Die baie oulike buurvrou met die drie klein dogtertjies wat wissel van 2½ tot 7, vra of sy nie asseblief by my kan kom kitaarlesse neem nie. Dit gaan so by die een oor in en die ander een uit, en die volgende vra sy, sal dit reg wees as sy die middag kan kom.
Die eerste les is chaos. Dis kitaarles en ek het nie my kitaar hier nie, die liedjies het iemand sommer vir my gewhattsapp, so dis klein gedruk, en die kinders is tussen ons, oor ons, saam op die kitaar, en nog!
By die tweede les het die kinders goed saamgebring om te doen, so ons speel kitaar en ons sing en die kinders speel op hulle tablette met die klank vol oopgestel, en dis my honde en kindertjies wat mekaar pla.
Maar ons vorder. Om die waarheid te sê, ek is eintlik sommer baie beïndruk. Tussen al die lawaai en steurings deur, snap die mamma die drukke en liedjies sommer vinnig en maklik en by die huis oefen die mamma hard.
Dis ‘n ma wat bedags hard werk aan haar beroep, drie kinders grootmaak, en nog huishou en boervrou wees ook. Dis ‘n ma wat net iewers ietsie vir haarself wil doen en ál manier wat sy dit kan doen, is in samewerking van die hele spannetjie. Dis ‘n ma wat nie moed verloor het, haarself sit en bejammer en in sak en as verval nie. Nee, dis ‘n ma wat deur die stof en die chaos, ‘n manier vind waar sy tog ook vir haarself ietsie bevredigends gedoen kry. Selfs al moet sy oefen met ekstra handjies wat saamspeel. Hou hierdie mamma dop, sy gaan nog ver kom!
Skielik onthou ek hoe ek vir my musiekeksamens geoefen het, as mamma met twee klein seuntjies aan my sy: Ons het altyd in trio geoefen. Die twee buitenste oktawe van die klavier was hulle s’n en die res van die note was myne, en ons het geSPEEL, geOEFEN, uit volle bors, volume oopgedraai. Dit moes verskriklik geklink het en as iemand voor ons huis sou stop, het hulle seker gedink die span het kop verloor, wat waarskynlik waar was, maar in die proses het ek bevredig, en hulle, ingesluit gevoel.
Mammas met woema. Soms is dit ál manier! Soms klink dit onmoontlik, maar dit werk, omdat die mammas dit laat werk.
Aan al die mammas met woema, mammas met deursettingsvermoë, sê ek: Ek salueer julle!
Groetnis
Toortsie
Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber
Toortsie se Facebook Page
Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page
Toortsie’s English Blog Posts
Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal
Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif
Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal
Hoor hoor!
LikeLiked by 1 person
Ma’s is super wesens Toorts….. hulle het ‘n groot skep Genade bygekry toe dié uitgedeel was. Anders het geen kind ooit grootgeword nie.
Hopenlik het jy op die plaas gebly toe jy klavier leer speel het!!!
LikeLiked by 2 people
Ja, ek het!
LikeLike
Een aand op Struisbaai, is ek geïrriteerd en jaag almal bed toe, skoonma inkluis. Net daarna hoor ek blokfluitklanke uit my dogter se kamer. Skoon vergeet dat almal moes loop slaap, gaan sit ek en sy by die klavier en ons laat waai en lawaai vir ‘n vale. Niemand het durf waag om ‘n geluid te maak nie. 😂
LikeLiked by 2 people
Dis crookings 😕 of dit was ‘n towerfluit!!! My kleinseun oefen op oomblik trompet…. gelukkig is huis groot en ons hoor hom nie. Maar toe die bure se seun dromme geoefen het was dit ‘n ander storie 😑 Ek dink agter elke suksesvolle musikant sit daar geduldige gryskop bure.
LikeLiked by 1 person
En ‘n mamma wat alles moet aanhoor. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek het op die plaas gebly, maar daar het gereeld besigheidsmense en werktuigkundiges gekom. Hil sou die petalje aanhoor.
LikeLiked by 1 person
Bravo! Ek het groot geloof in vandag se mammas.
LikeLiked by 1 person
Ja wat, ek ook.
LikeLiked by 1 person
Laat my dink toe ek ook vir myself lekker dinge wou doen. Die kinders was ‘n handvol en mens moes maar deur alles probeer om dit te doen. Nogal bly daardie dae is verby.😄
LikeLiked by 1 person
Ja, dit gaan ook verby. 😁
LikeLiked by 1 person
Ek salueer hulle saam met jou! Ek dink ook hierdie mamma gaan nog ver kom met haar deursettingsvermoë.
LikeLiked by 1 person
Ek is sommer moeg as ek hier lees… harde werk voorwaar.
LikeLiked by 1 person
Maar ons het mis darem daar deur gekom, of hoe?
LikeLiked by 1 person
hehehhe julle het van my weet ek nie so mooi nie
LikeLike
Ons almal het dit gemaak! 😱
LikeLiked by 1 person
Netso! 💪🏻
LikeLiked by 1 person