Tiramihoe? Die Voortvlugtiges. Hoofstuk 4

Ai jai jai, dat ‘n poedinkie nou soveel moeilikheid kon veroorsaak!

Die polisie het hulle mos hier by Toweropstal kom staan en hardekwas hou, ondankbaar as jy my vra, as jy dink aan die lekker polisiepaartie wat ons gehou het. Toe raak dit my taak om hulle te paai, ék van alle mense! En wat julle nie besef nie, is dat as ek my vererg het vir iemand, het ek my vererg! Terloops, weet enige iemand dalk wat van Plasie alias Storieklong alias die man met die hoed geword het?

Maar julle moet julle nie misgis met Lekkervurig se oorredingsvermoë, Kameel se paai en Una se mooipratery nie. Die polisie het nie geweet wát hul getref het met dié dat Camilla aan die dans geraak het nie en Scrapy se spoke daarmee saam! Ek wens julle kon hulle gesigte sien toe hulle uit daardie kelder kom! Dít sal hulle leer!

Ekmyself het rustige musiek gespeel en ek en die koeie van die melkplaas het bedaar. Met ‘n spinasietert onder die arm het ek en Perdebytjie en Wegkruipertjie gou ‘n bietjie gaan ondersoek instel daar by die melkplaas en sommer die bure ontmoet ook. Alles lyk onder beheer en ek dink hul moet maar ‘n bietjie na hulle voermengsels kyk, die probleem lê daar, glad nie by ons musiek nie! Ons het sommer toe daar ‘n bietjie room gebedel vir eie gebruik.

Só kerm die bloggers al vir dae vir iets met skop. Die spinasietert is nou afgesaag, daar moet iets nuuts kom.

Al waaraan ek kan dink, is Tiramisu en het vir Abrie gevra om roomkaas en Frangelico van die dorp af te bring.

Frangelico! Abrie het verkeerd verstaan! Ek het ‘n kleine botteltjie gevra, maar hy kom toe hier aan met bottelsvol! Mans! 😟

Wel, álmal het kom help in die kombuis, álmal het help klits, polisie inkluis, en in die proses totaal omgeklits geraak en dit van spookskok en sopies Frangelico! Red nou ‘n nasie!

So, wat was dit nou weer wat ek moes maak? Tiramishu? Tiragelico?Tihraamihoe? Tiramishoeshoeshoe …

ShoeNellLe moeet nou mar verder versjel, ek ishie im shaatie.

Shoorsjie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

152 thoughts on “Tiramihoe? Die Voortvlugtiges. Hoofstuk 4

      1. Nee vra vir Scrapy en Kameel self oor die joernaal. Ek kon julle mos nie betyds waarsku nie, die polietste het vir ons mos onverhoeds betrep. Kameel en Ben en Scrapy moet weet waar……

        Liked by 1 person

        1. Dis hoekom ek wil weet waar die joernaal nou is. Volgens Ben het hy so groot geskrik dat hy die boeke wat hy in die ou kis gekry het net so laat val, en spore gemaak het. Die twee ou ooms het van ‘n kissie in ‘n gat gepraat wat almal misgekyk het. Met my dronkkop (nee ek praat nog heel normaal… dit het niks met Toorts se hoesenaamsedinges uit te waai nie) sukkel ek om die oortjie by die klou te bring.

          Liked by 1 person

          1. Wie is volgende aan dei beurt – hulle moet daai kissie kry anners gaan ons nooit by daai INgese ponde uitkom nie. Iemand moet teruglees en ons geheues verfris – ek kaggel en kunsmis te vreeslik baie hier in Poloniekwane vandag… groetnis

            Liked by 2 people

              1. Camilla Kameel, ek moet, die Rots is tot 7 Mei stywenekkie… nee man, julle moet vir Sonell daai spookgang laat af, daai joernaal is daar… en die geheim na die Ingelse ponde toe. Sonell, Sonell, kom in!

