Kameel – Twee vroue, ‘n hardkoppige man en ‘n gebreekte kompas

travel_rawangpostDit is my skoonsus se verjaarsdag en ons is oppad Flora kliniek toe om vir haar in die hospitaal te gaan kuier. Sy is die vorige week met longkanker gediagnoseer, en ses maande gegee om te lewe. By die Rivoniaafrit besluit Ken dis tyd dat die garmin aangesit moet word –  dié werk val altyd op die uwe – en loop gewoonlik op ‘n fiasko uit. Nee, die adres is klaar gelaai sit net die garmin aan, soek die regte plek en druk die “Let’s go” knoppie. Instruksies gee is maklik, maar dit is by die “doen” gedeelte waar die paw-paw gewoonlik die fan strike. Hierdie keer stel nie teleur nie, die garmin voeter om – die vrou se stem is stil toe sy moet praat -en ons ry verby die afrit waar ons moes afdraai.

Net daar op die besige hoofweg besluit Ken om sy selfoon se “maps” ook te raadpleeg. Nou het ek ‘n garmin en ‘n selfoon wat ek aan die praat moet kry – praat van multi-tasking. Die twee dames – met verskillende aksente – begin kort na mekaar praat, en albei is dit eens dat Ken terug moet gaan na die afrit waar hy verbygery het, waarop hy duidelik sê hy sal nie… kry ‘n ander pad. Net daar kon ek vir daardie twee dames gesê het dat al hul gepleit en gesoebat en gerecalculating niks gaan baat nie, as Ken gesê het hy sal nie, sal hy nie. Die bybel praat van ‘n kyfende vrou wat soos die gedrup uit ‘n huis se dak is wat lek – maar ek sê nou vir julle dit klink na ‘n babelse verwarring wanneer twee vroue bly kerm en kla dat ‘n hardkoppige man moet terugdraai na daar waar hy die pad byster geraak het.

En toe kry ek ‘n helder oomblik; die kompas in my kop wat van my geboorte af buite werking is (nog ‘n Mark Twain gesegte) skud die roes van hom af, en wys die rigting duidelik aan. Die twee dames sing nogsteeds hulle ou deuntjie maar ek weet beter, en glo dat Ken ook weet want ons is op bekende terrein. Tot my verbasing ry hy egter verby die bekende afrit, en draai iewers vorentoe regs. Heel duidelik is hy nou die rigtingbeduiwelde een; maar nog een vroue stem by die twee paniekerige dames s’n sal hom oor die afgrond stoot… dus swyg ek soos die graf. Tot die twee dames het nou moed opgegee en ‘n welkome stilte daal oor ons neer. Heelwat later verbreek Ken die stilte – ons is amper weer terug in Pretoria en ek moet sy suster bel en sê ons kom nie deur nie, ons het uit tyd gehardloop. Min wetend dat dit ons laaste gesprek sal wees bel ek my skoonsus. Sy verstaan, en sê twee keer vir my sy voel so gelukkig. Ek vra nie hoekom nie, en nou ‘n paar weke later wonder ek nogsteeds hoekom sy so gesê het.

Advertisements

25 thoughts on “Kameel – Twee vroue, ‘n hardkoppige man en ‘n gebreekte kompas

  1. Kameel – ek ken die Garmina en Man storie al te goed. Myne verdwaal al het hy haar ingestel. Ek sit en lees jou laaste sinne. Jou skoonsuster moes seker weet waar die lewe se padkaart haar na gelei het – huistoe. Ek dink dis waar haar geluk van gespruit het. Groete, jy laat my kop nou allerhande paaie loop.

    Liked by 2 people

    1. Dan verstaan jy die verwarring van al daardie gepratery en ‘n man wat ‘n ander koers inslaan. Ek sal so graag wil weet oor my skoonsuster; soveel jare se gebed vir haar en haar man… albei ongelowiges. Dis asof sy vyf voor twaalf ‘n hartsverandering gehad het. Ek voel ook sterk dat Jesus die rede vir haar blydskap was.

      Liked by 2 people

      1. Kameel, ek het jare ‘n Hospitium in Poloniekwane bestuur. Glo vir my 23h59,9999 is steeds tyd. Ons het self ervaar hoe ‘n Moslem oor die proses van afsterwe ons personeel toenemend oor JEsus uitgevra het. Sy sterwenswoorde was ons Here se naam!

        Liked by 3 people

        1. Ek glo so Toorts…. ek het haar in my hele lewe nooit die woorde “Ek is so gelukkig” hoor sê nie. Ek het baie met haar oor Jesus gepraat… en in die laaste tyd Ken ook. Ai, nou is dit Ken se broer aan Suidkus wat so siek is en vir Ken sê “what did Jesus know, he was only thirty years old…. if I’m wrong about him I’ll take the consquences.”

          Liked by 1 person

  2. As jy tussen die lyne lees, kry jy ‘n hartseer storie, ‘n storie van iemand wat jy graag sou wou gaan groet het. Maar die prentjie wat jy skets, is baie snaaks. 3 pratende vroue en ‘n hardkoppige man!
    En net mooi is vandag se daily prompt: Swallow.
    Swallow your words. 🙂
    Ek wou iets skryf oor die sluk van woorde wat die naweek gebeur het, en is so dankbaar dat jy geskryf het, dis die teken dat ek eerder my woorde moet sluk. 🙂

    Liked by 2 people

    1. Lag ek nou vir jou. Ja ‘n mens moet weet wanneer om stil te bly al weet jy ook jy is reg. Jy is reg… ons sou haar graag daardie laaste keer wou sien, en hoor hoekom sy so gelukkig gevoel het. Haar dood het almal onkant betrap. Ons het almal gedink daar lê nog maande voor. Sy het net die Saterdagoggend na ons fiasko Sondag vir haar kinders gevra om haar huistoe te neem…. sy wil nie maande in ‘n hospitaal lê nie. Dieselfde aand is sy in haar slaap oorlede.

      Liked by 1 person

    1. Dit was rêgtig baie erg daardie gepraat en gepraat…. net bly my man het nie albei by die venster uitgegooi nie. Ja, die lewe gebeur en ek dis een van die dinge wat mens wens het anders verloop.

      Liked by 1 person

  3. Kameel, ek ken jou nie, maar ek werk my lewe lank nog as ‘n nurse. Daar is min mense wat gelukkig is daardie tyd, die meeste is bang en alleen. Die feit dat sy vir jou dit gesê het dat sy so gelukkig is, moet vir jou troos want daar is net een rede hoekom mens so voel dan en dit is oor dinge met jou en die liewe Vader reg is.

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s