Ek lees graag blograad, raad wat ander bloggers gee om ‘n suksesvolle blog te hê. Elke blogger het maar sy eie idee wat sy blog laat werk, ons almal verskil mos maar, ons lesers verskil ook.
Behalwe natuurlik, dat jy moet probeer om nie te veel spelfoute te maak nie en dat jy jouself moet bekendstel by ander blogs deur kommentaar te lewer op hulle stories, is daar baie wat sê dat ‘n mens se blog een tema moet hê.
Hier is baie mense wat dit regkry, soos die pragtige natuurblogs wat hier is en Coetzee se interessante stories oor dit wat hy in sy wêreld beleef. Rondomtaliedraai se inkopies. Dis almal blogs wat ek baie geniet.
Maar vir my, Toortsie is dit ‘n onmoontlikheid om een tema te hê. Ja, ek hét ‘n tema: My bloginskrywings moet sover as moontlik positief en opbouend wees, en my Christelike waardes weerspieēl, al skryf ek nie in elke blog daaroor nie. Dis redelik waar dit stop.
As ek slegs een tema moes gebruik, sou ek seker sewentig verskillende blogs moes hê en kan julle julle die chaos voorstel?
So, my blog is ‘n mengelmoeskardoes, want ek is ‘n mengelmoeskardoes. Jy moet altyd gereed wees vir ‘n verrassing of ‘n kinkel in die kabel, of dalk nie!
Intussen sê ek dankie vir elkeen wat hier lees, elkeen wat hopelik hier ‘n toffie of suiglekker of soutigheidjie kry waarvan hulle hou.
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
Ja nee… jy druk jou hand in die swietspakkie, en het nie ‘n idee wat daar gaan uitkom nie.
LikeLiked by 2 people
Lekker, né? As al die swiets nou dieselfde moes wees, het julle my kaaaaankal begrawe.
LikeLiked by 1 person
Ja nee Toorts…. dis definitief nie jy nie. Each to himself soos hulle sê.
LikeLiked by 1 person
Ek hou ook van ‘n verskeidenheid, want dis altyd ‘n verrassing wat volgende kom.
LikeLiked by 2 people
Soos wanneer kom perdebytjie se toweropstal episode…. want ons sit op die punt van ons stoele in afwagting!!!
LikeLiked by 1 person
Ek het dit klaar gepos Kameel. Ek wonder hoekom sien julle dit nie, want omtrent niemand het nog gelees nie.
LikeLiked by 3 people
Sal weer gaan kyk.
LikeLiked by 2 people
Ek het al ver heen gelees, maar moet gou regmaak vir die bootcamp. Sal vsnmiddag behoorlik lees as ons op pad is. ❤️
LikeLiked by 1 person
Geniet jou voorbereidings!
LikeLiked by 1 person
❤️
LikeLiked by 1 person
Perdebytjie, ek het begin lees asn jou Toweropstalstorie en besef, ek wil elke woord lekker rustig geniet. So, ek bêre hom vir netnou as ons op die pad is. Jy jet jouself oortref!
LikeLiked by 1 person
Soms, as ek die dag regtig nie weet waaroor om te skryf nie, kry ek inspirasie by julle klomp se verskillende onderwerpe. Te wonderlik hoe mense mekaar eintlik help.
LikeLiked by 2 people
Ek is mal oor die bloggers. Julke verryk my lewe.
LikeLiked by 2 people
Ek dink persoonlik dat so ‘n mengelmoes baie interessant is uit die oogpunt van leser, want daar is altyd die element van die onverwagte. Op my eie blog het ek drie afdelings, maar dit het in onbruik geraak, bloot omdat dit eenvoudiger is om bloot te blog en klaar. En glo dit vry, die mandjie waarin al my blog deesdae beland, heet… Mengelmoes!
LikeLiked by 1 person
😁💃
LikeLike
‘n Mengelmoes is ook ‘n tema en ek neig ook om te praat oor alles en nog wat – gewoonlik iets uit my daaglikse lewe. Die mengelmoes hou die geselskap lewendig en interessant. Geniet die Bootcamp.
LikeLiked by 1 person
Dankie. Op pad nou met bakkevol gefrangelikeerde poeding. Matig gedoen. Sonder ekstra sopies! 🥂
LikeLiked by 1 person
Dan gaan die Bootcamp geen pret wees nie.
LikeLike
Ai toggie! Wat vertel jy my nou!
LikeLiked by 1 person
haha
LikeLiked by 1 person
Ek dink ek moet maar ‘n paar van die Towerinne invoer, maar aan die ander kant is ek nie seker of ek dit kan waag nie! 😱
LikeLiked by 1 person
Whaha, jy’s braaf
LikeLiked by 1 person
Ag Toortsie. Ons is so baie dieselfde. Ek kan ook nie by een tema hou nie. Dit raak vervelig. Ek is mal oor jou inskrywings en wens ons kon bietjie kuier oor ‘n koffietjie. Wie weet, dalk loop ons mekaar eendag raak. Hou so aan, jy doen uitstekend!
LikeLiked by 1 person
Danke. Die koffie klink lekker.
LikeLiked by 1 person
Ons sal plan maak 😉
LikeLiked by 1 person