Engele op my pad

So sorg die Here altyd vir engele op my pad. Ongelooflik.

Ek kom Maandag by my haarkapster en vertel haar van die Banting Bootcamp en dat ek nou gou die tiramisu moet gaan mask sodat dit goed set voor ons Dinsdag die lang pad vat.

‘Mag ek maar kom kyk hoe jy dit doen’, vra sy. Natuurlik mag sy kom!

Sy glip net daar uit haar salon en help my om die regte bakke te kies, kyk dat die gelatien mooi spons, gee hier ‘n wenk, daar bietjie hulp.

By die Bootcamp weer, hardloop dinge deurmekaar. Ek kook broccolisop, hou my praatjie, die mense vra vrae, wil boeke koop, alles tegelyk en my kop raak deurmekaar. Ek, wat gewoonlik die geld hanteer by die basaar, kan skielik nie somme maak nie. En skielik is Ena daar en sy hanteer sommer die verkope en alles verloop dooddollies!

En toe ek die bestanddele vir die broccolisop regsit, sien ek dat die vars room wat ek gekoop het, nie daar is nie. Sal daar nie ‘toevallig’ ‘n hele houer room in die bootcamp yskas staan nie?

So sorg die Here, want soos Ursula soveel keer kom skinder, kan my dinge soms deurmekaar loop, maar eintlik bekommer ek my nie, want die regte persoon is altyd op die regte oomblik net daar op my pad.

Groetnis, Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

3 thoughts on “Engele op my pad

Laat 'n boodskap na travel460 Kanselleer antwoord

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s