Dis ‘n hopelose saak

Ek is só bly Hester gly nou weer, want tans gly ek nie so lekker nie. Kyk, tegnologie is ‘n wonderlike ding. Solank hy werk. Dán loop alles klopdisselboom. Maar as hy, tegnologie, die dag dikmond raak, as hy sy eie idees in sy kop kry, is dit ‘n ander storie.

Genadiglik glo ek nie aan Name & Shame nie, anders het ek my eie naam darem krater gemaak! Gelukkig was ons internet ook af, so ek kon nie die oorspronklike bloginskrywing publiseer nie.

Ons internet was die afgelope week pateties. Ek het die diensverskaffer allerhande name genoem en die plaasvervangerdiensverskaffer ingevlieg. Eers was dit doodstadig en toe heeltemal dood.

My Microsoft, wat ek hernu het, is afgeskakel. Toe begin ek om die een lêer na die ander na Google Docs oor te dra, net om sonder internet met my hande in die hare te sit.

Vodacom is ook net ‘n asempie, en met Edge is internet ‘n saak van onmoontlikheid.

Toe ontdek ek: Ek het nie regtig Microseft hernu nie en die internet blyk toe ‘n interne foutjie te wees. Kon hul my nie al die eerste keer gesê het toe ek die probleem gerapporteer het nie? Toevallig was hulle juis toe aan die werk aan die netwerk!

Nou ja, nes Hester, dink ek ek gly ook darem weer.

Groetnis

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

11 thoughts on “Dis ‘n hopelose saak

  1. Ek is bly jy’s weer trugoppielug. Ag die ou foutjies, jy weet … ek kon nie vandag verstaan hoekom ek nie dokumente kan druk nie. Dit het nogal ‘n rukkie geneem om te besef dat ek nog nie my drukker herinstalleer het op my nuwe laptop nie 😕

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!