Toe bel hy

Dis mos Banting Bootcamp hierdie week. Woensdag, om presies te wees. Eintlik begin die kuier al môre.

My praatjies is reg, gelukkig tog! Ek het alles mooi beplan, weet wat ek wanneer moet doen.

Maar dit beteken nie dat ek ‘n rustige Maandag en Dinsdag voor my het nie! Maandae is mos gewoonlik rof hier by my, danksy my gependel. Gisteraand het ek al geweet vandag gaan woes wees.

My beplanning is fyn gedoen, ook wat die huishulp, wat altyd Maandae inkom, aanbetref. Ek wil haar juis vra om sommer môre ook in te kom, die werk is bietjie meer as normaal. Bietjie baie meer. Beide van ons sal vandag mooi moet kophou. Sy was verlede week siek ook nog, so die werk is ‘n week agter.

Intussen kom daar nuwe goetertjies by wat ook dringende aandag verg, maar met kophou, kan ons dit doen.

Toe kom die telefoonoproep vroeg vanoggend: My huishulp is in die hospitaal.

Nou ja, dis sulke tye wat ek dan sommer loop sit en blog!

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

14 thoughts on “Toe bel hy

  1. Dis nou glad nie snaaks nie. Verlede week het my huishulp nie gekom nie sy was kliniek toe. Raai wat sy daag toe vandag nie op nie… sy is siek. Die voëlnes staan op sy kop. Watse voorspooksels het jy loop maak?

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!