Wat sal my oumensgedagtes bly maak?

Sonell vra, wat sal jy eendag, as jy in die sonnetjie op die stoep sit, graag wil onthou? Ek wil dit graag uitbrei: Hoe sal ek graag wil hê mense moet my onthou?

Ek hoop my onthoue werk nog die dag as ek daar in die ouetehuis sit, dat die herinneringe wat ek opgebou het, nie verlore is teen daardie tyd nie.

Ek wil onthou dat ek my beste gedoen het, in wat ek ookal gedoen het. (Beslis nie in my studies destyds op universiteit nie, maar wel later in my lewe.) Ek wil lag oor die foute wat ek gemaak het, die flops, en bly wees oor dit wat ek wel reggekry het, eerder as om te sit en dink: hoekom het ek nie dit of dat gedoen nie.

Ek wil met vreugde aan my kinders en kleinkinders dink.

Wat my geloof aanbetref, wil ek soos Paulus sê: Ek het my bes gedoen. Ek het die wedloop voltooi, die wenstreep behaal. Ek het Jesus gesoek en ja, ek hét Hom gevind. Hy was my metgesel vir die grootste deel van my lewe. En juis daar sal ek dan aan die goue draadjie wil dink, hoe ek Sy Hand orals, deur goeie en swaar tye, kan sien.

Ag, ek wil nie ‘n oumens wees wat sit en kla nie. Ek hoop ek kan een dag met vreugde terugkyk, dat ek selfs daar in die ouetehuis vir mense hoop sal bring.

En mag ek tog al my rondritsery oor die wêreld onthou, lag vir wat ons alles aangevang het, hoe bang ek soms was, hoe waaghalsig soms. Mag ek met ‘n glimlag op my gesig sit en hekel.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

13 thoughts on “Wat sal my oumensgedagtes bly maak?

    1. Ek probeer, maar dan dink ek altyd aan my wiskunde onnie wat baie slim en aktief was en tog Altzheimers gekry het. My onthou is juis nie aldag so lekker nie, maar dis dalk eerder agv loskopheid.

      Like

      1. Hoe meer mens het om te moet onthou hoe minder onthou mens. Ek voel mens moet konsentreer op belagrike dinge en nie sommer klomp nonsies nie. My skryf tannie is 93 en sy vul steeds blokraaisels in. Praat oor sake van die dag en hou vreeslik daarvan om van al haar wedervaringe te vertel gedurende die oorlog en haar dae toe sy toere na verskillende plekke in die wereld geneem het. Steeds so helder as kan kom.

        Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord