Ek moet bieg

Ons is mos besig met ‘n vervolgverhaal. Elkeen kry ‘n beurt. Gister was my beurt. Eintlik, as ek die reëls perfek gevolg het, moes ek dit vandag eers opsit.

Maar ek het my storie al sommer die eerste dag wat die vervolgverhaal begin het, geskryf en net hier en daar aangepas soos die verhaal ontvou het. By Scrapydo, wat voor my geskryf het, het dit gelyk of die gesprek al redelik klaar is en toe druk ek ‘publiseer’. Ek kon net nie meer wag nie.

Aanvanklik gebeur daar niks. Niemand lees eintlik nie of lewer kommentaar nie.

Tóé raak die lot aan die kuier en aan die gesels!

Waaroor moet ek bieg?

Ek kan min wys wat ek gister gedoen het. Ja, ek het ‘n bietjie gererk, ek was ook saam met my seun dorp toe, maar 80 persent van die dag het ek met my selfoontjie in die hand gesit, besig met die geselsery.

Ek wonder wat die nuwe sekretaresse gedink het?

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

58 thoughts on “Ek moet bieg

  1. Jammer maar ek moet hierdie antwoord nog by jou inskrywing stuur omdat dit belangrike inligting is.
    Ek is telkens te laat omdat my ure so verskil.
    Aha, uiteindelik is daar n opening vir my om nog n eiertjie te le! Eers Abrie, my goeie vriend, wat dink jy van die NZ uile? Hule meng nie in met SA uile nie. Porkie verlang hoeka huistoe na sy maatjie. Hul is mos lewenslange maters. Dan wat die kissie en journaal betref: dis soos Kameel se daar is n ander tonnel wat n tak van die tonnel is waarmee Sonel in Mosambiek uitgekom het. In daardie tonnel is die gat wat bo die waterlyn is en waarin die kissie met die joernaal is. So as Kameel en Sonel nou gaan soek moet hul eers die ander tonnel deel soek en dan ingaan. Wees net gewaarsku die twee spook omies boer ook in die tonnel omdat oupa groot Piet sy joernaal dophou.

    Liked by 1 person

  2. Ek moet saam met jou bieg. Hierdie vervolgverhaal-geselsery van ons is vir my heerlik. Ek bars kort-kort uit van die lag, verbeel my ek sien julle daar waar julle sit en op die kommentare reageer. Probeer ek hierdie nou aan manlief verduidelik, loop dit op ñ onsamehangende gebabbel uit. Goeiste, dis net julle klomp wat my regtig verstaan!☺☺☺

    Liked by 2 people

    1. Una dis definitief net ons wat by Toweropstal betrokke is wat onsself daar kan inleef. Ek voel sommer hoe trek my bors toe, toe scrapy so ewe skryf ek gaan saam met Sonell by daardie skoorsteen af die kelder in. No way!!!! Probeer dit nou vir ander verduidelik en hulle sal dink ons is die kluts kwyt.

      Liked by 2 people

            1. Una die snaakste is dat Toorts dit ernstig bedoel het. Ek kan jou amper wed daaroor. Sy het mos eenkeer op ‘n basaar haar eie naam vergeet toe sy haarself moes voorstel.

              Liked by 2 people

              1. Ek weet sy was ernstig. En heel opreg en onskuldig. Sy het haar werklik bekommer oor die vreemdelinge waarvan sy heeltyd hoor!☺☺☺Ek wou Bertus so graag verduidelik hoekom hierdie petalje vir my so bitter snaaks was, maar die woorde kon nie vorm nie. Want hoe vertel jy nou oor die Toweropstal???

                Liked by 2 people

                1. Ek het vir my man Abrie se fotos en die illusie wat dit skep gewys… en ook vertel ons skryf ‘n misdaad vervolverhaal daaroor. Maar verder probeer ek nie eers vertel nie…. want hy gaan nie kop of stert daarvan uitmaak nie. Eendag wanneer ek weer in George se wêreld is wil ek na die murasie gaan kyk. Ek sal julle almal daar sien… die parkhome de lot…. en die polieste 😀😀😀😀😀 Man ek dink nogsteeds dit sal ‘n lekker movie uitmaak.

                  Liked by 2 people

    1. Nugter met ‘n helse hoofpyn glo ek. Daardie kissie is ook ‘n towerkissie. Hy is dan hier en dan daar. Sal ek bly wees as iemand hom die dag vind. Jy wil mos nie saamskryf nie… nou bly die kissie ons ontwyk.

      Liked by 1 person

        1. Daardie kissie met rooibostee en al is net weg. Ek is klaar met daardie kissie… iemand anders kan nou daarna soek. Ek gaan nou onder die boom sit met ‘n glasie van daardie heilige monniksappies… en lees.

          Liked by 1 person

      1. EKWIL SAAMSKRYF MAAR EK WORD NNIE GETAG NIE, SO EK SKARREL MAAR SO TUSSEN ALMAL SE VOETE DEUR ( EK IS MOS ‘N SEEGOGGATJIE) EN SE MY SE OP DIE COMMENTS Hoop net nie iemand trap my raak nie, soos Toortsie amper nou die dag gedoen het na al daardie frangelico

        Liked by 2 people

Lewer kommentaar op Kameel Kanselleer antwoord