Die Voortvlugtiges Hoofstuk 2 – Camilla en die manne in blou

Lê-jou-eier: Die Voortvlugtiges

images

 

 

 

 

 

 

 

Waar daar minute gelede nog geluide van vrolike musiek, laggende stemme en klikkende glase was, is dit nou net die spoegspattende stem van sersant.Gigaba wat die lug klief… en Abrie se kalm stem tussendeur wat die situasie probeer ontlont.

Kameel tree saggies agteruit, fluister iets in Ekmyself se oor en verdwyn dan vinnig uit die ligkring die nag in. By die parkhome spring sy vinnig aan die werk om kort voor lank as Camilla in die rigting van die stemme te stap. Sersant Gigaba is juis besig om handswaaiend iets te verduidelik toe sy oë in sy kop verstar en hy sprakeloos na die visioen in haar rooi stillethoes staar wat asof van uit die niet die lig betree, en heupswaaiend tot voor hom stap.

“Helooò Generaal” sê sy in ‘n fluweelsagte stem. “Wat de…. ek is nie….” stotter die sersant maar kom niks verder nie. Die kyk van bewondering in Camilla se oë laat hom soos ‘n vis op droë grond gaap.  Camilla  draai om en laat haar oë oor die polisiebeamptes dwaal. ‘n Behaaglike sug ontsnap haar rooi lippe. “Ooo ek is mal oor manne met gunne… maar Generaal,” sê sy met die terugdraai, “Hester is klaar weg. Sy het Carlos na sy pa in LA toe gevat. “Hester?” vra die sersant en krap sy kop. Camilla leun nader aan hom en sê in ‘n geheimsinnige stem. “Weet jy wie is Carlos se pa?” Die sersant skud sy kop, en die manne in blou spits hulle ore. “Dis daardie drug lord van Colombia, Pablo Escobar… en nou moet Hester aan hom gaan verduidelik hoekom sy Carlos se tande uitgeslaan het. Generaal ek dink Hester is in groot gevaar,” en met die woorde skiet Camilla se blou oë vol trane. Gelukkig is Abrie vinniger as die sersant, en met ‘n dankbare blik vat Camilla die sakdoek wat hy haar aanbied, en vee haar trane af. Met kleindogtertjie vertroue kyk sy na die sersant. “Generaal as jy vroeër gekom het kon jy saam met Hester gegaan, en haar teen Pablo beskerm het.” Haar woorde het die gewenste uitwerking; as teken van sy eie belangrikheid trek sersant Gigaba sy skouers regop… maar Camilla gee hom nie kans om tot verhaal te kom nie. “Laat ek jou pet regtrek generaal, hy sit bietjie skeef … so ja…. hoe trots….” Haar woorde sterf weg onder kitaarmusiek wat meteens die lug vul. Camilla glimlag skalks…. die pet was haar en Ekmyself se teken dat die musiek kan begin.

Polisiebeamtes lig hulle wapens, terwyl koppe draai om te sien waar die musiek vandaan kom. Maar Camilla is nie klaar met die manne in blou nie. Weggevoer deur die musiek begin sy dans. Haar elke beweging ‘n studie van sensualiteit.

“Saturday night I was down town” sing die Hollies
“Working for the F.B.I.”
Sitting in a nest of bad men
Whiskey bottles piling high.”
Boot legging boozer on the west side
Full of people who are doing wrong”

Camilla het weereens die vloer vir haarself, en sy lewer ‘n vertoning wat die manne in blou se monde laat water. .Behalwe vir die towerinne en Abrie, is daar nie ‘n voet in ‘n stewel wat nie pas aangee nie. Uit die hoek van haar oog sien Camilla ‘n beampte met ‘n Latynse voorkoms ‘n selfoon teen sy oor druk. Sy beweeg tot voor hom. Een kyk in haar oë en hy sit half verleë die foon terug in sy sak.

“Just about to call up the D.A. man
When I heard this woman singing a song.
A pair of forty fives made me open my eyes
My temperature started to rise
She was a long cool woman in a black dress
Just a five nine
Beautiful
Tall
With just one look I was a bad mess
Cause that long cool woman had it all.”

Al dansend beweeg Camilla tot by die tafel, klim ligvoets bo-op en glimlag liefies vir die manne wat van oral wolwefluite laat hoor.

“Saw her heading to the table
Well a tall walking big black cat
When Charlie said “I hope that you’re able
Boy”
Well
I’m telling you she knows where it’s at.”

Camilla wink die Latynse beampte nader. Sonder huiwering spring hy op die tafel, vat haar hand wat sy na hom toe uithou en trek haar teen sy bors vas. Met haar rug teen sy bors, en sy arms om haar lyf gevou beweeg hulle saam as een.

“Well suddenly we heard a siren
And every body started to run
A jumping out of doors and tables
Well I heard somebody shooting a gun.”

