Ons is mos besig met ‘n vervolgverhaal. Elkeen kry ‘n beurt. Gister was my beurt. Eintlik, as ek die reëls perfek gevolg het, moes ek dit vandag eers opsit.
Maar ek het my storie al sommer die eerste dag wat die vervolgverhaal begin het, geskryf en net hier en daar aangepas soos die verhaal ontvou het. By Scrapydo, wat voor my geskryf het, het dit gelyk of die gesprek al redelik klaar is en toe druk ek ‘publiseer’. Ek kon net nie meer wag nie.
Aanvanklik gebeur daar niks. Niemand lees eintlik nie of lewer kommentaar nie.
Tóé raak die lot aan die kuier en aan die gesels!
Waaroor moet ek bieg?
Ek kan min wys wat ek gister gedoen het. Ja, ek het ‘n bietjie gererk, ek was ook saam met my seun dorp toe, maar 80 persent van die dag het ek met my selfoontjie in die hand gesit, besig met die geselsery.
Ek wonder wat die nuwe sekretaresse gedink het?
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
toortsie mag mos met “haar” selfoontjie maak net wat sy wil…
LikeLike
Ja, maar daar is perke aan alles en hier sit ek al weer met hom!
LikeLiked by 1 person
ha ha ha, ek moet werk en nou lees ek skelmpies ander mense se blog terwyl ek hoop my p/a vang my nie uit nie.
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
Sy sal dink sy is aangestel om die werk te doen sodat jy jouself met hogere letterkunde kan besig hou.
LikeLiked by 1 person
Sy sien net ‘n vrou met ‘n selfoon in die hand. Môre dink sy dis hoe dit hier gedoen word. Ek sal my moet gedra!
LikeLiked by 1 person
Leer haar mooi: “Maak soos ek sê, nie soos ek maak nie”.
LikeLike
Ja, ek moet myself uit die kantoor verwyder, soos wat ek presies nou doen, dan kan ek maak wat ek wil. Sy is immers aangestel sodat ek kan aftree. 😝
LikeLiked by 1 person
Ek kan ook nie wag op my beurt nie, Toortsie! Ek probeer myself inhou, so ek verstaan jou haastigheid! Ek hoop net ons internet hou, want dis maar op en af hierso.
LikeLiked by 1 person
Gister was ons internet ook net ‘n fluistering, presies wat hul naam is!
LikeLiked by 1 person
Jammer maar ek moet hierdie antwoord nog by jou inskrywing stuur omdat dit belangrike inligting is.
Ek is telkens te laat omdat my ure so verskil.
Aha, uiteindelik is daar n opening vir my om nog n eiertjie te le! Eers Abrie, my goeie vriend, wat dink jy van die NZ uile? Hule meng nie in met SA uile nie. Porkie verlang hoeka huistoe na sy maatjie. Hul is mos lewenslange maters. Dan wat die kissie en journaal betref: dis soos Kameel se daar is n ander tonnel wat n tak van die tonnel is waarmee Sonel in Mosambiek uitgekom het. In daardie tonnel is die gat wat bo die waterlyn is en waarin die kissie met die joernaal is. So as Kameel en Sonel nou gaan soek moet hul eers die ander tonnel deel soek en dan ingaan. Wees net gewaarsku die twee spook omies boer ook in die tonnel omdat oupa groot Piet sy joernaal dophou.
LikeLiked by 1 person
Jy kan hierdie nog copy en by die ander inskrywing gaan sit. Dis nog oop.
LikeLike
Ek het toe so gemaak en was betyds.
LikeLiked by 1 person
Die meisietjie het seker maar gedink wanneer mense “oud” word keer hulle terug na hulle tienerstadium toe. 😊
LikeLiked by 1 person
😂 Die dame isomtrent my ouderdom en beslis nie aandagafleibaar nie. Ag dankie tog daarvoor! 😛
LikeLiked by 1 person
Ek moet saam met jou bieg. Hierdie vervolgverhaal-geselsery van ons is vir my heerlik. Ek bars kort-kort uit van die lag, verbeel my ek sien julle daar waar julle sit en op die kommentare reageer. Probeer ek hierdie nou aan manlief verduidelik, loop dit op ñ onsamehangende gebabbel uit. Goeiste, dis net julle klomp wat my regtig verstaan!☺☺☺
LikeLiked by 2 people
Una dis definitief net ons wat by Toweropstal betrokke is wat onsself daar kan inleef. Ek voel sommer hoe trek my bors toe, toe scrapy so ewe skryf ek gaan saam met Sonell by daardie skoorsteen af die kelder in. No way!!!! Probeer dit nou vir ander verduidelik en hulle sal dink ons is die kluts kwyt.
LikeLiked by 2 people
Kom ek en jy gaan bekyk gou weer daardie skoorsteen! Hel, ons moet net eers seker maak jy gaan veilig wees. Nou is ek ook hoogs bekommerd… Jy weet, mens is nie meer vandag se kind nie!
LikeLiked by 2 people
Nope…. ek kry Ben vir daardie werk!!! Wie is Ben 😁😁😁😁😁😁
LikeLiked by 2 people
Nee, moenie my weer aan die lag laat raak nie!
LikeLiked by 1 person
Una die snaakste is dat Toorts dit ernstig bedoel het. Ek kan jou amper wed daaroor. Sy het mos eenkeer op ‘n basaar haar eie naam vergeet toe sy haarself moes voorstel.