                Liked by 2 people

                1. Ag lekkervurig ek hoop jou stywenekkie is hanteerbaar. ‘n Man is mos ‘n man totdat pyn hulle in klein seuntjies verander. Ek is nou heel tevrede dat ek die draad van die verhaal weer opgetel het. Nou kan Sonell haar ding doen, en ek ontspan. Miskien moet ek nou ook maar ‘n slukkie van daardie edele monnikdrankie drink.

                  Liked by 4 people

                  1. Man, die stywenekkie is nou al weer amper homself, want die stut is nou ‘n spons ene. MAar ja, karnnallie stout en ongeduldig. Dankie tog vir hierdie Toweropstal pret. Ek laaik Abrie se Frangelliekoseer… lekkerte wat Toorts vir ons bewimpel het. Ek sien Sonell is hier rond.

                    Liked by 2 people

                    1. Ja, Sonell is nugter en gereed om daardie gat aan te durf. Baie nuuskierig om te sien waarmee kom sy terug.

                      Like

            1. Ek praat nog mooi duidelik nie? Geen tonggeslepery nie….. maar.slinger die slinger ek, en dit nie van jou roomtert met bottels vol hoesenaamsedinges in nie.

              Liked by 1 person

  1. Ek is geskok! Het die polisie geweet watse bestanndele in daardie Timahoesegoed geplaas is. Het die Frangelico ekstra kruietjies bygekry? – ek let op dat jy nie die resep hier bekend gemaak het nie. Ook maar bang, nè? Goed gerapporteer Toortsie, al het jou spraakvermoë jou hier op die einde in die die steek gelaat, haha.

    Like

    1. Nie jy ook nie scrapy!!! Hester jy sal moet terugkom…. die klomp haak alweer uit. Liewe Moses waar ek kyk lê, of slinger daar mense rond.

      Liked by 2 people

  2. Liewe land Toorts die kok moet sekerlik so nou en dan proe… maar nie so dat hy die kluts of is dit nou klits kwytraak nie!!! Ek sien almal aan die klits in die kombuis… en die prentjie verskaf my myle se plesier. Gaan lê jy nou maar met ‘n nat lappie op die voorkop… en weet net môre staan jy met ‘n hengse hoofpyn op.

    Like

  3. Yes!! Ek is ‘reeds hier agter om die hoek met die paadjie af verby die hoenners en skuins duskant die bure met hul stupid koeie wat sê dis als ons skuld’…hyg…hyg…hyg…aan die dans…bring die nat lappie saam Toortsie my asem raak kort met die dat my kommas en punte weggeraak het so tydens een van my klits sessies… ek meen beurte om te klits…

    Liked by 1 person

  4. Ek het nie verkeerd verstaan nie Toortsie. Ek het besluit dat jy die spanningsvlakke van ons hier by Toweropstal onderskat en het dienooreenkomstig die nodige medisyne voorsien. Poeding is sleg vir ‘n mens tensy dit gefranjelliekoseer* word.

    *Frangelliekoseer aldus die Woordeboek van die Afrikaanse taal beteken:

    “Die proses om iets wat die liggaam kan benadeel te verhef tot ‘n edele samestelling.” Hierdie werkwoord is afkomstig van die naam van die monnik wat daarin geslaah het om hierdie proses te verfyn en dit is dan ook waarom die bottel edel soos die monnik lyk:

    https://img.etsystatic.com/il/b8fb51/666537759/il_570xN.666537759_flyk.jpg?version=2

