Mengelmoeskardoes

Ek lees graag blograad, raad wat ander bloggers gee om ‘n suksesvolle blog te hê. Elke blogger het maar sy eie idee wat sy blog laat werk, ons almal verskil mos maar, ons lesers verskil ook.

Behalwe natuurlik, dat jy moet probeer om nie te veel spelfoute te maak nie en dat jy jouself moet bekendstel by ander blogs deur kommentaar te lewer op hulle stories, is daar baie wat sê dat ‘n mens se blog een tema moet hê.

Hier is baie mense wat dit regkry, soos die pragtige natuurblogs wat hier is en Coetzee se interessante stories oor dit wat hy in sy wêreld beleef. Rondomtaliedraai se inkopies. Dis almal blogs wat ek baie geniet.

Maar vir my, Toortsie is dit ‘n onmoontlikheid om een tema te hê. Ja, ek hét ‘n tema: My bloginskrywings moet sover as moontlik positief en opbouend wees, en my Christelike waardes weerspieēl, al skryf ek nie in elke blog daaroor nie. Dis redelik waar dit stop.

As ek slegs een tema moes gebruik, sou ek seker sewentig verskillende blogs moes hê en kan julle julle die chaos voorstel?

So, my blog is ‘n mengelmoeskardoes, want ek is ‘n mengelmoeskardoes. Jy moet altyd gereed wees vir ‘n verrassing of ‘n kinkel in die kabel, of dalk nie!

Intussen sê ek dankie vir elkeen wat hier lees, elkeen wat hopelik hier ‘n toffie of suiglekker of soutigheidjie kry waarvan hulle hou.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

25 thoughts on “Mengelmoeskardoes

  1. Ek dink persoonlik dat so ‘n mengelmoes baie interessant is uit die oogpunt van leser, want daar is altyd die element van die onverwagte. Op my eie blog het ek drie afdelings, maar dit het in onbruik geraak, bloot omdat dit eenvoudiger is om bloot te blog en klaar. En glo dit vry, die mandjie waarin al my blog deesdae beland, heet… Mengelmoes!

    Liked by 1 person

  2. Ag Toortsie. Ons is so baie dieselfde. Ek kan ook nie by een tema hou nie. Dit raak vervelig. Ek is mal oor jou inskrywings en wens ons kon bietjie kuier oor ‘n koffietjie. Wie weet, dalk loop ons mekaar eendag raak. Hou so aan, jy doen uitstekend!

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!