Oor kinders en leer en speel

In die afgelope week het twee artikels my aandag getrek, en ek wou al skryf met die eerste een. Dit gaan sommer oor kinders en leer en sommer volwassenes ook daarmee saam.

https://www.vincegowmon.com/wp-content/uploads/2016/11/Logic-Intuition.jpg

Ek weet ek is outyds, en dan kom ek nog hier van die suide van die land af ook en kyk dalk die lewe uit ‘n ander hoek as gevolg van my ligging, maar ek het ietsie op die hart vandag.

My bekommernis? Dat kinders te vroeg ryp gedruk word. Ek is sommer bekommerd dat kinders nie meer genoeg speel nie. 

Ja, kinders het meer speelgoed as wat ons ooit in die geskiedenis gehad het: Elke denkbare ding, maar speel hulle daarmee?

Natuurlik kan en sal kinders oor die algemeen nie meer speel soos ons gespeel het nie, omstandighede en tye het verander, maar word daar nie te veel klem gelê op die ontwikkeling van die brein dat speel in die proses agterweë bly nie?

Die een artikel waarvan ek praat, het vanoggend iewers op Facebook verskyn. Die persoon vra:

Hi Almal. My seuntjie (5) het nou begin skryf in grR en dit lyk of hy sy nommers omdraai en omruil. Kan dit net die leerproses wees of moet ek hom dalk laat toets vir dyslexia? Indien so ‘n evaluasie nodig is, met watter mense moet ek in verbinding tree. Dankie vir raad.

Mense, mense, mense! Ons moenie die baba saam met die badwater uitgooi nie! Kan julle glo hoeveel mense voel daardie mamma moet DRINGEND hulp inroep. Joewieeee! Daardie kind is ‘n volle VYF jaartjies oud. 1 2 3 4 5! Vyf! 

Op vyfjarige ouderdom is ‘n kind nog nie veronderstel om te moet kan lees en skryf nie. Hy moet omtrent tot by vyf kan tel, dalk tot by tien. Dis die tyd van sy lewe wat sy ma en sy ouma hom nog op sy skoot moet tel EN VIR HOM LEES. Dis die tyd van sy lewe wat hy op die vloer en in die stof en modder met sy KARRETJIES moet speel en blokkies blou, legkaarte pak, bal skop en klip gooi en alles leer wat hy kan leer deur ervaring en speel. DIS NIE DIE TYD WAT HY AL MOET KAN LEES NIE.

Ja, daar IS kinders wat op vyf al kan lees, my eie dogter kon lees toe sy skool toe is, want sy was die laaste kind in die huis en sy het saam met die boeties geleer wat al in die skool was.

Ja, ek weet die hele onderwysstelsel het verander en kinders moet nou al baie vroeër leer lees. Wie se simpel idee dit in elk geval was, weet ek nie.

EK HET REGTIG NIE ‘N PROBLEEM MET BEGAAFDE KINDERS WAT OP ‘N VROEË OUDERDOM LEER LEES NIE, maar ek het ‘n MASSIEWE PROBLEEM dat ALLE KINDERS nou in daardie drukgang gedruk word en gedwing word om vroeër te moet kan lees. My persoonlike mening? Ons ontneem ons kinders van GROOT dinge.

Lees ASSEBLIEF hierdie artikel.  Hulle bevestig wat ek voel. Hier is sommer net so een sinnetjie uit die artikel, lees asseblief die res:

Pushing literacy and numeracy on children before age seven may just be harmful to their little, developing brains. Without the capacity to use their academic minds in the ways that are being asked can cause children to gain what’s called “learned stupidity.” They believe themselves to be incapable and lose their natural desire to learn.

Toortsie

Toortsie by Finesse: Op die spore van die meesters met Uber

Toortsie se Facebook Page

Toortsie se Bantingresepteboeke Facebook page

Toortsie’s English Blog Posts

Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal

Toortsie by Finesse voelgoed tydskrif

Transformation Prayer Ministry: Bredasdorp en Riversdal

23 thoughts on “Oor kinders en leer en speel

    1. Na aanleiding van daardie artikel, ek dink ek lê redelik in die middel, maar vandat ek, as volwassene, my regterbrein toelaat om dinge te doen, in plaas van om so verskriklik georganiseerd te wees, gaan dit met my baie beter. Ek kry meer gedoen met baie minder inspanning.

      Like

  1. Ek kry die indruk dat jong ouers deesdae in kompetisie is – hulle wil graag hê dat die baba moet kruip, loop, tel, lees en baie meer speelgoed hê as enige ander van hulle tydgenote. Ek het ook vroeg leer lees (jongste kind), maar my ma het my op ‘n volle 6½ jaar eers laat skool toe gaan en reken net, ek het darem ook matriek gehaal.