    Liked by 3 people

                1. Scrapy sê:
                  Jammer maar ek moet hierdie antwoord nog by jou inskrywing stuur omdat dit belangrike inligting is.
                  Ek is telkens te laat omdat my ure so verskil.
                  Aha, uiteindelik is daar n opening vir my om nog n eiertjie te le! Eers Abrie, my goeie vriend, wat dink jy van die NZ uile? Hule meng nie in met SA uile nie. Porkie verlang hoeka huistoe na sy maatjie. Hul is mos lewenslange maters. Dan wat die kissie en journaal betref: dis soos Kameel se daar is n ander tonnel wat n tak van die tonnel is waarmee Sonel in Mosambiek uitgekom het. In daardie tonnel is die gat wat bo die waterlyn is en waarin die kissie met die joernaal is. So as Kameel en Sonel nou gaan soek moet hul eers die ander tonnel deel soek en dan ingaan. Wees net gewaarsku die twee spook omies boer ook in die tonnel omdat oupa groot Piet sy joernaal dophou.

                  Like

  5. ñ Kissie… iewers het ek lank, lank gelede oor een gestruikel, een nag oppad bed toe toe die pad baie verder as normaalweg gevoel het. Daai, kissie, die struikel een, is te koop in my Bali negosie-stalletjie hier agter langs die container. Sekerlik nie die een waarna almal soek nie??? Hy is beskikbaar teen ñ bargain prys, maar ek het nie vir hom ñ sleutel nie. Ag wat, hier kom Toortsie, ons dans gou bietjie verder.

    Liked by 2 people

  6. Og, maar eintlik is daar klaar ñ koper vir hierdie spesifieke kissie. So ñ omie wat verbygekom het en vreeslik aan hom geskud het. Ek vra toe kwaai wat hy soek, toe loop hy net. Dêm ongeskik gewees, dis al wat ek weet. Maar ek sien hy wandel steeds diékant rond.

    Liked by 1 person

    1. Ek onthou nou, daar was ook ‘n vreemde kissie in die kombuis met ‘n spul simpel papiere in. Ek het die papiere weggegooi en bêre nou die rooibosteesakkies daarin. Klink my hier is meer as een vreemde kissie hier rond.

      Liked by 1 person

      1. Sjoe Toortsie, en intussen soek Kameel en Lekkervurig vreeslik na ñ kissie wat die twee ou oom spoke glo van gepraat het. En ñ joernaal… As ons netnou moeg gedans is, kom ons gaan haal jou teesakkie kissie en soek vir ñ geheime laaitjie of iets. Soos in die moewies. My kis staan hoog en droog op ñ rak, toegesluit. Wel, ek hoop hy staan steeds daar. Die papiere, dalk moet ons sommer in die asgat gaan loer net om seker te maak dit was nie instruksies en kaarte nie. Toorts, gooi nog so ñ knertsie daar, asseblief. Hierdie sappies is al te goed vir die bloedsomloop…

        Liked by 2 people

  7. Toortsie het altyd die magtigste wapen in haar hande….eet en drinkgoed! Daarmee verkry sy keer op keer beheer oor hierdie skare polieste en kroeks. Haar enigste fout is dat sy te betrokke raak en ook in die kos- en drankslaggat val! Trek reg jou kopdoek. Dis nou die tyd om nugter te bly, Toorts!

    Liked by 1 person

        1. Nou sit ek alweer met my hande in my hare!!! Perdebytjie ek soek iemand wat nugter saam my kan dink en uitvind waar is die joernaal. Met julle klomp kan ‘n mens niks uitrig nie… ewe skielik lê die wêreld vol kissies… en as Una dit nie wil verkoop nie, skeur Toorts die papiere op en bêre haar rooibostee daarin. Ek kan nou doen met ‘n koppie rooibostee…. wonder waar Toorts die kissie gesit het?

          Liked by 2 people

          1. Iewers in die kombuis was dit laas, maar met so baie hande wat gehelp het, kan dit orals wees. Vir al wat jy weet is dut dieselfde kissie as wat nou by Una staan. Ek sal ook nie weet nie, nie een vir detail nie, jy weet!

            Liked by 1 person

            1. Toorts ek het so agtergekom…. en hier sit ek wat tot in die kleinste detail alles wil doen en julle eet of is dit nou drink net fran….. something.

