moenie Ben, moenie dit sê nie, moenie my liefhê nie…. jy gaan seerkry.” Ben se hand sluit om hare, sy mond vryf oor haar vingers. “My liefde is sterk genoeg vir albei van ons Kameel.” Kameel uiter ‘n geluid soos ‘n gekweste dier, maar net dan verskyn Abrie op die toneel. Behalwe vir Ben en Kameel is alle oë nou op hom gevestig vir verdere aksie.

76 thoughts on “Kameel – Die Latynse offisier…..

  1. Kameel! Jinne Suster. My mede-towerin, luister na jou hart, maar ag, arme ou Ben…. Ek gaan nou eers ‘n rokie maak, en ‘n Frangelico sluk. Hierdie is wroeg erg…..praat van ‘n wending wyl ons wag. ( Jy is briljant….😎😉 – Hester dit moet deel van onse boek wees.)

    Liked by 1 person

    1. Ai lekkervurig ek rook nie eers nie maar dink ek het ook nou ‘n rokie nodig. As Abrie nie so lank gevat het om te besluit of Hester gehaal moet word of nie het ek nie soveel tyd gehad om te dink nie. My arme hart!!!

      Like

              1. Abrie het in ons eerste boek mooi netjies uit ons strikke gebly… in die tweede boek eet hy net so lekker aan die poeding en lê dronk in sy monnikkleed. Ek het hom met tye skoon jammer gekry 😕 Arme man!!!

                Liked by 3 people

        1. Wou mos vir myself so ‘n wulpse karakter loop skep het. As Hester dit vir die eerste hoofstuk gebruik is ek gelukkig klaar geskryf. Dink nie ek sien kans vir meer hyg as dit nie. 😄

          Liked by 1 person

  2. O nee, ek bel jou sommer! Hierdie is nonsens!!! Ben is lief vir jou, jy gaan verantwoordelik optree en met jou verstand kies! Kameel, kyk vir my! Lekkervurig, los die rokie. Help my, Kameel dink nie nou nugter nie.🙈

    Liked by 1 person

  3. Absoluut briljant Kameel. Jy moet regtig daaraa dink om in te skryf vir ‘n kreatiewe skryfkursus en ernstig begin skryf. Ek gaan vir jou ‘n ou weegskaal laat aflewer, dan maak jy vir Ben links vas en die Latin Lover regs. Ons moet kyk wie weeg die swaarste.

    Liked by 2 people

    1. Ek het jou regtig jammer gekry dat jy ons uit die gemors na vryheid moet skryf. Nou kyk ek maar op na jou vir leiding vir hierdie emosionele dilemma waarin ek my nou bevind. 😊

      Liked by 1 person

  4. OOOOOOOOOOOOOOo genade, Kameel nou het ek alles gehoor! Ek het nooit besef dat jou gevoel vir die Latino so “diep” getref het nie.Nou sit jy met die tamaletjie. Ben kan sorg, arme goedhartige man. Wat van die Latino? Ek dink hy kan dalk net n hartebreker wees wat wag vir sy volgende slagoffer. Daardie tripie na ons spesiale eiland waarvan daar gepraat kan dalk n uitkoms bring. Daar sal net behoorlik betplan moet word dat niks verlore gaan nie.

    Liked by 2 people

    1. Camilla het dit mos gewaag om George toe te gaan… dit nadat sy gereedskap op haar verleidelike manier uit manne gekry het. Een van die manne het haar herken, kopverloor en haar na sy huis toe gevat, en sy neef Ben opdrag gegee om haar op te pas (dit was die keer toe Aksimet my mond gesnoer het) Daar het sy natuurlik haar verleidelike taktiek op die neef toegepas. Eers het hy vir Camilla geval… maar met tyd deur hierdie persona gesien en Kameel lief gekry.

      Liked by 2 people

    1. Dankie perdebytjie. Ons gesittery langs die pad het te lank aangehou…. moes iets doen 😀😀😀 Sou Hester nou dit as die eerste hoofstuk vir haar hygroman gebruik, sal dit interessant wees om te sien hoe die ander hierdie saga gaan oplos.

      Liked by 2 people

        1. Ek sien ook nie kans vir enige verdere gehygery nie…. skryf maar net die storie verder. Die beste is ek het ‘n ewige “dislike” aan hyg of enige ander roman behalwe as dit ‘n classic is. Hoe nou gemaak?

          Liked by 1 person

          1. Ja, ons laat die storie afspeel in ‘n restaurant. Ons kook kos en dan bespreek ons die paartjies wat vir ‘n romantiese ete ingekom het. Hoe’s daai vir ‘n idee??? 😊

            Like

  5. Ai Camilla! Ek bedoel Kameel! Die tall dark en handsome het klaar al weer n ogie op iemand anders -Hester! Daardie passie is vurig en van korte duur. Ben is n boerseun reg grootgemaak deur sy ma. By hom sal jy veilig wees vir die res van jou lewe.

    Liked by 1 person

    1. Kom gooi jy nou ‘n emmer koue water oor my uit seegogga. Hester het haar hande vol met Pablo en Carlos. My Latyn gaan nie sy tande seker wees met Hester nie. Ek gaan bly hoop!!!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!