Camilla vang Woestynkind se oë, en knik haar kop liggies as teken dat die aksie nou kan begin. Haar hande beweeg na agter, en voordat die beampte weet wat hom getref het, haal Camilla boeie uit sy sak, en slaan dit om sy polse. In ekstase oor die vertoning, skreeu die manne “Encore!” maar word vinnig na die werklike lewe teruggeruk toe Woestynkind en Sonell hulle ontwapen. Camilla kyk na die beampte wat nogsteeds by haar op die tafel staan. In sy oë lees sy nie verwyt nie maar bewondering, en haar hart gee ‘n ligte roering. Om hulle lewe dit soos Woestynkind en Sonell hulle werk doen, maar Camilla is net bewus van die man hier by haar en die Hollies se stemme.

“Well the D.A. was pumping my left hand
And a she a holding my right
And I told her don’t get scared
Cause you’re gonna be spared
I gotta be forgiven
If I want to spend my living with
A long cool woman in a black dress
Just a five nine
Beautiful
Tall
With just one look I was a bad mess
‘Cause that long cool woman had it all
Had it all
Had it all
Had it all”

Scrapy sal verder vertel.

Om die inskrywings van verskillende bloggers in Lê-Jou-Eier te geniet of om self ‘n eier te kom lê wat ons kan uitbroei en grootmaak, klik op die paddatjie of die InLinkz skakel net daaronder:

http://www.inlinkz.com/new/view.php?id=769965

Vir die reëls van hierdie eier-boerdery, om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakel by Dis Ekke. Onder hierdie kategorie, kyk na die blogposte Lê-Jou-Eier: Reëls (2017-08-22) en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? (2017-08-22).

 

 

85 thoughts on “Die Voortvlugtiges Hoofstuk 2 – Camilla en die manne in blou

    1. Jy wil nie weet waarheen ek kort-kort heen verdwyn het om ‘n sin of twee te skryf nie. Is mos paartienaweek by my dogter hulle.
      Jy kan dan dans dans op die maat van Tall woman deur jou dag gaan 😀😀😀

      Liked by 1 person

    1. Dankie Perdebytjie. Dit was een van my moeilikste skrywe ooit. Was familie partytjienaweek by my dogter hulle en ek moes kort-kort wegglip om ‘n sin te gaan skryf. Sal hierdie een onthou 😀😀😀

      Liked by 3 people

        1. Ek sien so uit na julle bydraes. Hierdie storieskrywery van ons maak dat ek baie lag. Julle begin soos ou pêlle van my voel.

          Liked by 3 people

  1. Genade vrou nou het jy wraggies lekker die manne voorberei vir n staptog na die kelder en die spoke wat sit en wag om hul gedagtes te lug oor die verlore ponde! Kameel jy is n ou doring. Dit was nou n lekker wulpse lip aflek oomblik vir polieste! Bly hul is nou ontwapen.

    Liked by 4 people

    1. Jong scrapy ek kan Camilla nie meer in toom hou nie. Bly sy het haar opdrag ordentlik uitgevoer…. al was dit ook met stampe en stote geskryf 😀😀😀😀

      Like

  2. Joe! Wow! Camilla het weer haarself oortref met haar … ahem, skrywe (ek wou gesê het met haar verleidingstegniek, maar moenie dat ‘n ou vrou nou hier stuitige uitlatings maak nie). Ek luister nou ook na die Hollies – dankie vir die musiek-skakel Lekkervurig – en gaan so al wiegende weer hierdie stuk lees. Welgedaan Kameel, al moes jy nou oomblikke steel en in die (daai plek) gaan skryf, is dit ‘n skitterende stukkie werk.

    Liked by 4 people

    1. Dankie Hester. Liewe land Dis tyd dat Camilla verlief raak en die scene verlaat… sy steek my in die skande. Jong, ek wonder hoeveel keer ek die hmmm moes besoek om my taak gereed te hê vir vandag. Ons nounet by huis gekom na ‘n baie besige naweek. My woema is uit… en ek dink Camilla het ‘n groot aandeel daaraan.

      Liked by 3 people

        1. Ben se ma het.so siek geword….. so hy is Polokwane toe vir wie weet hoe lank om haar op te pas.Hy bel nog gereeld.

          Like

            1. My mapstieks… amper sê ek vir jou vuurvliegie 😁😁😁😁 ek het skoon van die polony vergeet. Sal dadelik vir Ben moet bel!!!

              Like

    2. O ja Hester, ek wou nog vir jou sê ek hoop jy het agtergekom ek het nie jou werklike bestemming vir die sersant gegee nie….. LA is darem nie Las Vegas nie. Ek verstaan ook hoekom jy so lank daar gebly het…. my dogter sê ‘n mens wil weer, en weer teruggaan as jy Las Vegas eers beleef het. As ek reg verstaan is jy nou in Colombia. Dink jy, jy sal ooit weer daar uit kom… of moet ons sersant Gigaba stuur om jou te gaan soek.

