Die storie van die rooi Ferrari

My geliefdes het die Argus gery en die aand ná die tyd gaan eet ons by ‘n restaurant teen die see. Daar is baie mense, hulle sit die grasperk vol. Regtig feestelik.

Toe kom die rooi Ferrari daar verby. Dak platgeslaan. Die bestuurder erg belangrik. Die registrasienommer verklap dat die motor minstens 1500 km moes ry om daar te kom.

Die Ferrari stop voor die skare mense op die gras en begin rev, en rev, en met skreeuende bande trek hy weg.

So ‘n rukkie later kom hy weer verby en hou weer sy vertoning. Die mense lag en klap hande.

Hy doen dit vir ‘n derde keer.

Teen daardie tyd is ons omtrent klaar geëet.

Ons stap na my skoonseun se wit Toyota Corolla en my man sê: “Gaan speel jy nou ook ‘n bietjie Ferrari.” Ons por hom aan.

Hy ry tot voordie skare, stop sy Toyota Corolla, en hou hom Ferrari.

Die skare cheer!

Ons breek onsself soos ons lag. En ek lag nou nog!

Ons vermoed baie sterk dat dit die chauffeur was wat die Ferrari bestuur het.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

18 thoughts on “Die storie van die rooi Ferrari

Gesels saam, asseblief!