              Liked by 1 person

                1. Ai wonder wat is die ergste. Alles in die fynste detail, en alles op sy plek of aandagafleibaarheid.

                  Like

  8. Scrappydo ek wou nog ‘n opmerking op jou hoofstuk maak, maar soos ons almal weet is Shoorsjie ‘n vrou van spoed (wat ook verklaar waar die medisyne so vinnig heen verdwyn het!)
    On is geeerd om om ‘n uil uit Nieu Zeeland te he om ons by te staan in ons benoudheid. Onthou asseblief om hom terug te neem en nie los te laat in Suid Afrika nie. Netnou teel hy aan soos die Australiese Wattle spesies (or Per Jacksons soos my my gese het). Daar is a klaar 2 van van die uil – sien eerste opmerking van Lekkervurig en Shoorsjie se Tiramishoeshoeshoehoe hoo hoo of is dit 4?

    Wat die medisyne aanbetref (ek wil nou nie uitpraat nie) maar daar is iemand wat na ‘n rukkie die sopies medisyne as soppies en daarna as sop as voorgereg gevolg deur baie sop as hoofgereg geniet het…

    Alhoewel ek nou nie so oorboord gegaan het nie is my derms nou self ontknoop: monnik Abraham

    Liked by 3 people

  9. Hierdie is dalk my enkele nugter oomblik vir die dag. Toorts, ek dink nie ons kissies is DIE KIS nie. Daai een is nog saam met die boeke in die kelder. Scrapy het iets gesê van die twee spoke wat in die tonnel af verdwyn het en die polisiemanne het ook gesien waar hulle ingegaan het. Die boeke en kis lê daar rond.

    Ek is nie goed met asgate nie. Kyk te veel stories, en daar is altyd ñ lyk betrokke. Opgesny in stukke. In die asgate. Vergeet van die papiere, ons drink liewer net tee en los alle lyke in alle gate!

    Liked by 2 people

    1. Nou goed…. ek het bietjie gaan teruglees en dit is soos ek dit verstaan. In die droeë kelder is daar ‘n kis waarin Ben boeke gekry het…. maar hy het dit net daar neergegooi en gevlug toe hy die omie sien wat na die boeke wys. Scrapy het gehoor hoe die twee ooms gesels oor die kissie net bokant die watervlak in die kelder met water… en binne diè kissie is daar ‘n leidraad na die regte tonnel waarin die joernaal weggesteek is. In diè joernaal staan geskrywe waar die ponde is.Ek hoop werklik hierdie keer is ons suksesvol en vind die ponde!!!

      Liked by 1 person

        1. Die oom wat jou kissie so geskud het is mos daar in die omtrek rond sê jy…. hy sal jou ‘n goeie prys daarvoor gee. Moet nou net nie in jou has val nie…. jy weet jy is nie op die oomblik te vas op jou voete nie. Skoon jou kommas en punte vergeet (Love it)

          Liked by 2 people

            1. As jy nie amper vir wegkruipertjie in die kelder verdrink het nie…. kon julle miskien lankal die kissie gevind het, en ons skatryk gemaak het. Ek praat natuurlik van die regte kissie…. nie diè wat ewe skielik die wêreld vol lê nie. Wonder of dit nie daardie ou spookomies is wat met ons die spot dryf nie?

              Liked by 3 people

        1. Nee Toorts…. of laat ek eerder sê ek hoop nie so nie. Anders sal jy maar daar in die ashoop moet loop soek. Lekker lag ek nou vir die prentjie!!!

          Like

                  1. Ek dink is is gefranjelliekoseer want as jy boontoe lees sal jy agterkom dit is my woord wat sy aangehaal het wat ek op my beurt uit die Woordeboek van Afrikaanse Taal aangehaal het.

