Uitnodiging aan suksesvolle Banters

Ek het by die Banting Bootcamp in Koringberg iets baie belangriks besef: Verskillende mense doen Banting verskillend en om verskillende redes.

Ek het begin Bant omdat ek oorvet was en wou gewig verloor. In die proses het ek ook my gesondheid teruggekry.

‘n Ander vriendin het begin Bant weens gesondheidsredes en in die proses gesond geword en haar gewig en lewenslus ook teruggekry.

So het elkeen sy eie storie. Suksesverhaal.

Ons sien baie before/after foto’s op die Faceboekgroepe, maar so min ons weet regtig mekaar se storie.

Nou nooi ek jou uit:

Wil jy nie jou Bantingsuksesverhaal vir ons vertel nie? Skryf jou verhaal en stuur dit asseblief vir my. Ek wil dit graag hier op die blog plaas sodat dit ander mense kan inspireer.

Hier is so ‘n paar reëls, as jy dit wil doen:

  1. 400 woorde maksimum
  2. Ek mag dit taalkundig edit.
  3. Jy mag ‘n Before/After foto insluit, maar dit gaan eerder oor jou storie.
  4. Vertel hoekom jy begin Bant het.
  5. Brei uit oor die Bantingpad wat jy gestap het.
  6. Wat was vir ou moeilik? Maklik?
  7. E-pos dit aan my: madeleburger@gmail.com
  8. Meld of ek jou naam mag noem en of jy verkies om eerder anoniem te bly. Jy moet egter vir my jou naam gee.
  9. Die keuse berus by my of ek dit gaan plaas of nie.
  10. Ek vertrou dat geen kansvatters gaan deelneem nie.

Hoe lyk dit? Gaan julle dit vir my stuur?

Ek sien uit na julle suksesstories.

Groete

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Advertisements

4 thoughts on “Uitnodiging aan suksesvolle Banters

  1. Ek volg graag jou banting posts. Het nog nooit gebant nie, het geen idee wat dit behels nie. Maar nou sukkel ek om gewig te verloor en ek moet 11 kilo’s verloor. Ek het vir die afgelope jaar plato en ten spyte van gesond eet en gereeld oefen, NIKS. En boonop het ek intussentyd opgehou rook so volgens kenners het dit ook ‘n effek op gewigsverlies! Wat sal jou raad wees aan iemand soos ek, waar begin ek as ek die banting leefstyl wil begin?

    Like

    1. Hello Andorize. Dankie vir jou navraag. Jy kan gerus op my kategorie ‘Banting’ kliek. Ek dink jy sal baie antwoorde daar kry.
      Dit gaan mos daaroor dat jy alle suiker en stysel uitsny en jou vetinname verhoog. Groente by elke ete.
      En dan kan ek regtig Toortsie se twee Bantingboeke aanbeveel. 😁❤️

      Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s