Beteken aftrede rus?

Vir baie mense beteken dit dat as hulle aftree, hul gaan ‘rus’, wat dit ook al beteken.

Ek wil graag aftree. Dís nou wat my ‘amptelike’ werk aanbetref as die administratiewe beampte van ons boerdery. Met die aftrede in gedagte, het ek oor tyd al begin om van my pligte te allokeer na ander mense, op verskillende maniere.

Dis elke keer vir my vreemd as iemand hoor ek wil aftree, en hulle noem dan dat ek wil gaan rus.

Rus? Huh? Hoe bedoel mevrou dan nou? Ek is nog myle ver van RUS af en dis beslis nie hoekom ek wil aftree nie!

O ja, ek sal dalk in die oggend ‘n bietjie later lê, of eerder, later opstaan. Ek sal dalk meer goedjies vind om sommer in my bed af te handel, soos rekenaargoedjies. Dalk kry ek meer kans vir lees, maar die rede hoekom ek wil aftree, is nie om te RUS nie! Ek wil juis LEWE!

Ek het so baie in die lewe wat ek doen en graag wil doen, ek is altyd besig om nuwe goed uit te toets, nuwe dinge aan te leer, myself te ontwikkel deur kursusse, en wat nog alles. Al die jare het ek dit gedoen en het ek tydjies afgeknyp om dit te doen. Die ding is, my werk meng in met my lewe!

So, aftree met die doel om te rus? Nog laaaank nie! Dis te sê, as die die Here se wil is!

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

21 thoughts on “Beteken aftrede rus?

  1. Ek het afgetree, maar dat ek rus, glad nie. Doen dalk meer, wat ek wil en ons ry meer rond, as voorheen, dit is so. As jy meer van die huis af weg is, is daar meer om te doen, as jy terug is. Wat ek voor moeg is, is almal wat vra: Nou wat doen jy, die hele dag?

    Liked by 2 people

    1. My man gaan nog nie aftree nie, iemand moet werk ook! Dit gaan my net meer tyd gee om dalk saam met hom op die plaas rond te ry. Ja, ek dink nie mense besef regtig wat iemand anders regtig doen nie.

      Like

  2. Ek is nou presies 20 jr afgetree. Nee, geen tyd vir rus nie. n Heerlike interessante lewe so besig dat ek wonder waar het ek tyd gevind vir n voldag werk. Byt vas, Toortsie, die beste jare wag.

    Liked by 2 people

Lewer kommentaar op Toortsie Kanselleer antwoord