Daardie wildernispad

Ons het almal ons stukke wildernispad.

Soms voel dit vir my of ek ‘n halwe tree vooruit gee, net om dan weer drie treë agteruit te gee op my wildernispad. Soms voel dit of ek tog kan begin gemakliker loop, net om dalk weer in ‘n tak verstrengel te raak.

Ek voel of ek drie millimeter vorentoe beweeg. Ek sien God se hand in my eie lewe, sommer op alledaagse plekke. Ek staan in verwondering as ek sien hoe God mense bevry op die wonderbaarlikse manier.

‘n Medeblogger, vir wie ek baie lief is, terloops, ek is regtig lief vir my blogmats, stuur vir my hierdie video (Ek wou graag erkenning gee aan die oorspronklike kunstenaar, maar ons kon die skakel nêrens kry nie.):

(Intussen het ek dit op Facebook gesien)

Nog is het einde niet. Kyk wat skryf Liefgodgrootliks: Dat ons ‘n God die wat krag het, baie meer krag as die duiwel wat alles wil beduiwel. Dat God ons deur die wildernis sal kry, net soos Hy in die video vir Moses en die Israeliete gehelp het deur die Rietsee.

Wat my nogals opgeval het in die video, was eerstens, hoe Moses sy krag by God loop soek het, maar dat hy die geloof gehad het om die stok in die water te steek, iets wat mos eintlik in ons gewone terme laf is. Wat sal dit nou help?

Maar God verwag van ons om ons hulp by Hom te soek en dan dalk die lawwe ding te doen wat glad nie sin maak nie, omdat ons op Hom vertrou. Hy is die Een wat ons reuse verslaan, Hy is die een wat ons deur die wildernis help, Hy wil daardie verhouding met ons hê, Hy wil ook ons geloof, ons afhanklikheid, ons vertroue, ons gehoorsaamheid sien.

Toortsie, as God Hom so oor en oor herhaal, kyk fyn, hoor! Hy wil vir jou iets sê, hoor! Maak oop daai ogies en oortjies. Dit lyk my God wil vir jou sê, vertrou net op Hom, saam met Hom kom jy deur enige wildernis.

Hoor jy ook, liewe leser? Wees net aan die sy van die Regte Een. En nog iets: Daar waar jy die platste geslaan is, as jy dan aan die Here se sy is, word jy juis daar die meeste verhoog.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Advertisements

9 thoughts on “Daardie wildernispad

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s