LikeLiked by 2 people
Ek weet sy was ernstig. En heel opreg en onskuldig. Sy het haar werklik bekommer oor die vreemdelinge waarvan sy heeltyd hoor!☺☺☺Ek wou Bertus so graag verduidelik hoekom hierdie petalje vir my so bitter snaaks was, maar die woorde kon nie vorm nie. Want hoe vertel jy nou oor die Toweropstal???
LikeLiked by 2 people
Ek het vir my man Abrie se fotos en die illusie wat dit skep gewys… en ook vertel ons skryf ‘n misdaad vervolverhaal daaroor. Maar verder probeer ek nie eers vertel nie…. want hy gaan nie kop of stert daarvan uitmaak nie. Eendag wanneer ek weer in George se wêreld is wil ek na die murasie gaan kyk. Ek sal julle almal daar sien… die parkhome de lot…. en die polieste 😀😀😀😀😀 Man ek dink nogsteeds dit sal ‘n lekker movie uitmaak.
LikeLiked by 2 people
Ons gaan bekend raak!
LikeLiked by 1 person
Of berug 😦
LikeLiked by 1 person
Julle kan nie spel nie. Jou man se naam is Ken met ‘ hoofletter K.
LikeLike
Kameel se man Ken kom nie naby daardie opstal nie…. hy sal my baie vinnig laat terugkom huistoe, en vir sielkundige hulp stuur.
LikeLiked by 1 person
😢
LikeLiked by 1 person
Maatjies maak nie so nie.
LikeLiked by 1 person
Ons lag net omdat jy vir ons te dierbaar is.xxx
LikeLike
❤️
LikeLiked by 1 person
Ja. Wie is Ben. Ek dog ons mag nie ons mans saambring nie! As ek my man saamgebring het, was hierdie sage nou al laaankal opgelos.
LikeLike
Vra vir Camilla!!!
LikeLike
Dit maak meer sin! 😁
LikeLiked by 2 people
Gaan lees weer by Kameel se heel eerste skrywe, daar iewers het sy Ben begin saambring.
LikeLike
Ja man, ek het darem eintlik geweet. ❤️
LikeLike
Dis mos die ou by wie sy die grinder gekoop het, of hoe? 😁
LikeLike
Nou sal ek eers weer moet gaan kyk. My geheue, Toortsie, hou veral nie met hierdie misdaad van ons by nie.
LikeLike
Nou sal ek eers weer moet gaan kyk. My geheue, Toortsie, hou veral nie met hierdie misdaad van ons by nie.
LikeLiked by 1 person
My bene is te lank, ek kan myself nie optrek nie. Ek gaan ook nie saam nie. Soos jy sê, ons los dit eerder vir die jonges.
LikeLiked by 1 person
😂
LikeLike
😂
LikeLiked by 1 person
Ek is darem nou weer nugter. Ek het mos GESE daardie kissie is nie in die tonnel nie. Hy is daar iewers inder die klippe – natuurlik waar die ander tonnel is!
LikeLiked by 2 people
Nugter met ‘n helse hoofpyn glo ek. Daardie kissie is ook ‘n towerkissie. Hy is dan hier en dan daar. Sal ek bly wees as iemand hom die dag vind. Jy wil mos nie saamskryf nie… nou bly die kissie ons ontwyk.
LikeLiked by 1 person
Ek sê dan kyk in die kombuis!
LikeLiked by 1 person
Daardie kissie met rooibostee en al is net weg. Ek is klaar met daardie kissie… iemand anders kan nou daarna soek. Ek gaan nou onder die boom sit met ‘n glasie van daardie heilige monniksappies… en lees.
LikeLiked by 1 person
EKWIL SAAMSKRYF MAAR EK WORD NNIE GETAG NIE, SO EK SKARREL MAAR SO TUSSEN ALMAL SE VOETE DEUR ( EK IS MOS ‘N SEEGOGGATJIE) EN SE MY SE OP DIE COMMENTS Hoop net nie iemand trap my raak nie, soos Toortsie amper nou die dag gedoen het na al daardie frangelico
LikeLiked by 2 people
Gaan na hesterkeynel.wordpress sodat sy jou iewers inskryf. Hierdie keer het ons ‘n lang, uitgewerkte plot gekry waarby ons moes hou.
LikeLiked by 1 person
Ek het nou vir haar gewhattsapp
LikeLike
Dan moet daar ‘n plan gemaak word. Hoe is jy dan nou misgekyk? Het jy jou naam by Hester ingegee vir saamskryf?
LikeLiked by 1 person
Ek het haar whattsapp gestuur
LikeLike
Uitgesorteer. ❤️
LikeLike
o seker daar waar ek die pot misgesit het.
LikeLiked by 1 person
Lees gou jou whattsap. ❤️
LikeLiked by 1 person
Dankie… ek dink jy het vir my ‘n iedee gegee! 😉 Vervolg verhaal! 🙂
LikeLiked by 1 person
Maar dit was nie net my idee nie! 😁 Al die bloggers het saam besluit.
LikeLiked by 1 person
Ek kry nie genoeg tyd om alles te lees nie… siek by die huis vandag en probeer ‘n bietjie opvang! 😉
LikeLiked by 1 person
Hoop jy voel gou beter.
LikeLike