Iemand vra vir Google vir Bantingsopresepte en natuurlik is die regte plek om te soek, net hier!
Toe ek begin Bant het, was sop vir my ‘n groot uitdaging. Ons boere eet graag sop in die winter en ek het graag boontjie- en ertjiesop gekook. Toe kom Banting en daar vlug boontjie- en ertjiesop by die deur uit!
Hoe nou gemaak?
Nou is dit amper vier jaar later sedert ek begin Bant het en is sop glad nie meer ‘n probleem nie. So hier en daar het ek van my sopresepte hier op die blog beplaas, en as jy op die ingekleurde woord kliek, sal jy by dit uitkom:
Daar is ‘n baie lekker Spinasie- en botterskorsiesop.
Lank gelede het ek ‘n bloginskrywing gemaak oor sop, dit was voor Banting. Dis geplaas met die gedagte aan ‘n blogmaat wat ‘n vegetariër is, dus is al daardie resepte nie Bantingviendelik nie. Gaan kyk gerus daarna, daar is wel van die resepte wat jy net so kan gebruik, maar ek sal dit natuurlik ‘n bietjie wil opkikker met spek of room om die voedingswaarde te verhoog. Die boontjiesop is beslis nie geskik vir Banting nie, maar die Weigh-Less vrye groentesop kan jy net so maak, gooi net room by! Die vinnige broccolisop sal ook kan werk, maar ek het deesdae ‘n baie lekkerder broccolisop spesiaal vir Banters, wat ryk en romerig is.
HIER kan jy kyk vir ‘n heerlike groentesop, geskik vir Banting. Ryk en lekker! Mmmmmm
En dan kan jy natuurlik in Toortsie se Bantingboerekos kyk vir ‘n heerlike Broccoli- en speksop, ek was al op die TV met hom; die Banting Spinasie-botterskorsiesop, Groentesop en Sampioen- en speksop. In Hier’s die Toortsie weer! is daar ‘n Ryk en romerige blomkoolsop en ‘n Hoender- en bloukaassop. Sjoe! Hoe lus kry ek ook nou vir sop, dit lyk juis of die winter lus het om nader te kruip.
Beide hierdie boeke is tans op promosie en kan vir ‘n spesiale prys by my bestel word.
Intussen, geniet jou Banting. Lekker eet!
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Kyk, hierdie winter gaan jou sop resepte in ons huis ń prioriteit wees.
LikeLike
🥂🥁💃 Los maar die ‘ekstra’ kruietjies, hoor! 😁
LikeLike
Mmmmm. Is jy seker?😉
LikeLike
Aaaaggg, nes jy wil, maar net ‘n bietjie, hoor! 😂
LikeLike
🙈🙈🙈Toorts, oor my man se dooie liggaam sal dit gebeur! Bertus is betrokke saam met die polisie om dwelms uit skole te hou, so voor hom mag mens nie eers grappies daaroor maak nie!
LikeLiked by 1 person
Ai toggie! 😁
LikeLike
Lyk heerlik!!
LikeLike
Ek eet sop, somer en winter. Vandag, lekker pampoensop. Weet nie, of dit jou goedkeurong wegdra nie. Pampoen, bietjie uie en room?
LikeLike
Dit klink uit ‘n ander wêreld! Mmmm
LikeLike
Ek wil bestelling plaas asb. ☺
LikeLike
Capitec
MA Burger
Rekeningnr: 1456001815
Takkode 470010
Jou naam as verwysing
R170 per boek.
Combo R330
Dan het ek jou posadres en selnr nodig. Jy kan dit vir my sms na 082 563 8351.
Dankie!
LikeLike
Dankie Toortsie, en nee ek het nog nie oorbetaal nie. ☺
LikeLike
Als reg. Iemand het en ek weet nie wie nie. Dis seker nog van die Bootcamp se mense.
LikeLiked by 1 person
Iemand het vir my geld oorbetaal vir boeke? Was dit dalk jy?
LikeLike