                    Liked by 2 people

                    1. Korreksie soos Toorts aangedui het is die ma van Frangelico, Moeder Frannie. Uit die aard van die saak, net logies as sulks is hy na haar vernoem. Maar die vernoeming is nie so ooglopend (of is die nou oorlopend) soos wat dit aanvanklik mag klink nie. Inteendeel Frangelico en haar ander seun Vangelis (Chariots of Fire) is albei, na die ‘n sentrale kwaliteit van Moeder Frannie se menswees vernoem. Om hierdie rede kom die woord angel in albei se name voor (nee ons praat nie nou van Perdebytjie nie) Engelse angel – Moeder Engel in Afrikaans.

                      Tannie Frannie hoe’s daai vir oordintlik…

                      Liked by 1 person

  10. Ek washie onnerie tafe toe val daai franghe … dai goed hie op my. E het net betydsh onner Toortsie se voete uitgekom voorie goed my kop sho sho bietjie whatever het . Ma daai kishie issie in daai gattie Ek wash daar. Julle moer bietjie verder shoek . Da onnerie klippe byrie siee. Da nabyie towerhuish. .. lekke shlaap…..

    Liked by 2 people

      1. Ja jissie, julle almal val so rond dat ek uit my slapie wakker geword het wat nodig was na my ninja moves. GenAAAAde. Matigheid voor oë. Waar is julle fokus?

        Liked by 1 person

    1. Sonell, moenie nou vir jou slim hou met sulke groot woorde nie. Frangelliekoseer! Dis jou tokkelok-studies wat nou hier kom inmeng. Ek is ge-evangeliseer en ge-kerk en als. Het papiere! Ek het niks verder nodig nie, werklik…

      Liked by 3 people

  11. Wie is Fokus… Alweer iemand wat hier ronddwaal! Gaan jy nou in ñ gat afklim saam met Fokus! Nee, genade Sonell, het jou ma jou niks geleer nie! Mens loop nie saam met mense rond met vreemde name nie! Of is dit die oompie se naam wat my kissie wou koop? Toortsie, help. Ek vermoed ek het roomvergiftiging opgedoen. Dis daai klomp opstêrs koeie se skuld. Luister mos net net na klassieke musiek, en nou moet ek boet. ñ Lappie, ñ natte asseblief!

    Liked by 2 people

  12. Ok, ek so so pas kliphard uitgebars van die lag vir jou!!!!☺☺☺Laat ek net eers bedaar…☺☺Ben is Kameel se man, Toorts. Inderdaad, jy het ook ñ lappie nodig!!!☺☺

    Liked by 2 people

  13. Jille is lekker laf. We julle hoevoelit as daar amper ‘n hele bottel frang….. daai frandinges op jou kop uitgeshtort word? Gan shoek nou daai kissie onnerie klippe byrie sie naby die towerhuis – voor iemand dit wegdra.

    Liked by 3 people

  14. Het julle die boodskap van Scrapy gekry?: “Jammer maar ek moet hierdie antwoord nog by jou inskrywing stuur omdat dit belangrike inligting is.
    Ek is telkens te laat omdat my ure so verskil.
    Aha, uiteindelik is daar n opening vir my om nog n eiertjie te le! Eers Abrie, my goeie vriend, wat dink jy van die NZ uile? Hule meng nie in met SA uile nie. Porkie verlang hoeka huistoe na sy maatjie. Hul is mos lewenslange maters. Dan wat die kissie en journaal betref: dis soos Kameel se daar is n ander tonnel wat n tak van die tonnel is waarmee Sonel in Mosambiek uitgekom het. In daardie tonnel is die gat wat bo die waterlyn is en waarin die kissie met die joernaal is. So as Kameel en Sonel nou gaan soek moet hul eers die ander tonnel deel soek en dan ingaan. Wees net gewaarsku die twee spook omies boer ook in die tonnel omdat oupa groot Piet sy joernaal dophou”

    Like

Kommentaar is gesluit.