    Liked by 3 people

    1. Ek voel regtig dat die kinders deesdae langer indie skool us, maar die resultate is swakker. Hier praat ek nie van die toopresteerders nie, hulle salaltyd hul bes doen en goed presteer. Ek oraat van die gemiddelde kind, soos ek ook maar was.

      Liked by 1 person

  2. Ek glo ook aan speel MAAR: Ek glo ook aan voldoende perseptuele ontwikkeling.
    Die kindjie moet eenvoudige goedjies reg kan weergee. Nie letters nie, maar puzzlestukkies, boublokkies ens. As die outjie alles verkeerdom doen, sal dit n goeie uidee wees o hom by arbeidsterapeut wat met kinders werk te laat toets om te kyk of sy perseptuele ontwikkeling op standaard is. Indien wel, hoef sy nie bekommerd te wees nie. Indien nie, gee die terapeut oefeninkies( wat soos speletjies voel, om die verskil tussen links en regs vas te lê. Dis uiters belangrik dat hierdie goedjies in plek moet wees voordat die outjie met formele onderrig begin anders lê daar jare se sukkel voor. Waarom klein kindertjies in ons land sulke lang skoolure het en dan nog huiswerk en sport na die tyd ook kry, ( my kleinkinders in gr 1 se skoolure is van half 8 tot half 2) gaan my verstand ook te bowe. Almal weet mos noual van Swede.( of issit nou Switzerland?)

    Liked by 1 person

      1. Neeeeee, hulle is die wye wêreld in. Ons het potensieele nuwe ouers wat lyk of hulle wil kom nes maak. Ek so gelag, Padda het daai bak in en sê net sy het nie die senuwees om weer hierdeur te gaan nie:)

        Liked by 3 people

          1. Dis mooi manier om dit te sien. Is jammer ons is nie meer soos duiwe of natuur nie, ek dink nou aan jou blog oor die kiders wat so gedruk word, natuur weet hule net, dinge vloei soos dit moet..Dink die antwoorde is daar voor ons, moet net weer leer om dit te herken.

            Liked by 1 person

  3. Jy kannie glo hoe bly ek is jy het hierdie geskryf nie. Loop al die hele week en bepeins hierdie selfde ding van kinders wat nie meer speel nie en vroeg ryp gedruk word. Wens mens kan dit van die dakke af verkondig en die onderwysstelsel aan die keel beetkry en wurg. Ek voel so sterk daaroor omdat my 10 jarige kleinseun op die oomblik in middae by my leer vir eksamen en ek sy versugtinge hoor. Ouma ek het nounet sewe ure by die skool deurgebring… en nou moet ek nog sit en leer. Hy is breinmoeg… maar die werk moet in sy kop ingeprop word. Ek wil vir hom sê hy moet buite gaan rondhardloop…. bal skop… met die hond speel!!! Ek betoog sommer!!!

    Liked by 1 person

    1. Ek dink jy moet ook hieroor skryf! My kinders sal vertel dat ek soms die teenoorgestelde gedoen het. Meisiekind het my een dag in trane gebel. Sy gaan nie môre eksamen skryf nie. Ek sê: Maak onmiddellik jou boeke toe. Gaan stap in die dorp rond en gaan eet kaaskoek saam met ‘n vriendin. Dan gaan lê jy op jou bed en slaap. Bel my vanaand 6 uur.
      Baie gehoorsaam het sy alles gedoen wat ek gesê het, met moed vir my 6 uur gebel en geleer en loop skryf en deurgekom.
      Soms moet ons hil maar druk, soms sê ons, kom ek en jy gaan skop ‘n bietjie bal.

      Liked by 1 person

  4. Ek stem, kinders speel nie meer nie, en ek praat nie van speel op n selfoon, of x-box, of op tablet nie ek praat van SPEEL, fisies – wegkrupertjie, boomklim, kettie skiet, boomhuis bou, karretjies, paaiebou in die grond, speel met n teestel en n pop, buite in die tuin onder die boom… dit is regtig baie belangrik. Kinders word net binne geboue gehou en moet alles kan doen anders word hulle gediagnoseer met die een of ander toestand of groot word, dit is belaglik!
    Kinders moet weer naby die aarde leef….

    Liked by 1 person

  5. En dan die vraag – Waarvoor word hulle ryp gedruk? Daar word dan gemeen dat formele werk vir ‘n baas oor 20 jaar nie meer gaan bestaan nie, dat alle “werk” waarvoor jy kan opleiding ontvang deur rekenaars gedoen gaan word. Die mense wat wel vooruit sal gaan is die entrepeneurs, die self-starters, die regterbrein dinkers. En dis presies wat ons doen met ons kinders, druk hulle in ‘n vormpie in, verminder hulle vermoë om kreatief te wees

    Liked by 1 person

Gesels saam, asseblief!