Die Banting Bootcamp en die gefrangelikoliseerde tiramisu

So is ek en manlief toe Koringberg toe vir ‘n Banting Bootcamp. Beslis ‘n eerste vir my. Wát ‘n belewenis!

Gisteraand het ons saam gebraai en vanoggend 7 vm het die span aangemeld vir ‘n 5 km stappie op die plaas.

Ná ontbyt het Bregda eers háár Bantingverhaal vertel en toe is dit die Toortsie se beurt. So tussen die praat deur, het ek gekook aan ‘n pot broccolisop, waaraan almal toe geproe het toe dit gaar was.

Namiddag was dit weer my beurt en toe het ons prakties geraak: Hoe begin jy Bant, waarvoor moet jy oplet, wat is die slaggate. Uit die gehoor het mense ook sommer bygelas, die atmosfeer was heel ontspanne.

En toe was dit tyd vir die gefrangelikoliseerde tiramisu. Van die Frangelico-deel het ek hul nie vertel nie, ook nie hoe opgewonde dit die Towerinne maak nie, dis mos eintlik ‘n bloggersgeheim en ek is nie seker of hulle dit sou verstaan nie. Ek het probeer om vir een dame te vertel, maar kon die verwarring in haar oë sien en het toe maar eerder verder gelos. Dit was ‘n netjiese funksie en ek het my mos gedra, of hoe!

Maar Toortsie se goed is mos nooit sonder voorval nie, dis mos ‘n gegewe. Die mense het almal al mooi netjies op hul stoeltjies gesit die oggend, toe Toortsie met ‘n bak kaas vir die sop inkom. En daar slaan ek neer voor almal! What an entrance!

Hier is die beloofde reseppie (Kliek op die foto en dan behoort jy hom te kan vergroot):

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

40 thoughts on “Die Banting Bootcamp en die gefrangelikoliseerde tiramisu

    1. Nee, mooi elegant geval. Dis van daardie tafels wat die bankies daaraan vas is. Ek het gestruikel oor die plankie. Val op die bankie en sit die kaas so in die valslag neer. Die arme gaste het groot geskrik. Ek het hul gewaarsku dat dit dalk nog ‘n keer of wat kan gebeur, hul moet net rustig wees.
      Ja, dit was suksesvol. Die Here se genade was groot.

      Liked by 1 person

  1. Jammer Toorts maar jou vallende “entrance” maak vir ‘n komiese prentjie 😀😀😀😀😀 Dis mos een van my swak punte dat ek dit baie snaaks vind as mense val. Soos reeds gesê bly alles het VERDER goed verloop.

    Liked by 1 person

    1. Ja man, die ys is toe sommer gebreek. Gaste geskk, maar ek het hul gewaarsku dat dit dalk nog 3 keer gaan gebeur, hul moet maar net ontspan. Ek het ook gelag!
      Vir Toortsie kan mens mooi aantrek, maar nie waag om iewers te neem nie!

      Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!