Skuld en hulp

Eendag, baie lank gelede, het iemand hierdie in ‘n kommentaar op een van my bloginskrywings geskryf:

‘Dit voel of die Here my vergeet het, eks moedeloos verby, ek wil nie twyfel nie, maar hoe, waarheen, hoe vertel ek my man ek kan nie my skuld betaal nie, as jy weet hy kan dit nie vir jou betaal nie, ek smeek en bid aanmekaar, bid ek verkeerd, se ek die verkeerde goed? ek weet nie meer nie, ?’

En dit was my antwoord:

Liewe Xxx, ek belowe jou God het jou nog nie vergeet nie. En Hy sal nooit! Hou aan om Hom te soek, Hy laat Hom vind deur hulle wat Hom soek.

Die skuldprobleem is natuurlik ‘n ander onderwerp.

Dis NIE God se skuld dat jy te veel skuld het nie. God gee vir ons die vryheid van keuse en dis ons wat die regte of verkeerde keuses maak.

Eerstens sal dit regtig goed wees as jy met jou man hieroor praat, selfs al kan of sal hy dit nie terugbetaal nie.

Dalk kan julle saam aan ‘n oplossing dink. Twee koppe is altyd beter as een.

Het julle dalk gesamentlik baie skuld?
Dan moet jy al jou skuld (ALLES!!!! Kredietkaart, klere, juwele, meubels, ………………..), die groot EN die klein bedraggies neerskryf.

Hoeveel kan jy in ‘n maand bekostig om terug te betaal?

Gaan praat met die skuld-eisers en verduidelik vir hulle jou probleem. Verduidelik aan hulle dat jy hulle graag almal wil betaal.

Verdeel die bedrag wat jy kan betaal, in verhouding tussen die skuldeisers. Dié vir wie jy meer skuld, kry ‘n groter porsie van die terugbetaalbedrag, die kleineres, dalk minder.

Of dalk kan jy van die kleineres vinniger afbetaal sodat jy oor tyd meer geld het vir die groteres?

Aanvaar dit as hulle vir jou sê dat hulle rente gaan hef. Verduidelik dat dit dalk langer sal neem maar dat jy hulle almal graag wil terugbetaal.

Die heel belangrikste: JY MOET HULLE DAN BETAAL SOOS BELOWE!! Moenie EEN maand oorslaan nie!!!

Op so ‘n manier verseker jy dat jou naam nie op ‘n swartlys geplaas word en jou kredietwaardigheid in gedrang kom nie.

Kan jy dit nie op jou eie doen nie? Gaan dan na ‘n skuldberader sodat hy jou kan help. Daar IS hulp! Maak gebruik daarvan as jyself nie gaan deurdruk nie.

Stap 2: MOENIE NOG SKULD MAAK as jou skulde begin minder word nie!! Jy MAG nie!! Wees STERK!!

Doen dit in samewerking met jou man. Wees oop oor julle finansies. Vertrou mekaar.

Vertrou julle nie meer mekaar nie? Dan moet daardie vertroue herwin word. Gewerk aan word.

Die beste tyd om God aan te roep is NOU. Vra Hom om jou te help in hierdie krisis. Vra Hom vir duidelikheid sodat jy die regte besluite kan neem.

Vra Hom die wilskrag om vas te byt en jou skuld te vereffen. Vra Hom veral om jou te genees dat jy nie weer skuld sal maak nie!!

Nooi Hom om heerser oor jou finansies te wees. Moenie aan Hom goed belowe wat jy in elk geval nie kan nakom nie. Maar Vra Sy Hulp!!

Baie sterkte. Hierdie is nie die einde nie, dis die BEGIN!! 🙂

Dalk beteken dit vir iemand iets. Ek onthou sy het nogals kom rapporteer. Dit het vir hulle gewerk.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Advertisements

10 thoughts on “Skuld en hulp

  1. O ken ek nie hierdie pad nie. Net ek het drie keer die bankkaarte self gevat en die persone uit die gemors gehelp deur die werk vir hulle te doen. To no avail…. toe gooi ek maar handdoek in.

    Like

Gesels saam, asseblief!

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s