      Like

  3. Mal oor manne met gunne !!!! Sjoe ek dink ek het nou ‘n koue stort nodig en hier is nie water om te stort nie. En boonop betrap ek my dat ek jaloers is op die poliesieman met sy Latynse voorkoms wat so draai en swaai met Camilla

    Liked by 3 people

    1. Neem aam die DA in hierdie lied is die District Attorney en nie die politieke party DA nie. Wat my herinner (die volgende opmerking is nie ‘n aanduiding van my politieke assosiasies nie maar ek kan ‘n grappie waardeer self as dit teen myself of die wat ek ondersteun gerig is). Met die min water saam is daar mos verklaar dat daar hierdie jaar nie ‘n day zero behoort te wees nie (wat ‘n fout was aangesien die somer volg na 2018 en dit kan veroorsaak dat mense minder water spaar). ‘n Parlementslid van NFP het die vogende opmerking in die parlement gemaak: The DA always talk about day zero, day zero, now it is DA zero…

      Liked by 3 people

    1. Lekkervurig, een van die dae lees ek glad nie wat ek geskryf het nie. Wonder of daar nie spinasietert op hierdie familiepartytjie was nie.

      Like

    1. Dankie ekmyself. So saam saam sorg ons vir ‘n lekker verhaal. Camilla laat my mond ook oophang.

      Like

  4. Camilla op haar stukke, met al die regte moves en die natuurlike instink wat presies weet waar en hoe! Hierdie is groot, Kameel! ons kanse op sukses het so pas die hoogte ingeskiet.

    Liked by 4 people

      1. Net om van haar amazing optrede te lees, het my ook effe moeg gekry, Kameel. Waars die dae toe die energie nog oorgenoeg was.☺Nou laat sulke opwinding my na ñ nat lappie vir die voorkop gryp.

        Liked by 2 people

        1. Ag vaderland Una hier het jy my kliphard aan die lag. ‘n Nat lappie vir die voorkop klink na goeie raad 😁😁😁 Ja…. waar is die dae?

          Liked by 1 person

        1. Amper het ek nou ‘n GROOT fout gemaak toe ek die bloginskrywing by Toortsie se Faceboekblad wou gaan opsit en sit dit so ampertjies by ons kerk se blad op! 😱

          Liked by 2 people

      1. Jy gaan jou uitstekend van jou taak kwyt Abrie dit weet ek sommer. Hier sit ek sowaar klaar met ‘n glimlag net om te dink waarmee jy weer voor doe dag gaan kom.

        Liked by 1 person

      2. Jy kan dit weer sê, Abrie! Die probleem is dat mens nie solank vooruit kan dink nie, want jy moet eers wag vir die ander skrywers se stories en joune moet daarby aansluit. Ek geniet dit nogtans baie.

        Liked by 2 people

        1. Ag Toorts lag ek nou vir jou. Hou haar net weg van Camilla af…. ‘n rukkie in Camilla se geselskap en jy gaan Ursula nie ken nie.

          Liked by 1 person

      1. Net so min as wat ek ‘n toordokter is. Humor Kameel humor (of minstens poging tot) Ek is bereid om aangekla worrd duer Generaal Gigaba en sy trawante dat ek ‘n humor-stoker is of in die alternatied poging tot humor

        Liked by 2 people

        1. Jy gaan lank tjoekie toe as die aanklag humor is…. want jy gaan definitief skuldig bevind word. Troos jou daaraan die towerinne sal jou kom besoek.

          Liked by 1 person

            1. Dink net waarmee jy voor die dag gaan kom as jy soveel tyd op jou hande het. Miskien oortref jy Twain en Bosman nog!!! Ek sal al jou boeke lees…. en weer lees… en weer lees soos ek met Mark Twain doen. Nou moet ons net vir jou ‘n skuilnaam kry…. jy het my nou skoon op loop.

              Liked by 1 person

                1. So ‘n mond moet jam kry!!! Dink net as jou werk voorgeskrewe boeke word, en ons nageslagte nog jou boeke lees. Wil nog byvoeg dan kan ek sê ek het hom persoonlik geken…. toe onthou ek ons het nog nie eers ontmoet nie. 😁😁😁 Blogland is voorwaar ‘n wêreld op sy eie.

                  Liked by 1 person

    1. Dit was iets om te aanskou daar van bo die tafel af Sonell. Dit was ‘n karate hou hier, ‘n side kick daar, dan ‘n front kick…. om nie eers te praat van die groin kicks nie. Woestynkind het sommer ‘n halstarrge polisieman by die ore gegryp… sy kop afgebring en hom lights out geslaan teen haar knie. Jou bollemakiesies het my oë laat rek. Een oomblik is jy hier…. dan weer daar. Dit was ‘n show op sy eie. Ek was so dankbaar dat die Latynse amptenaar nie deurgeloop het nie.

      Liked by 1 person

Kommentaar is gesluit.